Ek sit tans hier by een van my gunsteling besprekings kantore....Sanparks hoofkantoor. Ek moes inkom om my wildtuin bespreking te finaliseer aangesien en paar besprekings het wat een opmaak en sommige dae oorvleuel het.
My finale beplanning is om 18 Julie by Satara in te klok. Daar gaan ons vir 6 aande bly. Daarna is dit Lower Sabie, Skukuza en laastens Malelane waar ons elkeen 3 aande gaan vertoef. Tyd stap nou vinnig nader en sien baie uit
Stil...7x staanplekke
Is maar stil in die kamp....slegs 7x staanplekke geneem. Stelsel wys al klomp maande vol. My bespreking het vanaf n kanselasie gekom. Maar ek kla nie.....lekker so stil
staanplek keuse...
....seker ook gebaseer op naaste afstand ablusie toe.
As jy by ablusie staan en vir jou wa kyk, het ons aan regterkant by daai groot koeltekol/boom gestaan. Aan die boom se regterkant, nie die plat kol aan jou wa se kant nie.
Stil dag gehad
Dit was heeldag bewolk en koel...dit het bietjie gereen toe ons kamp opslaan. Ons het 3 leeus in die pad gekry oppad hiernatoe....omtrent 2km voor daai groot rots waarop jy mag uitklim. Ons het toe Berg-en-Dal rigting gery en S110. Toe na golfbaan vir lekker ete. Die kos bly maar n winskoop daar en heerlik. Vandaar ent uitgery op S25, verby dam en toe na Ampie en met die loop terug wat weer aansluit op S25. Toe weer met S110 en via Berg-en-Dal terug na kamp....basies net olifante en rooibokke gesien. Sit nou en kyk vir Bushbabies wat spring op heining pale. Daai hondjie op laaste foto is golfbaan bestuur 6 weke ou Beagle Africani kruising
Besonderse ...
... mooi foto - daardie tweede laaste een. En die hondjie?? Vertel meer.
Ons het ook verlede jaar die nagapies, wat van paal tot paal spring, baie geniet.
Koel dag...
en veral nog reënerig ook is gewoonlik welkom in 'n anders baie warm wildtuin - miskien ook die rede dat diere nie baie rondbeweeg het nie. Dankie vir die mooi foto's.
Leë kamp vs vol op besprekingstelsel - het 'n goeie idee waarom dit so is, maar mens mag dit nie sê nie.......Dit sal miskien heel anders lyk indien daar 'n "boom" by elke kampterrein aangebring word waar mens jou bespreking moet toon (soos vroeër by Satara).
Pragtige hondjie - ek wens!! maar dit pas nie meer in by ons kom-en-gaan.
Dankie Geert
Jislaaik, die golfbaan se kos is heerlik. Ons het gegaan vir vis en chips.
Daardie hondjie gaan eendag vir ander honde vertel hy het groot geword in wildtuin. Min wat dit kan se.
Groete
Malelane se nagapies
Ek dink wanneer mens gereeld in dié kampie bly is dit baie moontlik dat jy meermale dieselfde nagapies sien. Dit lyk asof hulle in die natuur tussen 3 en 10 jaar leef.
Hulle is vreeslik oulik, maar ek het ook sopas gelees dat hulle gereeld hulle pootjies met urine was
So, wanneer ons stoele, tafels, braaie ens. saans buite staan, loop dit goed deur.....
31 Julie
Ons was vroeg in die veld vanoggend. Teerpad geneem na Ampie se boorgat en Gardenia pad. Ons het dieselfde pad teruggery teerpad toe. Vandaar steil pad oor na S110 na Berg-en-Dal...bittermin gesien, nie eers olifante nie, net so nou en dan n rooibok. Toe ons by Berg-en-Dal aansluiting kom lê daar n luiperd reg voor ons oorkant kruising voor kamp hek. Hy was besig om n bok te jag....paar keer voor ons ge-leopardcrawl en toe blitsvinnig regs in bosse. Ons het nog wyle probeer kyk of ons nog aksie sien, maar niks. Vandaar is ons Malelane golfbaan toe vir n ete. Na dit besluit ons om weer Berg-en-Dal toe te ry om te sien of luiperd miskien n bok in boom opgetrek het. Niks in boom nie, maar sien tie n rooibok wat n groot hap uit haar lyf het....seker so 15cm in deursnee. Ek dink dit was daai luiperd se werk....wond was nog rou. Dis nie lekker om n dier só te sien nie. Ek sal later duideliker foto van my vrou se kamera aflaai. Vandaar is ons terug na Malelane se kant en word so 3km buite Berg-en-Dal verras met n pragtige leeu sighting....was moeilik om te tel hoeveel omdat hul heen en weer oor pad is, maar was ten minste 6x leeus. Meeste was op video geneem was ek later sal plaas as youtube videi. Na dit weer met S25 tot by Gardenia en toe weer Ampie, teerpad, S110 en terug in kamp....baie stil, net lastige olifante gehad. Nog niks renosters hier by Malelane area gesien nie
Kompetisie
Leeus vs Luiperds. Is dit nog aan? Ek voorspel dat ekstra tyd ter sprake gaan kom om die uitslag te bepaal. Malelane kamp is mos hoeka nie naastenby vol nie.....![]()
Arme rooibokkie. Wonder of sy dit kan oorleef met so 'n groot seerplek.
Nagapie kaperjolle
die nagapies is rats opdie drade. dit laat my nogal wonder, is daar ooit nog elektrisiteit gekoppel aan die drade.
Ons het ook min/geen renosters in Malelane en B&D omgewing gekry nie. Kan dit wees dat die renosters na veiliger gebied geskuif is??
Elektriese drade
Ek dink daar is tóg elektrisiteit in die drade rondom Malalane. Ons het verlede jaar gehoor dat daar 'n olifant iewers naby die draad besig was om te wei, maar kon dit nie sien nie a.g.v. die donkerte.
Ons karavaan was minder as 3 meter van die grensheining af en ons het skaars aan die slaap geraak toe die ou skielik met 'n hengse trompetter weghardloop van die draad af. Ek is oortuig die ou het aan die elektriese draad geraak.





Sandslang
Ons het enkele jare gelede só 'n sandslang, te pragtig opgekrul terwyl dit in die son lê en bak, regoor Onder-Sabie se Ontvangs, gesien. Kon die pragtigste naby foto's daarvan neem.
Ons het vanjaar net een slang in die wildtuin gesien - sowat 'n meter lank, maar te vinnig van die pad af om te identifiseer.