Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus
119698 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Oktober Karoo kuier Wessel Strydom -9 hours ago
Weervoorspelling Oktober Karoo kuier neef Herman -9 hours ago
Chris S.... Dwarswegstrand, Karoo &… Wessel Strydom -11 hours ago
Seker Wessel Dwarswegstrand, Karoo &… Wildehont -11 hours ago
Verskoning Wildehont Dwarswegstrand, Karoo &… Chris Boucher -12 hours ago
Lekker staanplek Dwarswegstrand, Karoo &… Wildehont -13 hours ago

Herman Mashaba : kom ons roer weer 'n bietjie die politieke pot

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Tue, 10/09/2024 - 09:51

Terwyl dit maar 'n gesukkel is om oor kampsake te gesels, kan ons maar netsowel 'n bietjie weer die politieke pot roer.

Wat sê julle van Julies Malmens se boesemvriend, Herman Mashaba,  die self-aangestelde leier (nie verkose nie) van die party Action SA wat hy gestig het ?  Wat is opmerklik van hierdie outjie.  Netsoos Julies Malmens en Zumpies, is aldrie van hulle die enigstes in hul partye wat die "shots call", is dit ook Hermantjie wat besluite neem en sy ander salaris-trekkertjies in Action SA spring.

Hermantjie sê self hy is 'n besigheidsman waarmee ek, by gebrek aan inligting, nie kan verskil nie.  Maar of hy 'n suksesvolle politieke leier is, het ek groot twyfel oor. Sy Action SA se vrot politieke vertoning by die stembus (1.19% in 2024 !) noop hom nou om die nuus te haal deur te help om die werkende DA burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, van ontslae te raak.

Hiermee mag Hermantjie dalk slaag, maar by die stembus gaan sy partytjie nog verder bloei.

Wat sê jy ?

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 10/09/2024 - 10:53

... ek het niks by te voeg by jou kommentaar hierbo nie. Ek ondersteun jou standpunte. Al wat ek wel kan byvoeg is dat dié man my teleurstel - ek het werklik iets beter van hom en sy party verwag.

Irene

Grootwind

Tue, 10/09/2024 - 11:09

Verseker so Len. ASA het duidelik bloedneus gekry met die onlangse verkiesing. En dit sal nie beter met die party gaan tydens 2026 se plaaslike verkiesing nie. Hier in Tswanetoria is dit duidelik dat ASA op soek na meer poste is vir hulle voetsoldate, dink daar is lekker beloftes gemaak voor die verkiesing en nou moet Herman lewer...en hy kan nie. Ironies genoeg is die Tswanetoria Onder-burgermeister van ASA. Onverstaanbaar dat die ANC en ASA nou so lekker saam innie bed wil kruip, en hulle sal ook vriend Juliaaas se troepe nodig hê om enige mosie van wantroue in Cilliers Brink te laat slaag. Behalwe dat die spul as bedmaats die vordering wat gemaak is deur die huidige DA koalisie op te mors dink ek nie die spul sal lank hou nie, ongelukkig ten koste van ons Tshwanetoria inwoners. Hopelik sal "common sense" seevier wanneer die mosie teen Cilliers Brink dien einde van die maand. Maar feit bly staan (glo ek) dat ASA sy agterent gaan sien met 2026 se verkiesing

Pretoria

Geert

Tue, 10/09/2024 - 11:27

Ek dink Herman het gedink as hy saam met DA Pretoria bestuur, is sy paadjie oopgebaan om sy hand in COT se beursie te dit. Dit het seker nou nie geskied nie, nou probeer hy n ander kanaal. Hulle is almal net daar vir selfveryking....voel bokkerol vir hul stemmers of "aanhangers"

Brits

Wessel Strydom

Mon, 16/09/2024 - 13:35

....bly 'n onvoorspelbare gemors. Ek haal my laphoedjie af vir jongmense wat daarvan 'n loopbaan wil maak.

Dit is asof die oorgrootte meerderheid van die politieke  kleurspektrum netnie kan rus voordat hulle 'n werkende goeie stelsel in sy peetjie in opdinges nie. 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 16/09/2024 - 16:49

...moenie bekommer nie, dis nie familie nielaugh Hy is die leier van "missing in action" politieke party.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 26/09/2024 - 17:05

Die leier van die Action SA party, Herman Mashaba (2024 verkiesing se steun was 1,19% !) het toe sy sin gekry om met die hulp van Lusufi (ANC premier) en Malema van die "jy weet wie" party vir Cillier Brink as burgemeester van Tswane te onthef.

Dis nou 'n sprekende voorbeeld om nie 'n hel om te gee vir die inwoners van Pretoria nie, maar om te probeer relevant wees van 'n politieke party wat op die afdaende pad is. Mashaba se eis aan die ANC is dat die nuwe burgemeester 'n Action SA-lid moet wees !  Dit gaan oor poste, nie die belange van die inwoners nie.

Hierdie groepie gaan nog lang trane huil omdat hulle kortsigtige optrede vir die EFF 'n voet in die deur gee.

Irene

Grootwind

Thu, 26/09/2024 - 17:48

Soortgelyke ding het in Oudtshoorn gebeur verstaan ek, so ook Ekurheleni en Johannesburg. In lg twee gevalle is die poppo klaar besig om die fên te slaan. Sal verseker ook in ander dorpe/stede gebeur. Dis mos hoe dit werk, die demokrasie ding is wonderlik maar as dit teen jou werk dan word elke truuk uit die hoed gehaal om steeds dmv die agterdeur in beheer te bly...dit gaan sekerlik alles oor poste en die vreet trog. Klompie jare terug het ou lesoefi mos Tshwane se destydse DA raad onder administrasie geplaas, bine etlike maande daarna het die boeke geswaai van iets soos 'n R200m surplus na 'n R2b tekort (altans volgens ons plaaslike raadslid). Vanaand gaan Tshwanetoria maar 'n donker en depressiewe plek wees. Wonder nou net hoe die ding die RNE gaan raak en of John Deerehuisen en sy lot nou gaan onttrek? Of is die voordele van ministeriële poste te aantreklik om prys te gee? 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 26/09/2024 - 19:45

....sal nie onttrek nie, die salaris en voordele is darem baie lekker.

Tog, in belang van 'n stabiele land en hopenlik ekonomie, hoop ek maar hulle bly deel van RNE.

Ek is net bekommerd dat DA wel op kritiese besluite soos veral nasionale gesondheid, besig is om handdoek in te gooi.

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 27/09/2024 - 11:51

Verstaan nou eers dat ek bokkerol weet van die Politiek daar in Tswane of Pretoria nie.

Gister was ek  lank in die kar, en het op RSG geluister, so bietjie. Wat nogals vreemd is dat die burgers hier wat regtig baie kla oor dienslewering, lyk my baie party lojaal is omrede wat ek hoor, is dat die DA al 6 jaar in die leierskap stoel sit en nog steeds in hul treurmare noem dat hulle ń gemors geërf het. 6 jaar later...en geen verbetring nie is effe swak rekord, of hoe.

So, gee die spul ń kans, hopelik nie ook 6 jaar nie, en die kanse vir verdere agteruitgang is hopelik verminder. Klink my baie of hier ook ondermyning aan die gang is en dalk met die skuif, gebeur wat tans met Eskom gebeur. Perderuiter se demise was die doomsday voorspelling vir Eskom. Wel neef vir een was oortuig, en het so paar pakke kerse gaan koop. En kyk hoe lekker brand ons ligte nou. Pure politieke maneuvers in die werksplek.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 27/09/2024 - 13:45

Dalk moet Grootwind ons reghelp, maar volgens artikel in Business day vandag, was C Brink nou maar net 18 maande aan die stuur. Dit is soos ek dit ook het. Ek kan nou nie so lekker soos Chris B hogere name rondgooi nie, maar Brink se skoon familie is bekend aan my.

Van dienslewering gepraat, ek sien ook die berig dat Binnelandse sake in die afgelope 5 weke reeds 250 000 ID's kon uitreik. Dit klink te goed om waar te wees, slegs minister is vervang met DA  ene, en die masjienerie begin werk.

 

 

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 27/09/2024 - 14:54

... sal Mnr Strydom nou bedoel met "hogere name rondgooi"?surprise​​​​

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 27/09/2024 - 20:27

En moenie vergeet van Oom Pieter (FF+) nie.  Tronke is reeds verras met deursoekings en talle ongemagtigde items en personeel wat laat opdaag vir werk is blootgelê.  Hy het ook onmiddellik Van der Westuizen (wat sy drie kinders een na die ander doodgeskiet het) se parool laat omkeer deur dit na die paroolraad terug te verwys.