Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hemels by Hermanus Hemels Wessel Strydom -1 hour ago
wat is lank vooruit bespreek ??? November 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Vliegkaartjies November 2026 Rona du Plessis -18 hours ago
Vlieg kaartjies November 2026 Geert -19 hours ago
Frankryk Springbok rugby Geert -1 day ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -1 day ago

Glipsies en flaters

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Hier kan ons nou vertel van die glipsies en flaters wat genadiglik nie tot groot skade gelei het nie. Daai amper vreeslike ongelukke, oomblikke wat jou hart 'n slag laat mis en daai saamtrek van 'n sekere spier gee.

Vanoggend gaan maak ek 'n draai by my werktuigkundige om afspraak te gaan maak vir ons Corolla se diens. Dit moet sommer ook 'n "timing belt" kry.

Die parkeer area het 2 kante skadunet, maar die wat sweef/hang aan agterste pale. So stoot ek terug met Grompie, beloer die spieels, en kamera, kruip so op die rem agteruit. Skielik voel ek die stamp en stop. Klim uit en bekyk en bevoel die buffer, ligte en agterklappe. NIKS geen merkie nie. Besef ek is nie gesuip nie, het my bloeddrukpil gedrink en daar was nie dames naby nie, dus moet ek soek. 

Kyk op, en wragtag, ek het die kappie onder die raamwerk van die skadunet ingedruk. Netjies met die gleuf vir die dakrak onder die voorste yster van die skadunet ingeskuif.

Wat 'n verligting, sal môre by Rhino bietjie opknap verf gaan bedel.

So maklik kon dit groot skade en moeite gewees het. Die les----kamera kyk nie boontoe nie, en syspieels sien ook nie daar nie. .   

Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 10/01/2024 - 11:23

Dit gebeur so vinnig Wessel Berdien ook terug gestoot met Ranger in maul en toe n kombi se linker lig stukkend gestamp dis vervang en bamber word oor gespuit verf 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 10/01/2024 - 12:24

Hierdie ou sopdr@l het sy amper Concourse Nissan 1400 champ se regter voor modderskerm teen n paal gevryf verlede week. Agteruit uit n parkeerplek met n donkiese telefoonpaal in die helfte van die parkerplek op die kantlyn. Nou gaan ek n stel " dent pullers" kry om dit uit te trek. Blikslaer maar ek vies vir myself. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 10/01/2024 - 12:25

Ek kan nie onthou of ek na ons April 2023 Kgalagadi toer vertel het van my flater nie. Ek het vervoerband gehang agter die Prado aan ‘n stuk hoekyster wat ek vir die doel aan die trekstang vasgebout het. Dit was om opskiet klippe weg te keer van die Kavango en agterruit af. Die vervoerbande het voor die uitlaatpyp se uitlaat ook gehang. Die hitte van die uitlaatgasse het die vervoerband vervorm. Dit het egter ook die buffer verkleur en effens vervorm.
 

Gelukkig het die Geel Sambreel die herstel gedek. Toe die paneelklopper die voertuig inspekteer voor die kwotasie, sien hy dat die agterdeur ‘n duik in het agter die spaarwiel. ‘n Vorige eienaar moes met die spaarwiel teen iets vas gery het wat die deur geduik het. Ek het dit nooit eers opgemerk nie, want mens moes skuins agter die spaarwiel in kyk om dit te sien. Hulle herstel toe nie net die buffer nie, maar die deur ook. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 10/01/2024 - 14:39

................met my wat 'n verkeerde afrit Balule toe geneem het en toe kilometers grondpad moes ry omdat ons nêrens kon omdraai nie.  Dit was nie my enigste foutjie dié dag nie.  By Balule aangekom besluit ek om af te hak en dan met die movers die Exclusive reg te skuif op sy staanplek.  Nooi opgemerk ek staan teen 'n effense helling nie.  Ek haal toe die remkabel af van die sleepstang hak, laat sak die neuswiel en begin die slinger draai om die wa te ontkoppel.  Met die ontkoppelslag begin die Exclusive agteruit loop, ek probeer keer maar die spulletjie sleep my saam en............kaboems, binne-in 'n boom.  Gelukkig nie te veel skade nie, net 'n gekraakte agterlig wat ek tydelik aanmekaar kon lym.  Ek sleep al 53 jaar karavaan en het dié dag nie die handrem opgetrek nie.  Ek sal nooit weer ontkoppel as die noodremkabel nie aan die sleepbal gekoppel is nie.  As bykomende maatreël koppel ek nou ook die movers teen die bande vóór ek afhaak.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 10/01/2024 - 14:44

....is by vêrre die beste handrem vir terugloop. 

My wa het ook in Balule met die afhaak teruggeloop, en die noodkabel so vasgetrek dat ek iemand moes vra om te kom help. Moes die wa swaai en vorentoe trek, net om kabel te ontspan.

Woonwa handrem werk niks of baie vrot agteruit. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 10/01/2024 - 14:48

Ons het al die gesprek gehad, maar die handrem werk nie agteruit nie. Ek het Sondag weer toe ons tuiskom die handrem opgetrek voor ek die Kavango afgehaak het. Nadat ek die Ranger geskuif het, sien ek die Kavango kan nog ‘n ent agtertoe skuif. Ek stoot dit toe maklik agteruit terwyl die handrem opgetrek bly. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 10/01/2024 - 14:49

Daar plaas ek en Wessel min of meer dieselfde op amper dieselfde tyd. 
 

Julle moenie op sulke skuins staanplekke kampeer nie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus