Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Groen water... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 minute ago
Kampeer staanplek Kgalagadi Oktober 2026 Geert -4 minutes ago
Dankie ChrisB Kgalagadi Oktober 2026 Geert -11 minutes ago
Geert ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -29 minutes ago
Foto van ablusieblok Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -3 hours ago
Augrabies Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -3 hours ago

Kamp kragkabel(s)

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek hou nie daarvan om kragkabels tussen die oord-kragpaal en die karavaan te las nie.  Ek het dus vir my seker 20 jaar gelede 'n lekker dik 25 m kabel aangeskaf wat ek op 'n tol oprol terwyl ons reis.  By die oord rol ek die volledige kabel af en rangskik dit in lengtes langs die karavaan sodat geen elektriese veld geskep kan word nie. In die Wildtuin het hierdie lang kabel dikwels baie handig te pas gekom. Ek het ook 'n tweede lekker dik kabel van 5m sou die oord-kragpaal nie te ver wees nie.

Hoe maak jy ?

.

Vaalpark

Johann L

Mon, 15/01/2024 - 13:55

Sjoe, dit is 'n baie goeie ding ons het 'n Wessel op die forum.yes

Net vir interesantheid, jou grond draad moet altyd so end "te lank" (so bietjie van 'n kronkel in hê as dit vas is) wees, dit moet die laaste draad wees wat kan uit trek

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 15/01/2024 - 14:14

Hy't nie gewaarborg dat die aarddraad gekoppel is nie.🤣

Lag ek nou. Net sowel  vir Wessel se goeie oog. Daai "dikte" draad is maar kopseer vir prop aangesien dit 'n fris draad is. Ek het nogsteeds to 20m kabel. My generator se inprop kabel ook dieselfde dikte.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Mon, 15/01/2024 - 14:25

 Johann is korrek.................................................het kopklap gekry as vakleerling as die gronddraad eerste uittrek. Veral as die krag kabel baie gebruik word soos vir draagbaare gereedskap en woonwaens. Veiligheids reël. 

"vir interesantheid, jou grond draad moet altyd so end "te lank" (so bietjie van 'n kronkel in hê as dit vas is) wees, dit moet die laaste draad wees wat kan uit trek"

 

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 15/01/2024 - 14:32

As daai grond draad (wit) teen die lewende (rooi) of selfs die nutraal draad geraak het, sou daar vonke wees.

Jammer Len, klink of ek baklei, maar beslis nie die geval nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/01/2024 - 15:10

Dankie vir die les hoe om 'n prop korrek en veilig te bedraad.

Wys jou net, mens is nooit te oud om te leer nie. 

0
Irene

Grootwind

Mon, 15/01/2024 - 17:19

Heeltemal korrek wat die grond draad aanbetref...Len dink jy moet maar eerder die drade almal oordoen, selfs die lewendig en neutraal lyk nie te kosher  nie laugh,lyk of hulle ook enige oomblik kan uittrek. Weet die koper deel in die geval is dik en moeilik om in die prop penne se gaatjies in te kry, Johann verwys na vonke, stem saam, selfs al kom 'n enkele draadjie los en raak aan die ander sal dit ook 'n trip (wat noem mens dit in Afrikaans?) veroorsaak...terloops sou die draadjie byvoorbeeld die neutraal en aarde aan mekaar laat raak sal die aardlekkasie uitskop. Ek soldeer altyd die skoon koperpunte van die draad voordat ek dit in die pennetjies se gaatjies insteek en vasskroef, verhoed 'n klomp onaangenaamhede soos los draadjies

0
Jeffreys baai

Lapskag

Mon, 15/01/2024 - 21:59

Welgedaan Len, lyk vir my na 'n goeie joppie vir 'n afgetrede bank amptenaar. Ek sien jy word gesond want is druk besig om die karavaan en maak reg vir die Wildtuin. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 15/01/2024 - 22:07

...............Was juis vandag by my chirurg en hy het my "fit" verklaar na die galblaas-operasie. Nou net besig met kankertoetse wat hopelik nie iets gaan oplewer nie en Annatjie se een voetwond wat nog besig is om te genees  -  lyk of dit teen einde Februarie genees gaan wees dan kan sy weer begin loop.  My dokter wil my netso graag in die Wildtuin sien.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus