Middag vriende
Sommer om lekker verder te klets, en nie Dibiki gesprek vol te pak nie.
Soos Chris S noem, alle waens se hardewerk verskil. Dan speel ouderdom ook 'n rol.
Ek pak ook omtrent die wa leeg. Dan nog al die goete agter op ou Grompie. Uiteraard klere, oorskiet kos en drank word uitgepak. Van die duvet's bly in die wa. Prioriteit is om die trokkie leeg te maak, want dis kombuislaaie, NL, gasbraaiers, sonpanele, stoele om net 'n paar te noem.
Weens gebrek aan spoed, en baie tyd beskikbaar, geskied die inpak maklik oor 'n dag. Die afpak by die huis, neem so 2 ure.
Die afbreek en oppak by die oord, geskied ook in paaiemente. Gewoonlik die vorige aand al, word die badkamer afgebreek en ingestoot. Afhangende van die weer sal ons besluit hoeveel seile gelos word tot volgende oggend.
Staanmaak vir kampeer, vir meer as 1 nag, neem ook so 2.5 ure. Die hardheid van die grond is die bepalende faktor.
Soos genoem, ouerdom en ongemotiveerdheid vir die baie werk, laat my met leepoë kyk na alternatiewe woonwaens.





Items vir gemak
Ek stem in vele opsigte saam met Maurits. Ek twyfel of ek al vyf die vingers aan my een hand nodig het om te tel hoeveel keer ons die voltent opgeslaan het in die 24 jaar wat ek my huidige karavaan besit. Die stoeptent en sykante doen die ding vir ons. Ek het vir my 'n afskorting laat maak van 95% skadunet wat net die een helfte van my stoeptent 'n bietjie toespan. Op die aangehegde foto het ons dit 'n paar jaar gelede by Hartenbos gebruik toe die kleinkinders saam met ons was - hoofsaaklik om die fietse saans te bêre. Andersins gebruik ons dit slegs by Eiland Spa, saam met 'm gazebo voor die oopkant van die stoeptent wanneer ons 2 - 3 maande staan. Dus - wat tentopslaan aanbetref, doen ons dit minimalisties.
Toe ons verlede week by Montagu en Dibiki gaan kamp het, het ons die minimum saamgeneem. Ons het geen opvoutafels onder die stoeptent gebruik nie, maar dit bly permanent in die karavaan (onder die bed). Ons het slegs twee skinkbordtafels gebruik. Twee stoele is ingepak en twee gehekelde plastiekmatjies (ala Eiland Spa gekoop). Die grondnet is slegs by Montagu gebruik, maar het saamgegaan. Laasgenoemde plus die stoeptent, sykante en "skirtings" word nie in die wa gestoor nie en moet saam met 'n paar items in die bakkie gelaai word. Hieronder tel die noodwiel, gereedskapskis, 'n paar drinkgoedjies, penneboks, mini Weber, braaibak en 'n sak of twee brikette.
Maar steeds moet ons klere en kos laai, saam met 'n paar kombuis-items wat ons nie karavaan het nie. En hier by my is jy stokflou op- en afgedra. Ons woon in 'n dubbelverdieping-huis en alles moet vanaf die boonste vloer afgedra word want ons leef bo - ons slaapkamer, kombuis, eet/braaikamer en sitkamer is alles op die boonste vloer. En jy neem maar 'n hele klompie klere saam as jy vir so 'n kort tydjie weggaan (basies klere vir elke dag) want ons wil nie nog klere was ook nie. En by die tyd wat jy 'n paar keer die trappe op- en afgestap het (hetsy met die inpak of uitpak) voel die ou rugby knieknoppe dit behoorlik.
Behalwe vir minder klere en kos-items wanneer jy slegs vir 'n naweek weggaan, is die ander inpakgoeters maar dieselfde.
En dalk moet ek leer om dit rustiger te vat met die uitpakslag. Maar ons is beide so gesnaar dat ons 'n ding wil klaarmaak en dan eerder uitspan. Stupid nê?