Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -44 minutes ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -1 hour ago
Double cheese burger November 2026 Geert -6 hours ago
30% November 2026 Geert -13 hours ago
see water November 2026 Geert -13 hours ago
KI November 2026 Rona du Plessis -17 hours ago

Len in die Kruger Wildtuin in Augustus 2026

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek weet dis nog 6 maande voor Augustus, maar ek weet ook Kampforum-vrinne hou daarvan om deel te wees van 'n ou se beplanning op 'n lekker wegbreek. Gegewe dat my omstandighede tot gevolg het dat ek nie meer kan karavaankamp nie, het ek gewonder met wie gaan ek nou my opgewondenheid deel oor 'n nie-kamp Wildtuin-vakansie ?  Gelukkig het ChrisB vir my gewys dat die Kampforum-vrinne netso lekker saamgesels al is daar nie 'n karavaan ter sprake nie.

Nouja, hier begin my storie : Vandat my karavaan verkoop is, kyk ek daagliks die TV-program WildEarth wat 24-uur daagliks vir jou in-tyds opreis neem met 'n toergids by verskeie wildtuine in SA en omliggende lande, maar veral by SabiSands en ander kleiner wildtuine. Hierdie program het my lus vir die Kruger Wildtuin aangevuur om plan te maak om so gou moontlik weer daar te kom. Dis nogal 'n helse aanpassing om nie 'n kampeer-bespreking te doen nie, maar wel 'n vaste-akkommodasie bespreking, maar ek is daardeur en dis gedoen.

My kinders deel my opgewondenheid, maar was uiter bekommerd dat hulle 79-jarige pa alleen die tog van 2000km van die Kaap af en nog 2000km weer terug aanpak.  Hulle wou gehad het ek moet eerder vlieg en 'n kar huur.  Ek is egter allergies vir vliegtuie (het oorgenoeg daarvan in my werker-dae gehad) en dit sal 'n gelol wees om my getroue Nissan Pathfinder tuis te laat. Dus :-

Ek en my broer (hy is 81) is ons ouers se enigste kinders en ons het geen ander oorlewende familie nie, behalwe ons eie kinders. My broer en skoonsuster woon die afgelope 29 jaar in Oostenryk waar hy verbonde was aan die Universiteit van Wenen voor sy aftrede.  Hy was ook vir jare lank 'n ere-veldwagter in die Kruger Wildtuin en is netso lief vir dié plek soos ek. Maar ek en hy was  laas saam met my ouers  in die Wildtuin toe ons nog skoolkinders was. Ek kom toe op die blink gedagte af om hom en my skoonsuster te nooi om saam met my aan te sluit in die Wildtuin dan kuier ons sommer in die wildtuin saam. Die uitnodiging is onmiddellik aanvaar.  Nou vir my kinders se beswaar dat ek alleen van die Kaap af Wildtuin toe ry : My broer se ongetroude dogter is 'n lektor aan die Universiteit van Bournemouth in Engeland en sy wil graag saam ! Toevallig werk haar universiteit en die Universiteit van Kaapstad saam aan een of ander projek en daarvoor moet sy Kaap toe kom.  Sy gaan dus Kaap toe vlieg vir die projek en dan ry sy saam met my tot in Pretoia, natuurlik met my Pathfinder ! Haar ouers vlieg dan van Oostenryk af Pretoria toe en alvier van ons ry saam in die Pathfinder Wildtuin toe.

Ons het drie hutte in Berg-en-dal en drie hutte in Letaba bespreek, 5 dae in elke kamp, vanaf 6 Augustus tot 16 Augustus 2026. Dis nogal wyd om die 240km te ry vanaf Berg-en-dal tot by Letaba, maar teen 30kpu (ChrisB se spoed) behoort dit 8ure te duur terwyl ons 12ure beskikbare het vanaf 06:00 t0t 18:00

Nouja, dis die plan tot dusver. Ek vertel later verder as ek julle nie vereel het nie.

 

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 20/06/2026 - 06:22

My gunstelingkamp wanneer ek van vaste akkommodasie gebruik maak. Maar o wee - vanaf B&D daarnatoe kry jy eers ver, dan baie ver, dan flippen ver - en dan kry jy eers vir Mopani. Sterkte met daai afstand.

Voorkeure verskil van mens tot mens, maar ek sou maar gedurig die Sanparks-web dophou om te sien of daar nie nader kampe (bv Olifants of Satara beskikbaar raak nie)

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 28/06/2026 - 16:03

Hi Chris !

Jou kommentaar 'n week gelede verwys.

Ek stem saam dat ek ook sou verkies om nie so ver tussen twee kampe te moet ry nie, maar ons verblyf-behoeftes in vaste akkommodasie (drie eenhede) is van so 'n aard dat ons moeilik dieselfde verblyf (drie eenhede) in 'n ander kamp met 'n kansellasie sal kry.

Om van B+D tot by Kruger-hek te ry en dan oor Hayzyview, Klaserie, Hoedspruit, Mica tot by Phalaborwa-hek is 300km en teen 50kpu neem dit 6 ure. Van die hek tot by Mopani is 80km en teen 30 kpu neem dit 3ure - in totaal is dit 9 ure terwyl ons 12 ure beskikbaar het.

Ek besef dit is rof, maar dit is tog doenbaar.  Sou ons tydens die rit agterkom ons gaan dit nie maak nie, kan ons altyd een nag in die Wildtuin opoffer en iewers buite die Wildtuin oorslaap.

Ten spyte van die voormelde, sal ek tog poog terwyl ons in B+D is om 'n alternatief vir ons akkommodasie-behoefte by 'n nader kamp te probeer kry.

Die rede hoekom  ek so naarstiglik poog om hierdie Wildtuin-besoek ten alle koste deur te druk, is dat ek net duskant 80 is en my broer is al anderkant 80.  Ons het albei redelike ernstige gesondheidsprobleme en omdat hy oorsee woon is die kanse skraal dat ons mekaar weer sal sien, veral nie in die Wildtuin nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 28/06/2026 - 16:14

...ek wil voorstel, ry deur die wildtuin. Dit is net 283 km tussen B&D en Mopanie. Teen 'n gemiddelde spoed van 40km/hr, is dit 7 ure se ry. Baie meer opwindend as buite om, en veiliger.

Ry lekker vroeg uit B&D, as hek oopmaak, en stop vir happie kos by Tshokwane. Julle kan elkgeval eers na 14hoo toegang na huisvesting kry. 

Moet net nie lank stop by wild nie. 

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 28/06/2026 - 18:09

Ten spyte van die voormelde, sal ek tog poog terwyl ons in B+D is om 'n alternatief vir ons akkommodasie-behoefte by 'n nader kamp te probeer kry.

Wat is datums? Kan help loer

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 28/06/2026 - 19:02

My keuse tov die twee roetes sou waarskynlik die wildtuin-opsie wees. Dit is veiliger en die padoppervlak sekerlik beter as by tye op die openbare paaie. Ry vroeg, hou stoppe so min as moontlik en kort. Maar dan moet die bestuurder nie so meegevoer raak en vergeet om te ry nie - met my gebeur in April. Ons het van B&D af gery Satara toe - vinnig koffie gemaak by Afsaal, nie ingedraai by Skukuza nie, klein rukkie spandeer by Leeupan, nie by Tshokwane gestop nie - en dit het ons 7.5 ure geneem. Maar dit kan gedoen word.

In April het ons ook by Kruger-hek uitgery. Die padoppepvlak was verbasend goed, met feitlik geen slaggate nie, tot 'n paar kilometer voor Hazyview waar dit nogal 'n uitdaging was. Ek kan ook nie kommentaar lewer op die pad van Hazyview tot Phalaborwa-hek nie.

Een groot voordeel van buite-om ry is die feit dat julle 'n keuse het om iewers oor te slaap indien dit nodig sou wees (om watter rede ookal).

Hierdie is nou weer een van daardie moeilike maar lekker besluitelaugh

Afstand / Tyd Tabel in die wildtuin-kaartboek: B&D - Satara: 6h50 en Satara - Mopanie: 4h40. Totaal 11h30. Mens kans beter beter doen as dit sonder om perke te oorskrylaugh

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 28/06/2026 - 20:03

.................dankie vir die aanbod om te help soek vir 'n alternatief vir Mopani, dus 'n bietjie nader aan Bergendal.

Ons is bespreek by Mopani vir 5 nagte vanaf 11/8 (in) tot  16/8, dus 17/8 uit.  Dit moet drie rondawels wees of 'n gesinshuis met drie slaapkamers.

 

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 28/06/2026 - 21:33

................verkieslik nie, dis te naby aan B+D. (Ai, ek weet "beggars can't be choosers", maar sal regtig 'n bietjie hoër op waardeer)

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 01/07/2026 - 16:40

Vandag oor 'n maand vertrek ek met die Pathfinder uit Kaapstad Wildtuin toe.  Ek sal dit stadig neem (soos dit 'n ouman betaam) en gaan eers op 6 Augustus die Wildtuin binne.

Met die verkoop van die Exclusive het ek 'n klompie kampeergoed teruggehou wat ek vir familie in Petoria wil gee, onderandere 'n vrieskassie, multiroom met pale ens.  Dit het tot gevolg dat ek maar my bagasie-sleepawaentjie sal moet saamsleep. Hierdie sleepwaentjie het laas in 2017 die 4000km Wildtuin toe en terug afgelê met nuwe bande en nuwe wiellaers. Sederdie staan die waentjie in 'n motorhuis, gelukkig beskerm teen die elemente.

Myne het nog die 10" wieletjies en ek is skrikkerig om die pad aan te pak met 10 jaar oue bande want sou ek langs die pad 'n band bars, hierdie grootte bande is skaars en nie oral beskikbaar nie. My bandhandelaar het vir my twee nuwe bande opgespoor, maar die koste daarvan beloop R3170 vir twee bandjies !

Wat sê die slim mense, nie die banges nie ?

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 01/07/2026 - 16:55

....die mees logiese besluit sal wees om die nuwe bande op te sit. Vat sommer die waentjie na Pine om die wielaers na te gaan, 10 jaar is 'n lang tyd. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 01/07/2026 - 17:10

... ek reken dit is 'n wyse besluit om die bande te vervang. 

Is dit o.a. jou Edesa-kassie wat jy laat gaan? Indien wel - is daar vir jou darem baie nostalgiese herinneringe aan verbonde.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 01/07/2026 - 17:27

Soms is courier goedkoper en minder stres op die pad. Ek het paar jaar terug 2x multirooms by Jan Meyer gekoop toe hy nog in Durban gebly het. Ek het The Courier Guy gebruik wat baie billike tarief gehad het. Ek dink ek het net so oor die R400 betaal destyds....dit sal natuurlik nou duurder wees, maar sal nie eers die helfte van wat jou bande sal kos nie. Dink ook aan brandstof kostes...alhoewel trailer lig is, gaan daar oor die 1500km x 2 ...3000km wel koste impak wees

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 01/07/2026 - 17:46

Indien dit die Edesa is waarvan Chris praat, kan moontlik nog hierdie trippie diens doen en eers met die terugkeer in Pretoria afgegee word?? Die rede om die waentjie te sleep kan heelwat voordele inhou vir 4 volwassenes met bagasie en eetgoed.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 01/07/2026 - 17:49

Geert se idee stem ek mee saam Len. 

Twee van ons kampmaters het al vir my items ge-koerier. Willem van Phalaborwa het n stel Jurgens Stabilisers gestuur en Frans Pretorius n groot Rally afdak. Ek het die Koerierkoste betaal en dit was nie veel nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 02/07/2026 - 13:15

.............vir almal se terugvoer.

  • Wessel, ons dink eners. Ek gaan maar twee nuwe bande koop en die beste van die twee huidige bande hou vir die spaarwiel.  Die spaarwielband is 20 jaar oud en het nog nie een tree geloop nie !  Wat die wiellaers betref, het ek al verlede week 'n afspraak by Pine gemaak om op 23/7 wiellaers te bekyk.
  • Chris ja, dis my ou getroue Edesatjie wat ek aan my peetkind wil gee wat onlangs getroud is en ook hou van die kamp ding in veral die Wildtuin.
  • Geert & Herman, soos Rona uitwys, dis ek en drie oorsese gaste wat saam reis, dus sal die sleepwaentjie handig te pas kom. (Dit het die voordeel dat al het ek nie meer 'n karavaan om te sleep nie, het ek darem weer 'n sleep-dingetjie agterna !
  • Rona, ons dink ook eenders.  Die Edesa gaan nog diens doen in die Wildtuin voor ek hom afstaan aan my peetkind.
0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 02/07/2026 - 13:28

...jy moet net onthou van die sleepwaentjie agter die Padvinder. Jy kyk hom dalk geheel mis in die truspieëls. Of het jy vlaggies aan die waentjie.

Ek sleep eerder 'n wa wat ek kan sien, as so 'n klein plat waentjie.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 03/07/2026 - 08:01

Wat ek miskien kan voorstel is om die laaste aand by Berg en Dal.....die 10de te veruil vir daai eenhede by Satara. Dit is lekker halfweg stop oppad noorde toe en gee goeie wilds besigtinging trip oppad soontoe ipv omry buite park. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 03/07/2026 - 21:29

...................Geert.  Hy het my ook nog vanoggend gebel oor die oornagplek by Satara.

Ek het met my oorsese gaste gesels (met uitsondering van een van die drie is hulle ouer as ek !) en hulle voel ons moet maar probeer bly by net twee kampe se uitpak en weer inpak.

Ons gaan dus Wessel se voorstel hierbo aanpak en die 283 km binne die Wildtuin aanpak  -  teen 30kpu sal dit ons 10 ure neem en teen 40kpu sal dit ons 7 ure neem en ons het in Augustus 12 ure tyd tussen 06:00 en 18:00.

Baie dankie Geert vir die spesiale moeite wat jy gedoen het om ons te probeer help.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 03/07/2026 - 21:45

Soos die duiwel dit nou wil hê het die Pathie se "cruise control" nou buite werking gegaan en ek vind dit 'n noodsaaklike stukkie toerusting vir die langpad en veral in die Wildtuin.

Ek is vies vir die plaaslike Nissan-agent, hulle is skielik nie meer baie behulpsaam nie en is vrek duur.  Ek wil dus nie by hulle gaan aanklop vir hulp nie.

Ek wonder nou watter tipe tegnici doen herstelwerk aan "cruise controls" ?  Sou dit dalk motorelektrisiëns wees of dalk motorradio-installeerders/herstellers  ?

Dis nie 'n sekeringsprobleem nie, want dit skakel aan en af (ek kan op die paneelbord sien), maar die stelsel wil nie op die gekose spoed aktiveer nie.  Google meen dit kan die "actuator" wees wat die gees gegee het en vervang moet word. Die eienaarshandleiding sê in so 'n geval moet die kar na 'n Nissan-handelaar geneem word.

Enige raad ?

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 04/07/2026 - 08:36

Ek sal raai dat enige auto-elektrisien sal kan help. Soek op internet vir sulkes in jou omgewing. Dalk sal Pine weet van persone wat kan help. 

Ek hou ook van die handige katoeter, veral op die ooppad. Gebruik dit selfs as ek woonwa woonwa. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus