Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rona Oktober 2026 saam gesels Johann L -56 minutes ago
daai mannetjies.... Rock View Lodge Nelspruit Wessel Strydom -1 hour ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Ja....die kaal mannetjies Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -1 hour ago
Johann Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Daardie mannetjies wat so… Rock View Lodge Nelspruit Voortrekker -1 hour ago

4x4 AWD oorwegings

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Soms kry mens mos so 'n gatjeuk hunkering, na iets wat eintlik verkwistend kan wees. Ek is nou daar waar ek hunker na iets wat vir my onnodig gaan wees, maar tog 'n  baie interessante onderwerp is om te PROBEER verstaan.

Raak ek toe verstrengel in die aandryf meganismes van Hiluxe, Land Cruisers en Prado's. Dit dek omtrent 'n veld van 4x4 deeltyds, gewone bekostigbarelaugh4x2 soos Grompie, tot permanente alle wiel aandrywing [AWD] stelsels. 

Daarby  word gevoeg opsies soos laestrek ratkaste [boere low range] en al die sluitbare ewenaars, voor, agter en midddel. Dan nog al die ander foefies soos, ekonomies, normaal en sport modes. Dan kom die onderliggende opsies soos sand, modder, gruis, klippe ensovoorts. 

Geen wonder dis makliker om 'n vliegtuig te loods, as om 'n superdoeper 4x4 te bestuur nie. Dit verklaar seker ook die vreeslike pryse vir die begeerlike voertuie,wat veel aantrekliker is  as 'n meisie in leerkleertjies, vir my elkgeval.

Om nou kop of stert uit te maak daarvan, dis nou die 4x4's en nie die kleertjies, kyk ek toe 'n paar opleidings videos van die onderwerp. O gaats, dit maak mens eers deurmekaar!!!! Op die nuwe Land Cruiser 2.8 td is daar op die voorwiele ook nog 'n stelbout wat mens moet stel op auto of lock voordat mens werklik die 4L en 4H funksie kan skakel. Dit weerspreek op sigself die stelling dat die Cruiser 'n AWD is.

Nou wonder ek, waar gaan 'n leek soos ekke vir opleiding as ek so 'n voertuig aanskaf. Ek twyfel of die plaaslike verkoopspersoneel dit kan verskaf. Die info op die internet kan moontlik misleidend wees. 

Moontlik is 'n deeltydse 4x4, met 'n laestrek ratkas die goedkoopste beste opsie vir iemand soos ekke. Ek kan dan inskryf vir opleidingsessie by onse neef Herman, met praktika in Swartberge, Baviaanskloof, en  Die Hel se roetes. 

Op ernstige noot----die Hel [Bybel] kan nie as aantreklik bemark word nie, daarom word die pad soheentoe so aanloklik gemaak op aarde.  

 

  

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 21/11/2024 - 09:36

Vol punte Wessel !! My kennis strek ook net so vêr. Neef kan niks byvoeg nie. 

As jy nou verder gaan oplees oor die all wheel drive wat ook  permanent 4 wheel drive kan wees. Die is meer geskik vir voertuie wat bv ys en gladde paaie ry, en verbeter die padhouvermoë op bv grond en nat teerpad. Selfs op sinkplaatpad sal die wat ń kar so begin jive baie minder wees.Maar.. by all wheel drive kan die krag op aanvraag wissel van sê maar 60% agter en 40% voor. Die nadeel van die is dat dit van elektronika afhang wat betroubaarheid benadeel.

Audi se oorspronklike Quatro was ń "marvel" en het nie op veel elektronika vertrou nie. Maar ek sal moet gaan soek na artikels, sal interessant, ( een broek en twee skoene) wees.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 21/11/2024 - 12:41

....lanklaas volpunte by 'n Prof gekrylaugh

Ek het 'n Proffie op S.Bosch gehad met 'n halwe vinger. Hy het altyd met hande saam punte gesels en beduie, en mens kon nooit meer as nege en half uit 10 by hom kry nie. 

Blykbaar die naaste aan perfekte AWD aandrywing met laestrek [donkieratte] is te vinde in Mitshibushi produkte soos Pajero's en Triton bakkies. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 21/11/2024 - 18:59

Met die wat ek vir Wessel voorstel dat hy Audi se Quatro werking gaan lees, doen neef dit ook uit nuuskierigheid, en kom op ń klompie " nuclear science" af wat net ń Rocket engineer sal lekker verstaan. Nee, wat dit is darem nie so erg nie, net meer kompleks as wat ons plaastiffies ken.

En toe in ń artikel skryf ń joernalis dat die Subaru awd, die heel beste van almal is vir ń verysde pad in Kanada. En daar gaan kyk ek ń video waar die Subaru ratkas/ ewenaar/ oordragkas uitmekaar gehaal word en als  " eenvoudig" verduidelik word. Eish..... 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 22/11/2024 - 08:42

...........julle julleself so besig hou met sulke ingewikkelde goed wat min van ons enigsins iets van verstaan ?

Ek is ook besig met ingewikkelde goed, maar tog meer verstaanbaar en lekkerder. Oor 19 dae is dit Hartenbos-tyd en die Exclusive moet gewas word  -  eers met die "kruiper"  (ChrisS se vertaling van "mover" as ek dit nie mis het nie) uit die garage kry.  My kruiper is 2x4, net twee PowrTutch kruipers op twee van die vier wiele !

Dan moet die rally se tentpale omgeruil word met die voltent se pale volgens instruksies van my bestuurder, volgens haar MOET 'n voltent by die see opgeslaan wees.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 22/11/2024 - 09:30

...nie verveeld nie!!! Ek is op 'n selfstudie kursus oor 4x4 opsies. Marie wou weet wat sy vir my as Kersgeskenk kan koop. laugh

So, as sy naby is in studeerkamer waar rekenaars staan, hou ek my vreeslik besig met 4x4 webblaaie, sketse ensovoorts. 

O ja, ek wil darem die regte "groot woorde en terme" korrek besig as ek in my welgestelde vriende se geselskap is. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 22/11/2024 - 10:10

....as jy 'n opknappingskursus benodig vir jou Namakwa toer, en sand sleep/ry, is "you tube" die plek. 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus