Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rusteloos... Kruger 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Gesels, gesels ons Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Stem Oktober 2026 saam gesels Johann L -3 hours ago
Wat 'n 'show'! Kruger 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Maar net 'n kans gevat Wessel Kruger 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
.....en nog! Kruger 2026 Geert -4 hours ago

Braai met 'n Weber

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Synde daar 'n gedagte geplaas is om 'n gesprekslyn oor braai met 'n Weber te maak, het ek dit goedgedink om hierdie te begin.

Ek weet dat sommige braai-puriste reken dat braai met 'n Weber is nie braai nie. Ek het al by geleentheid die program "Kom ons Braai" op die VIA-kanaal gekyk. En daar het ek al 'n paar uitgesprokenes gehoor indien 'n deelnemer dit sou durf waag om op 'n Weber te braai. Houtvuur is in hulle oë die enigste ware manier van braai. Dan sê ek sommer in my stilligheid: "Gaan skyt man." Of daar's diegene wat hulle uitspreek teenoor die byvoeging van brikette (of houtskool) by 'n houtvuur se kole. Weereens wil ek diesielfde as hierbo in my stilligheid sê. 

Die Engelsman sou sê: "There's no two ways about it" dat 'n houtvuur 'n fantastiese atmosfeer skep. En daarteen stry ek glad nie. Maar dat jy op 'n Weber net sulke lekker vleis kan braai, of selfs lekkerder, as op 'n houtvuur se kole, is nie altemit nie.

'n Weber verleen hom tot veelsydige maniere van kosmaak. Maar dit is nie waaroor dit gaan nie. Dit gaan oor braai op 'n Weber. Ek beskik ook oor 'n gewone grootte Weber, maar ek sukkel om dié ding baas te raak om te braai. Omtrent al wanneer ek dit gebruik is wanneer ek meer as een ontbeende heel hoender moet gaarmaak. Maar laasgenoemde is op indirekte hitte. En ek gee toe dat dit nie braai is nie. Maar dat só 'n hoender lekker is as dit op 'n Weber voorberei word, is ook nie altemit nie.

Ek gee myself nie uit as 'n kenner van die gebruik van 'n Smokey Joe (die mini-Weber) nie. Maar oor 23 jaar het ek al 'n paar "tricks" geleer hoe om op hierdie apparaatjie te braai. My eerste Smokey Joe het ek bekom toe ek ingeskryf het vir 'n destydse resep-kompetisie van Coleman mosterd. Dit is 'n storie vir 'n ander dag. Die eerste prys was 'n Weber gasbraaier, maar ek het een van die troospryse gewen, nl die Smokey Joe - wat vir jare in my motorhuis op 'n rak gepak was - want ek het met hout gebraai. Meer spesifiek met rooikrans en sommige kere met Myrtle - laasgenoemde moet nie onderskat word nie. In my Grabouw-jare het ek vragte rooikrans vanaf Stanford en Gansbaai aangery - of in sommige gevalle laat aflaai.

Maar voordat ek my mede-forumiete verveel met hierdie lang inleiding - ek sal op 'n volgende inset of twee 'n bietjie meer inligting verskaf oor my ervaring met 'n Smokey Joe (wat my totaal "bekeer" het daarvan om met 'n houtvuur te braai). 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 14/10/2024 - 08:30

... ek was te honger om nog foto's te neem.

Ek het dit (Chicken Vallei Kreef) by die huis al in die lugbraaier gemaak - ook puik!

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 14/11/2024 - 13:42

.....ek is nie 'n potjie voorstaander nie. Tog wonder ek, is daai raamwerk sterk genoeg vir 'n gelaaide swartpot, of gaan dit weens gewig en hitte deurbuig ??

0
Port Elizabeth

VW

Mon, 16/12/2024 - 15:58

Vandat ek hierdie Smokey Joe so maand gelede aangeskaf het, maak ek selde vuur, die vleis proe net anders.

Ek het gisteraand weer lekker Merino Slaghuis se boerewors en Karoo Lusern se tjoppies hierin gebraai, was hemels.

Weber

 

B

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 16/12/2024 - 16:09

....vergeet oomblik van rokende Johannes, jou vertrek met binne braai lyk indrukwekkend en netjies. Julle ouens in PE kan seker NIE sonder 'n binne braai klaarkom nie. PE is mos die plek vir die kinders van die windlaugh 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 16/12/2024 - 16:53

... ek braai met niks anders nie - al langer as 23 jaar. Besit tans my derde Smokey Joe. Het eenkeer 'n "cheapy" namaaksel gekoop, maar daar's net een Smokey Joe, naamlik die oorspronklike. Die "cheapy" staan in my garage en sal (amper splinternuut) maar eendag ashoop toe gaan.

Darem net 'n regstelling - ek braai my vis op 'n toeknyprooster, gewoonlik op gewone houtskool. Ek maak uiters selde gewone houtvuur - en dan ook net vir 'n atmosfeer, terwyl ek op die Smokey Joe langsaan braai. Dan kan ek die vlamme-atmosfeer behou terwyl ek terselfdertyd braai.

Praat van die vleis wat anders proe - my kleinseun sê dat oupa se vleis smaak lekkerder as sy pa s'n (wat op 'n houtvuur braai). Ek reken dit is die meer gerookte geur van die vleis. Ek braai heeltyd met die deksel op en haal dit net teen die einde af vir bietjie meer kleur op die vleis.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 17/12/2024 - 15:39

Ek het gaan kyk of daar ‘n handleiding is vir die Weber. Daar is. Dit bevat wenke vir gebruik en tye vir hoe lank om verskillende soorte vleis maar ook hoender, vis en ander groente gaar te maak na smaak. 

0
Pretoria

Geert

Sun, 20/04/2025 - 12:08

Vandag weer tyd vir die Weber. In een gaan ons vark roast rotisserie en die ander een wil ons n brood bak en n paptert gaar maak

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 20/04/2025 - 13:18

... tot daardie vlak met 'n Weber gevorder nie Geert. Klink my jy kan 'n Weber bewerk. Geniet dit maat.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 27/04/2025 - 17:28

Jissie Geert - dit lyk vrekkit netjies en lekker. Deel bietjie resep (bestanddele).

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 27/04/2025 - 17:40

...kamp nie. Die man maak koningskos met sy KKK. Ek sal skoon 'n minderwaardigheid kompleks ontwikkel, as hy moet sien hoe eet ons.  

0
Pretoria

Geert

Sun, 27/04/2025 - 19:07

Ons het hierdie resep gevolg..  baie maklik. Ons het nog vanilla essence bygevoeg.....ons is lief vir die smaak. Ons het dit vir n uur in Weber gehad

0
Sandbaai

maurits

Sun, 27/04/2025 - 19:30

Jan dit is reg. As jy in Franschoek vanaf Stellenbosch inkom is daar n bruin bord met Chamonix op. Draai links hier en ry op tussen huise deur vir omtrent 1km. Op jou linkerkant sal jy die wynproe van Chamonix kry. Herschel weet van julle. Geniet dit. Noem Stefan van Rooyen het jou gestuur. Maurits

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus