So paar jaar terug besluit ek met die duur Petrol prys om vir Petra en myself fietse aan te skaf.
Koop toe maar 'n Tandem op daai manier bly ek darem in beheer want ek sit voor so ek besluit waar ons gaan en waneer ons stop.
Gaan haal toe die fiets daar by Brouwer Broers in Pta en neem die ding toe vir 'n toets rit. Ry sommer reguit noord met Voortrekker weg [G'n mens weet wat is die naam nou nie] van Brouwer broers af. Nie lank nie of ons slaan daai opdraende oor die nek Sinoville toe.
Man ek daai blerrie fiets later in two wheel drive in sy donkie rat, sommer die dif locks ook aan en net vir die wis en die onwis sit ek sommer die gear lock aan!!
Uiteindelik is ons bo met so uitsig op die Wonderboom, maar kyk ek is moeg - tot in die lewe toe, my bene beef, ek kan amper nie praat nie, seg ek vir Petra, bliksemstraal maar dit was nou omtrent 'n opdraande, reken sy "Ja dit was so steil ek moes heelpad briek trek dat ons nie agteruit gaan nie!?"
Arie, ek wonder nou, sal ek…
Arie, ek wonder nou, sal ek die karavaan kan sleep met so een ?
Sal seker by 'n ander plek moet soek want daai broers is nie meer daar nie.
Enige aanbevelings ?
Daai Baie sukkel
@ Arie ja swaer moet se dis bietjie voor my tyd ek ken nie van die Tandem baie sukkels nie .In my se jong dae was die "Chopper " sulke oranje goed jy weet die 1 met die klein wieltjie voor en die groot wiel agter en nogal 3 spoed wat jy so tussen jou bene verwissel .Dit was nou n opregte resies fiets daai ene





Laat dit nou vir jou 'n les…
Laat dit nou vir jou 'n les wees, jy moes daai baie-sukkel om draai, dan het julle mos heeltyd afdraend gery. Ai party mense hou van sukkkel.?