Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Brits is ongemaklik warm Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Rona en molle... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
donderbui.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Die weer in Dullstroom Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Son is rof Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
15 Oktober - vm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago

En nou broer ????

Pretoria
Submitted by Slowstrike on
Forums

Ek sit laat agtermiddag op die stoep - yskoue Castle in die hand, die mal rifrug van my jaag tarentale wat hoenderkos wil steel, vroulief is besig om 'n rooibokboud (het heel toevallig voor die bakkie ingeloop; julle weet mos) in die oond te druk, toe ek amper die bottel insluk na 'n moerske slag en gil van agter die waenhuis.

Die rifrug skrik homself in 'n ander bloedgroep in, vroulief gee 'n gil wat die dode kan wek, my trotse haan val hom des moers van sy stok en ek mors van die kosbare koudheid.

Kom my jongste knaap om die waenhuishoek gehol met 'n stofstreep agter hom aan, spoegslierte om die mondhoeke, skreeuend van ver af: "Pa moet gou kom, hier het 'n lelike ding gebeur!!"

Ek storm soos 'n wafferse voorspeler die trappe af, slaat oor ons werfkat neer, spring op - so in die verbygaan skop ek die arme kat amper in 'n gehoortoestelletjie in - en gryp my seun aan die skouers. Die hond raak verbouereerd, gryp my aan die broek. Vroulief, pan in die hand - minus die boud - storm my uit die pad, slaat die hond vir 'n ses met die pan, gryp my seun by my en hyg: "Is jy oraait? Het jy seergekry?"

"Nee, Ma!" met so 'n vriesbrand stemmetjie, "Dis Jakobus, Ma, hy het die longdrop opgeblaas."

Nou moet ek eers verduidelik: agter die waenhuis het ons 'n longdrop gebou vir die werkers, vat te veel tyd as hulle eers kamers toe moet loop vir die dinge van die natuur; dinge kan partykeer jaerig raak so met die werk en eet saam. Veral vir Jakobus, my butler, soos ek hom noem.

"Is Jakobus oraait? Leef hy?" hyg skreeu vroulief met 'n aamborstige Gunston-stem. Nie dat vroulief enigsins rook nie.

"Ja, Ma, hy't 'n vuurhoutjie in die skag afgegooi terwyl hy op die troon gesit het, Ma! Sy kroonjuwele en exhaust is geskroei, Ma!"

"Swerwer, gaan kyk of die man nie dood is nie," word ek beveel.

Nou met vroulief praat jy nie teë nie, veral as haar stemmetjie so ? oktaaf styg.

So staat ek en kyk na Jakobus se agterent en juwele, hy gebukkend, toe Dominee skielik om die hoek kom. Was so beïndruk met die werkinge van metaangas dat ek nie die motor hoor stop het nie.

"En nou, broer?" wil Dominee met skok in sy stem weet.

Ek skrik my amper bo-op Jakob se rug en probeer terselfdertyd sy broek optrek. Hy brul en gil van die pyn en probeer uit die broek ontsnap.

"Nee, Dominee, man, gee bietjie hand, Jakob wil nie stilstaan nie," hyg ek uitasem.

Dominee ruk hom om, marsjeer stywebeen en baaaaie vinnig terug na sy motor. Ek staan vasgevang tussen Jakobus se pyn en Dominee se gedagtes.

"Te dinges met jou, Dominee," dink ek by myself en trek weer Jakobus se broek af. Met dié draai Dominee om en sy mond gaan oop om iets te sê, maar geen woord kom uit by die aanskoue van die af broek. Hy staat en gaap-gaap soos 'n vis op droë grond voor hy homself in sy motor boender en met skreeuende bande wegtrek.

Intussen het Jakob homself uit sy broek bevry en daar gaat die man op loop reguit na sy kamer toe. Sy vrou het hom op 'n afstand sien aankom, vasgesteek, en weer gekyk, 'n smile op haar gesig gekry en begin om haar bloes los te knoop. (Ek het eers later by Jakob verneem hulle was teen daardie tyd al twee weke nie op "speaking terms" gewees nie.)

Toe Jakob die deur langs haar ingedraf kom, gee sy hom 'n speelse klap op die boud, op die eina. Die man pak 'n paar Dunlop-briekmerke teen die grond vas, swaai om en maak vir die sementdam.

In die hardloop besluit Boel, my rifrug, hierdie is 'n lekker speletjie en hap speels aan Jakob se alie. Jakob trek sy twee boude inmekaar soos 'n uitgedroogde lemoen en duik vir die dam, saligheid klaar op sy gesig, maar ongelukkig skuur sy twaksak teen die damwal.

Borrels met onaardse geluide binne vasgevang bars bo die oppervlak uit.

Al wat Jakob uitkry met sy kop bo die water: "Jo-jo, nooit poep ek weer!!"

Kyk, die ding tussen my, Jakob en dominee het geloop pla. 'n Anderse soort branderigheid hierbinne waar jy nie vatplek kan kry nie, toe gaat maak ek die saak met dominee reg. Hom mooi verduidelik van die omstandighede en gebeure. Daarna was dominee saf, maar ook nie te saf nie, wou nooit weer alleen saam met my iewers heen ry nie, en by die kerkbasaar het hy mevrou Dominee altyd styf onder sy arm vasgeknyp as ek sou nader staan.

Ek dink ook nie dit het gehelp toe ek na maande weer my gesig in die kerk wys, en my neef wat van Amerika besoek, sy oë op die Nagmaaltafel gerig, kliphard laat hoor het: "Jis, ek hou van dié kerk, hulle het shooters."

Port Elizabeth

Frieps

Tue, 23/05/2017 - 08:48

Dit was nou 'n lekkerlees storie!   Arme ou Jakob kry ook nie juis simpatie van iemand nie.  Ek hoop iemand het aan hom verduidelik dit is nie net die wind wat dit veroorsaak het nie, dit is die vuurhoutjie se trek saam met die wind wat die ding gedoen het.   Anders loop hy dalk boonop vir die res van sy lewe met 'n opgeblaaste maag.laugh 

0

Puik ,puik storie lekker gelees en gelag .Is daar van die manne en mannine hier wat sulke oulike stories kan vertel .Komaan broers en susters deel julle lawigheid met die res van ons

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus