Ek weet nie of daar nog ander rugby-entoesiaste op hierdie forum is nie. Ons sal nie eens 'n rugbyspan kan volmaak met gereelde deelnemers aan hierdie forum nie - dit sommer net terloops.
Ons Bokspan vertoon goed in hierdie stadium. Nie net het ons met ons amperse B-span verlede Saterdag vir Wallis verniel nie, maar het ons gisteraand die magtige All Blacks behoorlik ore aangesit met 'n rekordtelling.
Mag ons manne so voortbou vanaf die afskop van die Wêreldbeker. Danksy 'n tydelike VPN-app kon ek beide genoemde wedstryde hier in Roemenië kyk. Maar die Wêreldbeker se wedstryde sal darem hier op plaaslike TV gekyk kan word, want Roemenië neem ook deel - juis ons tweede teenstanders. Die ongeluk is net dat die kommentaar in Roemeens sal wees. Solank ek net kan kyk - ek sal my eie kommentaar lewer.
Truie brand
Jy moet elke tweede jaar 'n nuwe een koop want of jy verbrand hom as die bokke verloor
Die enigste verbrand van ‘n trui wat ek van weet was verlede jaar, en dit was nie ‘n groen trui nie…

Waar krap jy hierdie "One of…
Waar krap jy hierdie "One of a Kind" foto uit? Dis seker sad maar waar. Ons All Blacks is nie gewoond aan verloor nie.
Massa Bok trui verbranding
Hier
Hier is die artikel. Die jaar begin julle ondersteuners darem seker meer gewoond raak aan verloor. Julle span is nie meer so dominant soos voorheen nie. Dis ‘n goeie ding, dit raak maar vervelig as dieselfde span meeste van die tyd wen. Dis soos F1 al is vir lank, alhoewel daar darem elke 10 jaar of so ‘n nuwe drywer is wat meeste van die tyd wen. Met rugby wen Nieu-Seeland al vir heeltemal te lank meeste van die tyd. Maar dis darem nou iets van die verlede met die Franse onlangs en Ierland en SA wat redelik gereeld vir julle ore aansit.
Nie ondersteuners nie
Massa Bok trui verbranding
Ons almal weet daardie is nie Springbok ondersteuners nie.
Ons almal weet daardie is…
Ons almal weet daardie is nie Springbok ondersteuners nie.
Hoekom nie?
En hierdie een?
Ek voel soos 'n Skerpioen…
Ek voel soos 'n Skerpioen wat nuwe duracell batterye gekry het.![]()
Alle aanduidings is dat Suid-Afrika Vrydag die sperdatum gaan misloop om sy wetgewing teen die gebruik van verbode middels in sport te wysig sodat dit aan die jongste vereistes van die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels (Wada) voldoen.
Nou my vraag. Ek wonder sterk of "Drug Free South Africa" enige toetse op die Bokke gedoen het? Miskien moet onpartydige toetse in Frankryk vinnig op al die ou Bokkies gedoen word vir verbode middels voor hulle volgende game.
Anders ban die Bokke se verdere deelname aan die WB.
Hulle hoef nie vir Snowflake naby die neus te toets nie. Rus in vrede ou Joosie.
Paplepel
Môre Skerpioen
Na aanleiding van jou inset hierbo, twee opmerkings;
1] "voel soos" soos in steek wat voorkom???
2] jy kwalifiseer sekerlik vir die paplepel toekenning die maand
Let wel, ek ondersteun geen rugbyspan nie, is 'n rugby leek, en kyk soms na die wedstryde, bloot omdat ek nie nou kampeer nie.
More Wessel Ek sien jy het…
More Wessel
Ek sien jy het ontrekkings simptome van min kamp. Jy is soos 'n bloedhond op my spoor. Dankie vir die toekening van die maand komend van 'n self erkende rugby leek. Kies 'n span en ondersteun hom, moet nie 'n draadsitter wees nie.
'n Bietjie hulp van my kant----Onthou Bafana is 'n sokker span.
My sportsoorte...
...is die meer aanskoulike
sporte soos swem, ballet, lewensredding, dans, motorsport, om paar te noem.
Ek sal nie my "siener voorspellings" hier deel nie.![]()
My kampeer skoene is vir eers opgehang, hopenlik eers weer volgende jaar.
Mooi Wessel Ek is 'n groot…
Mooi Wessel
Ek is 'n groot F1 aanhanger. Dis waarom ek my Toyota verkoop het en nou net Ford ry.![]()
Ek is ook 'n groot Landi Fan soos Neef Herman. Soek net die regte een om 'n paar Cruisers mee rond te sleep op die plaas.
So het elke man se eie sport. Geniet hulle.
Skeidsregters vir kwarteind
Ons kry vier Nieu-Seelanders insluitend Ben O’Keefe as skeidsregter, wat ‘n oogkundige van beroep is maar herhaaldelik in ons wedstryd teen Ierland gesê het “I didn’t see that” as ons hulle opsetlike oortredings uitgewys het en die Varings kry vier Engelse.
“I didn’t see that”Dit…
“I didn’t see that”
Dit gebeur as Protea spelers soos Willie en sy maaitjies probeer skeidsregter speel en die Ref probeer oortuig dat hy iets miskyk. Spelers se werk is om die game te speel en die Ref se werk is om te blaas wat hy sien. Dis die verskil. Goeie spelers en spanne pas aan by die skeidsregters hoe hulle blaas en reels sien. Party is meer vrygewend and is te streng. Veral by Skrums en kontak. Dis waar die verskil inkom.
Die Engelse hou ook nie te veel van die All Blacks nie maar NOOIT sal jy hoor hulle kla oor 'n Ref nie. Die Game is groter as hulle persoonlike ego's.
opsetlike oortredings…
opsetlike oortredings uitgewys ????????
Rassie Erasmus, SA Rugby se direkteur van rugby, het na afloop van die wedstryd vir O’Keeffe op sosiale media bedank.
“Dit was goed om deel van ʼn intense en fisieke wedstryd te wees waar die skeidsregter nie te veel betrokke was nie. Welgedaan, Ben en jou span,” het Erasmus op X (voorheen Twitter) gedeel.
Ierland begin nou soos Nieu-Seeland speel
Tydens McCaw se era veral, het NS met moord weggekom. Hulle was baie slim om so net-net buite die reëls te speel en dan baie verbaas te lyk wanneer hulle uitgevang word deur die skeidsregters wat dit wel gewaag het om die goue seuns van wêreld rugby te straf.
Ierland begin ook so speel. Hulle het keer op keer “per ongeluk” ‘n voet agter ons speler wat op die grond is by ‘n losgemaal gesit om te keer dat ons speler wegrol sodat ons dan gestraf word. By die laaste losgemaal op hulle doellyn waar ons ‘n drie sou druk as O’Keefe nie die eindfluitjie geblaas het terwyl Reinach die bal in hand gehad het nie, het Bundee Aki van die kant af ingekom (wat die oogkundige weereens nie gesien het nie al het dit reg voor hom gebeur) en die losgemaal opsetlik laat inmekaarval (wat ‘n verskoning gegee het om die eindfluitjie te blaas omdat die bal nie “onmiddelik” uitgekom het nie. Kyk maar self.
Rassie is nie dom nie
Daardie “gelukwensing” van Rassie aan die oogkundige was baie strategies (alhoewel dit sarkasties bedoel was). Rassie het geweet ons gaan waarskynlik weer teen diesefde sestien man te staan kom in die kwarteind en hy was reg.
Stem 100% saam Wildehont. …
Stem 100% saam Wildehont.
Dis waarom Ierland moeilik geklop gaan word. Vinnige "Dink" rugby word gespeel. Saam met dit die Wil om te Wil Wen maak hulle moeilik om te klop. Die All Blacks weet dit gaan 'n moeilike game wees wat enige kant toe kan draai. Sterkte vir die beste span op die dag.
Dis wat die All Blacks meesters maak, veral die ou manne soos genoem in die McCaw era. Hulle kyk waar blaas 'n skeidsregter baie streng en dan byt hulle die ander areas uit wat oorgesien of minder streng geblaas word. Spelers moet kan kanse vat om te wen. Soms kom jy weg daarmee en ander kere nie. Deesdae word die geel kaarte vinnig gebruik wat dit 'n bobbelspel kan maak. As jy met 14 man sit gaan jy beslis verloor op wereld vlak rugby.
Rassie is nie dom nie Dis…
Rassie is nie dom nie
Dis bebateerbaar sou ek sê. Hy het met sy nar streke malgeraak totdat WR hom in die bek geruk het deur hom te straf wat op die ou einde sleg vir die Springbokke was. Alle Skeidsregters het strenger teen die Bokke geblaas. Hulle het geweet hulle gaan op die vergrootglas wees. Waar dinge oorgesien sou word is die Bokke gestraf. Self vir my het strafskoppe belagrik geraak teen die Bokke
Dis beter om nie persoonlik te raak met skeidsregters nie en 'n plumpie te gee waar dit verdien word. So word Sportmangees gebou van die speler af tot by die skeidsregters. Dan word die Rugby nog lekkerder.






AB
All Boks...🤣