Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -2 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -3 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -3 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -3 hours ago
Handig Toep wat aflyn kan wys waar… Geert -3 hours ago

Rugby Wêreldbeker 2023

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on

Ek weet nie of daar nog ander rugby-entoesiaste op hierdie forum is nie. Ons sal nie eens 'n rugbyspan kan volmaak met gereelde deelnemers aan hierdie forum nie - dit sommer net terloops.

Ons Bokspan vertoon goed in hierdie stadium. Nie net het ons met ons amperse B-span verlede Saterdag vir Wallis verniel nie, maar het ons gisteraand die magtige All Blacks behoorlik ore aangesit met 'n rekordtelling.

Mag ons manne so voortbou vanaf die afskop van die Wêreldbeker. Danksy 'n tydelike VPN-app kon ek beide genoemde wedstryde hier in Roemenië kyk. Maar die Wêreldbeker se wedstryde sal darem hier op plaaslike TV gekyk kan word, want Roemenië neem ook deel - juis ons tweede teenstanders. Die ongeluk is net dat die kommentaar in Roemeens sal wees. Solank ek net kan kyk - ek sal my eie kommentaar lewer.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 24/09/2023 - 15:36

Middag vriende

Laat ons tog perspektief behou. Moenie dat enige Sprinbokwedstryd tot kwaaivriende ly nie. Geen rugbywedstryd is van meer waarde as goeie vriendskap nie, al is dit net forum-vriendskap.

 

0
Worcester

Wildehont

Sun, 24/09/2023 - 17:11

Natuurlik wil mens nie verloor nie. 11 punte mis geskop het die verskil tussen wen en verloor beteken. Libbok is die hoof sondebok. Faf se skoppe was lank. Maar as Libbok al drie syne oorgesit het, was dit nie nodig vir Faf om te probeer nie. Albei kwarteind teenstaanders gaan moeilik wees, die Franse waarskynlik meer as die AB tans. Lg is regtig nie meer soveel beter as die ander soos voorheen nie en die Franse speel tuis. 
 

Die verloor is egter werklik nie die einde van die wêreld nie. Pollard sal waarskynlik eers in die kwarteind speel, want hy kry ongelukkig maklik seer. Ek twyfel of hulle hom teen Tonga gaan kies. Dalk van die bank af? Intussen bluf Nienaber voort met die vertroue in Libbok en dat sy swak skopwerk ons nie gisteraand se wedstryd gekos het nie. Selfs al het Manie net al drie sy skoppe oorgesit was dit gelykop. Die Iere het ‘n get out of jail free kaart gekry by Manie Misskop (of moet dit miskop wees?)

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 24/09/2023 - 18:20

  • Lynstane :  Die eerste klompie lynstane het die Bokke briljant, feitlik elke keer die bal gewen, ook vanaf die Iere se ingooie.  Wat het skielik gebeur later in die wedstryd ?
  • Bok-strategieë : Rassie die destydse waterdraer, die 7/1 plaasvervanger keuse, Rassie met sy kleur-ligte instruksies.  Ek wonder of dit nie ten doel het om teenstaanders te verwar nie, want vooraf gesprekke word hierdeur oorheers eerder as om die Bokke se wedstrydplan te probeer verstaan.  Dis op die lippe van die opponente, die media, ondersteuners en nie-ondersteuners.  Rassie se ligte-instruksies vanaf die paweljoen is vir my die vreemste.  As hy van hieraf wil instruksie gee of daar pale toe of hoek toe geskop moet word, wat is die doel om 'n kaptein op die veld te hê ? Miskien besluit die kaptein tog, en Rassie skyn sy lig om die opponente te laat wonder wat gaan nou aan ?
  • Skopskoen : 'n standvastige skopper in die Bokspan is wat kortkom.  Manie en Faf skop soms uitstekend met die linker- of regtervoet, maar is nie standvastige stelskoppers nie.
  • Die Bokke het meer as eenkeer tot by die Iere se doellyn gevorder, maar kon dan nie afrond na 'n drie nie omdat hulle dan vir 'n oortreding gestraf is.
  • Dit was egter 'n harde wedstryd met medendoënlose "tackels" deur albei spanne.
0

Ek dink die Iere het hulle alles gegee om die game deur te haak en ja, hulle was maar gelukkig soos van hulle self erken het.  Hulle moet nou net nie dink hulle het die beker klaar gewen nie.  Hulle moet eers verby die karteind kom - iets wat hulle nog nooit kon regkry nie.  

Ou krulstert van Bloemfontein met sy kommentaar het my aan die wonder oor iets...mmmmm

0
Bloemfontein

Skerpioen

Tue, 26/09/2023 - 15:37

Ou krulstert van Bloemfontein met sy kommentaar het my aan die wonder oor iets...mmmmm

Dikstert, mr pug.  Nie krulstert nie. cheeky

n Pug het 'n krulstert.

0

Hier was ek nog altyd onder die indruk dat 'n skerpion se stert 'n krul het?

Maar om terug te kom by die draad, Mnr Bloemfontein van 1988cheeky, wat gaan jou span maak teen die Pizza en Pasta manne Vrydag aand?  Help die leek met sy pick op Superbru asb?  O ja, en wat gaan jou 2de span maak teen Portugal?

Ek moet dalk maar my profiel foto verander.  My Pug met sy krustert is al so jaar nie meer met ons niecrying  

0
Bloemfontein

Skerpioen

Wed, 27/09/2023 - 09:16

Dis slegte nuus oor jou hondtjie.  As jy 'n pug as 'n hondtjie gehad het sal jy weet hoe pragtig hulle is, regte skoothondtjies.  Ek het een as as jong seun gehad.  Ek het my varkie laas Saterdag uitgesit na 11 jaar se vreugde. 

Dis miskien weer tyd vir 'n nuwe platneus Groot G.  'n Mens moet 'n vierpoot vriend he in die lewe.  Ek het gelukkig nog 'n leeu of laat ek eerder sê n wirehair wat die huishouding aan die gang hou.   

Ek glo my span het wakker geword en begin nou speel.   Hulle is regtig nie op die vlak wat ek gehoop het hulle is nie.  Ek glo hulle sal wen.  Vir my gaan dit oor goeie vinnige rugby.  

0

Ja shame man, die ou man kon net nie meer nie.  Ons het darem nog 'n 70+ kg Boeroel wat my besig hou (met landmyne optel) en 'n JR wat die Boerboel besig houlaugh

Ek dink jou span gaan shine wanneer dit regtig saakmaak, solank dit net nie teen die ou Bokkies is niewink 

0
Bloemfontein

Skerpioen

Thu, 28/09/2023 - 14:38

Chris

Jy hou van alles waarvan ek hou al wil jy dit nie erken nie.  Ek is amper jou "hero".  Ek is 'n daaglikse vleiseter.  Ek het meer yster in my bloed as Superman homself van al die tjops, steak en ander vleis.  Ek jag menig malekere per jaar om die vrieskaste vol te hou.   Tot my honde trek al neus op vir biltong en droee wors.   Ek het laas week weer 'n nuwe geweer gekry.  Lisensie was op 31 werksdae goedgekeur.  Skiet hopelik binnekort 'n bokkie met hom. 

Ek vang vis van rots en strand, fly en diepsee.   Beplan reeds my volgende trippie in Februarie by Richardsbay want my vis vrieskas is laag.   Laas jaar was ek 2 keer by Barra, Mozambique met visvang.

Ek skiet so twee keer 'n maand haelgeweer by die klub en skiet voels weekliks deur die voel skietseisoen.  

So tussendeur probeer ek nog 'n kampie inwerk om mamma gelukkig te hou.  

Nou my vraag is.  Jy doen al hierdie dinge waat ek ook doen.  Waar het jy verkeerd gegaan met jou rugby keuses?

0
Worcester

Wildehont

Thu, 28/09/2023 - 15:44

Waar het jy verkeerd gegaan met jou rugby keuses?

Iemand moet seker die WP ondersteun.  

0
Worcester

Wildehont

Thu, 28/09/2023 - 15:55

Uiteraard moet ek vir Skerpioen vra waarom hy ‘n ander land ondersteun. Hier is ‘n artikel oor waarom meeste van die Suid-Afrikaners wat die AB ondersteun hulle ondersteun. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 28/09/2023 - 17:32

.... is ons basies in dieselfde liga, alhoewel my dae van hengel grootliks verby is. Ek is 'n Hentiesbaai-man wat hengel aanbetref. Ek het 'n kranige hengelaar-seun wat sorg dat sy pa bykans altyd 'n ou braaivissie in die vrieskas het.

Maar as dit kom by jag, val hierdie ou totaal uit die bus uit. As ek self moet sorg vir my vleis - hetsy jag of plaasdiere slag - word ek seker 'n vegetariër, behalwe vir vis eet. En ek is buitendien 'n powere skut.

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 29/09/2023 - 09:03

Ek vra my self die vraag. Errol Tobias was deel van die Springbok span na NZ in 1981. Was hy dan nie iemand van kleur? Ek kan party joernaliste se artikels ook uitpluis nie.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 02/10/2023 - 09:48

Protea's se wen

Hulle speel eers vandag hulle eerste opwarmings wedstryd vir die krieket wereldbeker. 

0
Bloemfontein

Skerpioen

Mon, 02/10/2023 - 09:58

Hulle speel eers vandag hulle eerste opwarmings wedstryd vir die krieket wereldbeker. 

 Alle sportsoorte ( Visvang, Skiet, Rugby, Pluimbal, Skaak, Snoeker, ens) wat Suid Afrika verteenwoordig word Protea's genoem.  Jy moet maar aanpas in hierdie land waar dinge vinnig verander anders gaan jy en baie ander agter bly.  Die verdwaalde ou bokkie is nou op die skouer.   Volgende jaar is hy weg.  Dis wat SASCOC wil he en gaan regkry.  Ek praat nie eers van die Protea trui wat weekliks verander nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 02/10/2023 - 10:53

....dat my nare gevoel en visioen aangaande gisteraand se wedstryd net 'n nagmerrie gebly het.

Wil julle hoor wat ek droom oor die wedstryd teen die Fransedevil

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus