124307 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
 Oom Grootwind gaan seker… DDS (Doen Dit Self) neef Herman -51 minutes ago
Franschoek pas Heuwelsig Franschoek maurits -1 hour ago
Franschoekpas Heuwelsig Franschoek Wessel Strydom -1 hour ago
Karoo padstal Ons 4-maande toer Wessel Strydom -1 hour ago
Sien ons moet die… Heuwelsig Franschoek Jan Meyer -1 hour ago
Grootwind... DDS (Doen Dit Self) Wessel Strydom -2 hours ago

Trev se 2025 Kruger trip

Lyttelton
Submitted by Trev on Sun, 16/03/2025 - 15:38
Forums

Ons beplanning vir 2025 Kruger trip is soos volg (ons eerste kamp trip in die Kruger):

- 8 Junie - Pretoria tot Malelane

- 8 tot 9 Junie - Malelane

- 9 tot 13 Junie - Skukuza

- 13 tot 16 Junie - Letaba

- 16 tot 19 Junie - Shingwedzi

Sal enige en alle raad waardeer - wat om te sien, watter paaie om te ry om wild te sien, ens.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 16/03/2025 - 17:49

... ek aanvaar jy het 'n Kruger padkaart boek.

Omgewing van Malelane:

S118 na Ampie se boorgat vir diere met af horings, en James watergat vir leeus.

S110 vir hoofsaaklik onthoringdes by watergat.

Shingwedzi:

S52 sirkel roete  en Red rocks vir mooi uitsig

Oppad na Letaba stop en eet by Tshkwane, lekkerste ontbyt "jaffels" in koolvuur berei. 

Ek weet die ouens gaan nog baie info byvoeg.  

Malelane kampie mag klein wees, maar sekerlik die netjieste kombuis en ablusie.  

Worcester

Wildehont

Mon, 17/03/2025 - 09:16

Shingwedzi is ons gunsteling ruskamp. Alhoewel die wild nie so volop is as in die Suide nie, is daar ook aansienlik minder toeriste en is dit nie ongewoon om lang ente alleen te wees en net ‘n paar ander voertuie te sien tydens ‘n wildrit nie. 

Die S56 Mphongolo loop is seker my gunsteling pad in die Krugerwildtuin. Veral die onderste (Suidelike) twee gedeeltes. Dis nou tussen die afdraai na die S56 naaste aan Shingwedzi en die S57. Die eerste 32km van die S50 Suid van Shingwedzi by die agterste hek uit die kamp uit is ook lieflik. Dis ‘n uit en terug pad, maar die moeite werd. Ons geniet ook Lamont watergat naby die kamp, en dis altyd lekker om met sononder op die brug oor die Shingwedzirivier uit te klim.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 17/03/2025 - 09:59

... Wildehont se siening oor die S56 en die S50. Ry met laasgenoemde vir minstens 25 - 30km, tot by die laaste watergate, waar die Shingwedzirivier wegswaai van die pad af.

Vir een of ander rede is ek ook baie lief om die rustigheid van Tshanga uitkykpunt te geniet (S52). Die ou kliptafel en boomstomp-sitplekke skep vir my sommer 'n gevoel van outydse wildtuin nostalgie. Meeste van die tyd is ons vinger-alleen daar. Synde dat jy dan ook by Red Rocks verbyry, waar jy ook mag uitklim, kan jy gelukkig wees om af te kyk op iets besonders. 'n Vriend van my het by geleentheid 'n luiperd gekry wat daaronder water drink. Hy sê hy weet nie wie't die grootste geskrik nie - hy of die kuiperd

Worcester

Wildehont

Mon, 17/03/2025 - 11:42

die rustigheid van Tshanga uitkykpunt

Ek en Chris Jnr het in 2023 tot daar gery to Salomien en Kara een oggend verkies het om in die kamp te bly. Ons het uitgeklim en tot bo op die koppie gestap. Ons kry toe daar twee field rangers wat op patrollie was. Ek vermoed hulle het tot daar gestap om selfoonsein te kry.
 

Chris Jnr het baie vrae vir hulle gehad en met groot oë na hulle gewere gekyk. Omdat mens hulle nie baie sien nie, vergeet mens van die mense wat basies ons wild oppas. Dink net hoe erg sou die stropery gewees het sonder hulle. 

Lyttelton

Trev

Fri, 21/03/2025 - 20:39

Het raad nodig rakende roete om te volg van Shingwedzi na Polokwane.  Ek sien daar is 3 roetes:

3 hr 55 min

260 km

via R81

Fastest route

Details

4 hr 11 min

283 km

via R81 and N1

4 hr 29 min

319 km

via R71

 

Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 21/03/2025 - 21:46

Ek kan ongelukkig nie vir jou inligting gee tov die roete waaroor jy navraag doen nie. Wat ek wel vermoed, is dat wanneer jy eers in die wildtuin is, jy gaan wens dat daar geen roete "uit" is nie - of ek altans hoop dat dit ook jou ondervinding gaan wees. Selfs op 'n dag wat daar min diere is, is daar soveel meer om te geniet - die allermooiste bome, rustig te sit by 'n watergat of uitkykpunt, mooi voëls, stilte, naggeluide en vele meer. Ek dink vir 'n eerste besoek is jou bespreking perfek uitgewerk en ek toer al in gedagte saam. 

Net meer as twee maande!! Lekker beplan en droom.

Wanneer die ou omies môre opstaan gaan jy jou antwoord kry - baie sleep daardie roete laugh

Brits

Wessel Strydom

Sat, 22/03/2025 - 06:23

...die ou omie se raad gaan bepaal word deur die vraag;

by watter hek wil jy die wildtuin verlaat??

1] Dit klink of jy bo by Punda Maria wil uitkom. Dan kan ek nie 'n aanbeveling maak nie.

2] Indien jy egter by Palaphorwa hek wil uitkom, kan ek voorstelle maak. Ek gebruik slegs die hek vir in/uitgang vir die Noorde gedeelte. Ons gaan Meimaand vanaf Tsendze uit by P.Borw en dan slaap ek eers daar in P.Borwa Safari Park [Aventura oord]. Dus maak ek laaste dag in wildtuin 'n rustige wildrit, en volgende dag kort in tyd terug huistoe.

Van P.Borwa af sleep ek R71 al die  pad tot by Tzaneen. Vandaar het jy drie opsies;

a] Bly op die R71 maar reguit by Tzaneen vir Heanertsburg met Georges valley pad.

b] By Tzaneen draai regs op R36 en na entjie draai links vir R71 om met Magoebaskloof deur na Heanertsburg te sleep.

Paaie a en b kom by Heanersburg bymekaar.

c] Ry op R36 tot naby Mooketsi om te draai op R81 vir Munnik na Tzaneen. Ek het nog nie solangs gesleep nie. 

Wat ry oppervlak en padgehalte aanbetref, is Magoebaskloof tans my keuse, veral terug want mens trek [berg op] die hele tyd. 

Laat hoor wat jy dink van voorstelle 

 

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 22/03/2025 - 06:57

... ek het al die genoemde opsies gery. Maar die feit dat daar van tyd tot tyd "probleme" op die R81 is, ry ek die laaste tyd pal die R71 via Magoebaskloof. Ek gaan dit ook in Augustus ry wanneer ek van Eiland Spa af vertrek.

Lyttelton

Trev

Sat, 22/03/2025 - 07:11

Baie dankie Wessel en ChrisB - ek sal Magoebaskloof ry - hopelik sal 455kW en 740Nm genoeg wees om die Exclusive teen die bulte op te kry. 
Die beplanning is om tot in Polokwane te ry wanneer ons van Shingwedzi afgaan en daar by vroulief se eerste keuse hotel oor te slaap. 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 22/03/2025 - 07:16

is mos reeds byderhand dan nie. ?? My idee van 'n Exclusivelaugh

Met al daai perde sal jy die handrem moet optrek teen Magoebaskloof

Lyttelton

Trev

Sat, 22/03/2025 - 20:44

is ‘n Range Rover SVAutobiography 5.0 Supercharged wat iemand ‘n towerstaffie (remap) oor geswaai het.  Dit kom uit die fabriek met 405kW en 680Nm - in VSA werk hulle glo die towerstaffie tot so ‘n mate dat omtrent 495kW en 855Nm gekry kan word. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus