Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago
Chris ek is besig om… Kgalagadi Oktober 2026 Voortrekker -3 hours ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
epos Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -4 hours ago

Rugby Wêreldbeker 2023

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on

Ek weet nie of daar nog ander rugby-entoesiaste op hierdie forum is nie. Ons sal nie eens 'n rugbyspan kan volmaak met gereelde deelnemers aan hierdie forum nie - dit sommer net terloops.

Ons Bokspan vertoon goed in hierdie stadium. Nie net het ons met ons amperse B-span verlede Saterdag vir Wallis verniel nie, maar het ons gisteraand die magtige All Blacks behoorlik ore aangesit met 'n rekordtelling.

Mag ons manne so voortbou vanaf die afskop van die Wêreldbeker. Danksy 'n tydelike VPN-app kon ek beide genoemde wedstryde hier in Roemenië kyk. Maar die Wêreldbeker se wedstryde sal darem hier op plaaslike TV gekyk kan word, want Roemenië neem ook deel - juis ons tweede teenstanders. Die ongeluk is net dat die kommentaar in Roemeens sal wees. Solank ek net kan kyk - ek sal my eie kommentaar lewer.

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 02/10/2023 - 11:22

Dit is net tydens die rugby wereldbeker wat die springbok skuif na die mou toe, omdat Wereldrugby se regulasies bepaal dat hulle toernooi embleem op die regterkant van die bors moet vertoon op truie. Tydens ander toetse is die springbok op die regter bors van die truie.
 

Die Springbokke is ‘n baie bekende handelsmerk. Net soos die Kruger wildtuin. Die ANC wou destyds lg se naam ook verander, maar het besef dat dit dom sal wees. Ek kan egter nie sien waaroor Nieu-Seeland se rugby ondersteuners in elk geval omgee hoe die Springbokke se truie lyk nie. Nieu-Seeland se truie sal altyd ‘n vervelige swart bly, so hulle ondersteuners is seker bang vir verandering. 

0
Bloemfontein

Skerpioen

Mon, 02/10/2023 - 11:40

HAHA Wildehond.   Jy mag maar verduidelik.  Skerp man.cheeky

Is daar nie 'n verdwaalde Skerpioentjie op die ander mou nie?  Die Protea trui verander so gereeld een van die dae is dit ook swart net om in die mode te wees.   devil

Die ANC en SASCOC gee nie om wat dom is of nie, hulle volg net hulle eie kop.  Die veranderings aan die ou Springbok trui is al jare aan die gang.   Die ondersteuners is regtig soos 'n padda in warm water.  Hulle raak al gewoont daaraan en aanvaar dit.  Die arme ou Springbokkie is so verdwaal hy weet nie waar hy more gaan wees nie. Eers daar nou hier en so sal dit aanhou.  

Jy en baie moet maar begin vrede maak met die veranderings aan die Protea trui.   Hoe gouer hoe beter. 

0
Bloemfontein

Skerpioen

Mon, 02/10/2023 - 12:02

Ek trek net julle been.   Vir my sal die Springbok ALTYD daar wees.  Ek hou soms daarvan as iemand op sy tone hardloop.   Elke ou ondersteun wie hy wil.  

Ou Chris het sommer gaan vuur maak.   Hopelik wil hy nie truie brand nie maar 'n tjoppie braai.  cheekyEk het nogal uitgesien om te hoor wat hy sê oor die naweek.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 02/10/2023 - 14:02

Algemeen : ek was aangenaam verras  -  dit was 'n baie interessante wedstryd waarvan die telling nie eintlik 'n korrekte weerspieëling van die spel was nie. Tonga het tot die einde hard gespeel en nie laat slap lê nie.

Skopskoen : Pollard se skopskoen en ook Libbok se skopskoen het die Bokke hierdie keer nie in die steek gelaat nie.  Ons het duidelik geleer tydens die Iere-wedstryd wat dit die Bokke gekos het om aanmekaar mis te skop.  Tonga het dit gister ook ervaar met vrot skoppe. Veral Wêrelsbeker wedstryde kan nie bekostig om mis te skop nie.

Rooi en geel kaarte : Gelukkig is gister se wedstryd dit gespaar, maar ek voel dit word 'n bietjie oordryf en dit bederf die vloei van die spel.

Ware kompetisie : Ek voel dis nie billik dat kleiner, minder bekende lande teen die groot kanonne speel nie.  Dis nie aanskoulike rugby nie en breek die verloorders met reuse tellings af. Hoekom kan hierdie lande nie eerder teen mekaar speel nie en dat die uitblinker(s) dan 'n kans kry teen die sterk spanne ?

Teleurstelling : Ek hoor oor die radio Mapimpi keer na Suid-Afrika terug met 'n gebreekte kakebeen en beskadide oogkas  -  'n groot verlies.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 02/10/2023 - 14:20

.... jy doen veel beter as myselwers. Ek kan nie eers 'n leke opinie waag nie. 

Wat ek wel weet----sielkunde is 'n bliksem. Kyk nou net hoe goed skop Ribbok, bloot omdat daar geen druk op hom was nie. 

Niks verder nie, want ek weet hopeloos te min. Ek sien net aaklige dromelaugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 02/10/2023 - 19:35

Op ‘n punt van orde; die Springbokke is so min die amptelike naam van die SA nasionale rugbyspan as wat die All Blacks die amptelike naam van Nieu-Seeland se nasionale rugbyspan is. Lg het ‘n silwer varing op hulle trui, wat omtrent net so macho is as ‘n protea. Dis bloot nasionale simbole. Springbokke, All Blacks, Hane, Rose, Los Pumas - dis alles net troetelname. 

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 03/10/2023 - 05:37

Ek voel dis nie billik dat kleiner, minder bekende lande teen die groot kanonne speel nie.  Dis nie aanskoulike rugby nie en breek die verloorders met reuse tellings af. 

Hierdie punt dra wel krediet, maar as ek reg is het 3 of 4 van hierdie Tonga spelers ook al vir die All Blacks uitgedraf. Hulle speel ook hoofsaaklik hulle rugby in Nieu Zeeland en het nie 'n aparte kompetisie nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 03/10/2023 - 05:58

Ek was/is onder die indruk dat enige sportspan wat op nasionale vlak meeding, as 'n springbokspan bekend staan. Hetsy dit rugby, swem, skyfskiet, spekskiet of ballet [?] is. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 03/10/2023 - 08:41

"maar as ek reg is het 3 of 4 van hierdie Tonga spelers ook al vir die All Blacks uitgedraf. "

Ek het eintlik Romenië en Namibië se spanne ingedagte gehad, en in 'n mindere mate Tonga.

0

So as die land waar die manne rokke dra uit vrye keuse nou die Iere wen met bonus punt en meer as 21 punte is die Bokke uit.  Daar is dus 'n moontlikheid dat die Iere die game kan "gooi" sodat die Skotte hulle gemaklik kan wen?devil  Dink klink vir my soos een van oom Wessel se nagmerriessurprise  Moontlik ja maar hoogs onwaarskynlik.  In elk geval, as die Iere verloor gaan die Bok ondersteuners verseker glo se.laugh

Sien baie uit na die Iere vs Skotland wedstryd.

0
Bloemfontein

Skerpioen

Tue, 03/10/2023 - 09:37

Troetelname

Op ‘n punt van orde

Nou kom jy reg.  Jy het net van die Kiwi's vergeet.    Die regte engelse woorde wat jy soek is "Sporting Franchise"

Min of geen Suid Afrikaanse rugby ondersteuner hou van die woord "Protea" nie. devil   Ek het meer reaksie verwag.   cheeky 

Ek dink nie 'n span sal 'n rugby game aspris verloor nie.  Die sportmangees en integriteit van die spanne is te goed om eers te dink aan so iets.  Wat maak rugby anders dat dit nie ook hier gebeur nie.  Ek persoonlik dink nie so nie.

MAAR , Wat my bang maak is die laaste twee dae waar daar baie in die media geskryf is oor "Match Fixing"  waar Suid Afrika hoop daar is geen match fixing tussen Ierland en Scottland nie.  Kyk wat het al in die verlede gebeur in krieket en ander sportsoorte soos boks, ens.  Geld het die uitslag bepaal. 

Ek dink van nou af gaan ons goeie rugby sien.   Ek stem saam met Len oor die geel en rooi kaarte maar ek dink hoe dit nader aan die Finals gaan kom hoe meer gaan ons strafkaarte en beserings sien.  Dis altyd sleg as iemand seer kry en moet uitsit in 'n wereld beker.  Sterkte aan al die spanne. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 03/10/2023 - 10:30

So as die land waar die manne rokke dra uit vrye keuse nou die Iere wen met bonus punt en meer as 21 punte is die Bokke uit

Die Iere moet ook vier drieë druk as Skotland met meer as 20 (nie 21 nie) punte wen, anders gaan eg huis toe.
 

Wat wedstryd knoeiery betref dink ek dis baie moeiliker om ‘n rugby wedstryd se uitslag so te bewimpel. Wen en verloor dalk nog, maar dat die “swakker” span met ten minste 21 punte wen en die “beter” span steeds vier drieë druk is te moeilik.

Selfs al verdoel Ierland nie een van hulle vier drieë wat hulle moet druk nie (hoogs onwaarskynlik) moet Skotland dan ses drieë druk en elkeen verdoel vir die Bokke om uit te val (strafskoppe pale toe natuurlik buite rekening gelaat).

Ek dink ons moet eerder bekommerd wees oor wie die waarskynlike kwarteind tussen Frankryk en ons blaas. Dit gaan mos nou nie ‘n lekker toernooi oplewer as die gashere uitval in die kwarteind nie. En wêreldrugby trek daardie toutjies. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 09/10/2023 - 06:26

Worcester het blykbaar die grootste AB ondersteunersklub buite Nieu-Seeland. Ek wonder hoekom hulle truie dan selfs met afslag sukkel om te verkoop. 
 

A

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 09/10/2023 - 06:44

Môre Chris S

Die rede is mos voor die handliggend, die prys. !!!! Ek betaal nie dit vir enige trui, van enige span nie. 

Ek gooi daai geld eerder in Grompie se tenk, of in my eie keelgat af. 

 

0
Bloemfontein

Skerpioen

Mon, 09/10/2023 - 07:22

Ek wonder hoekom hulle truie dan selfs met afslag sukkel om te verkoop

Wildehond die sommetjie is maklik om te maak.  Kom ek help jou gou.   Jy koop net een All Black trui dan hou hy jou 'n leeftyd.  

Boktruie is so R150-R250 by ons staduims en langs die pad.  Jy moet elke tweede jaar 'n nuwe een koop want of jy verbrand hom as die bokke verloor of sy materiaal verblyk so hy lank dat hy so wit soos 'n England trui is. 

0
Bloemfontein

Skerpioen

Mon, 09/10/2023 - 07:31

Nou begin die lekker rugby.  Die All Blacks gaan hulle hande vol hê teen Ierland wat blyk om die gunsteling te wees.  Hulle spel is briljant en boonop is hulle dissipline ver bo standaard.  Teen Scotland het hulle bewys hulle dissipline is super goed deur gereeld nie aan stamp en stootery  deel te neem nie.  10 uit 10 vir Ierland.

Ek dink die Bokke kan die moontlik maklik hê teen Frans.  Op 'n goeie dag sal die Bokke ver wen as die Franse nie opdaag nie.  Tyd sal leer.

Die laaste paar games gaan verseker vir opwinding sorg met 'n moontlike verrassing of twee.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus