Het julle ook 'n hekel in vulstasies wat swak uitgelê is? Dis nou waar die rye pompe loodreg of effe skuins geplaas is ten opsigte van die hoofgebou.
Jy moet dus vorentoe ry, en probeer draai om weg van die pomparea te kom. Dan kry jy die onnadenkende persoon wat sommer "net gou" voor die hoofingang stop. Nou kan mens omtrent nie jou draai kry nie. Soms staan daar toue agter jou, wat ook wil randstof inneem.
'n Voorbeeld is die Shell Ultra city by Kroonstad. Lieflike skoon plek om brandstof in te gooi, draaie te loop ensovoorts, maar ek probeer altyd heelregs by pompe stop. Dan is die hoofgebou nie meer voor mens nie, en kan ek gemaklik uitkom na die parkeerarea.
Milly's by Machadodorp het ook so 'n slegte uitleg.
Dalk is ek net 'n swak woonwa-sleper, maar ek raak sommer moerig sulke tye
Wessel, ek het ook...............
...............die gebruik om die heel regterkantste pomp te gebruik om te hervul - dit het die voordeel om feitlik reguit verder te ry sonder geparkeerde motors voor die hoofgebou.
Maak ook soos Len, al is…
Maak ook soos Len, al is Jurgie maar n shorty. Miskien moet mens in ag neem dat die vulstasies nie uigelê word met die baie klein klandisie met sleepwaens etc op ń dag moet gediens word nie.
Ek het al menigmaal by die trokpompe gaan volmaak. Gewoontlik net so lekker slap draai om die gebou.
Johann, jy laat my dink aan juis tor ek brandstof ingooi, reg voor my, n man agteruitry in n kar met waentjie wat sleg parkeer was. So kort bonkige mannetjie klim uit, rol sy skouers en skreeu kliphard " Wie parkeer so k....."
Kom daar n merske man uit die winkel gestap, seker 6'6" en 250lb..Die korte se lyftaal verander merkbaar, hy omverskoning maak dat hy nie die waentjie gesien her nie. Hehehe.
Trok pompe
Dankie Herman, ek moet dit tog onthou om sommer by die trokke te gaan ingooi.
By Bloemfontein is daar 'n Caltex vulstasie, die heel eerste ene van Kroonstad se kant af, wat ek meestal gebruik. Daar is die pompe parallel met die kantoorgebou, wat dit baie makliker maak.
Diesel pompe was apart, ook net om die gebou ry om daarby uit te kom.
Herman, ek dink dat my veiligheidsgordel my ook al baie keer gered het, uit 'n pakslae, raak so moerig dat ek skoon vergeet om die ding los te maak.
Julle maak te gereeld vol
Met die Prado en die Ranger kan ek digby 1000km ver ry voor ek weer hoef vol te maak. Ek het dus maar vasgestelde plekke waar ek volmaak, en die enigste wat bietjie sukkel is Britstown se koöperasie. Gelukkig is my kombinasie maklik om te hanteer en agteruit te stoot. Die Kavango is nie wyer of hoër as my sleepvoertuig nie.
Seker die frustrerende aspek…
Seker die frustrerende aspek van karavaan sleep is om te "navigeer" om brandstof in te gooi by n petrol stasie🙄.
En dan sal die petroljoggie nog baie vriendelik jou in n nou gangetjie met geen in of uitkom kans wil inbeduie.
Dis dan wat my geduld sommer vinnig opraak.
Moet darem ook sê dat daar darem plekke is waar die uitleg goed is en ander wat nie so goed is nie waar die personeel die probleem verstaan en nogal behulpsaam is.
Hoeveel karavaanmanne het al ander voertuie se spieeltjies in die proses "uitgevat". ? Vra maar net.....
Maar kamp sal ons kamp
Kampgroete
nog nie sulke glipsies nie
Gelukkig nog nie so iets oorgekom nie, maar my Kavango is net so breed as bakkie.
Ek sleep maar versigtig, en foeter nie net in waar vir my beduie word nie.
In my jongdae het ek manne sommer uit die eetplekke gaan haal, om hulle karre te skuif. Ek is klein, maar my hare was rooi toe ek jonk was. Deesdae is ek effe rond en grys![]()





Selfde gevoel.
Wessel dit is regtig swak hoe party "argitekte" redeneer, en om die kersie op die koek te sit, kry jy daai ouens wat dink dit is sy reg om so in die middel van die sleepwa parkeer area te stop en loop eet by die restourant
My vrou wil my vermoor as ek dan daai ou vas parkeer, of so sarkasties sê "ai party mense moet eerder op die gestremde parkering stop, breinskade is mos 'n verskoning"