Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Huur Help met kamp beddens en… Geert -2 hours ago
Kamp goete Help met kamp beddens en… Wessel Strydom -4 hours ago
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -10 hours ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -11 hours ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -12 hours ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -13 hours ago

LALLIE SE ONGENOOIDE GASTE

Pretoria
Submitted by Slowstrike on
Forums

Lallie val plat agter die stuk krok wat voor haar huis geparkeer is. Sy kan stemme vanuit die huis hoor. Háár huis. En sy was nie eers tuis nie! Sy stoot haar Spar sakkie met die stukkie kaas en tamaties onder die voertuig in en voel aan haar buuste vir haar selfoontjie. Iemand lag kliphard in haar sitkamer. Sy druk bewerig die nommers op die rooi foontjie en hou dit teen haar oor. ...

"Goeie dag, dis Salomé wat praat."

"Jy is nie meer by daardie trokmaatskappy nie," raas Lallie. "Jy kan net sê 'hello'," sis Lallie.

"Love you too, sister," lag Salomé.

"Is jy by die huis?" fluister Lallie driftig.

"Ja. En hoekom vra jy? En waarvoor fluister jy so? Is die Mormone weer by jou voordeur?"

"Nie na ek die laaste keer die deur kaal oopgemaak het nie," giggel Lallie. "Maar dis nie hoekom ek bel nie. Daar is mense in my huis!"

"Hoe weet jy dit?"

"Want hulle ry 'n Datsun one-twenty-why, so kapoen kleur een, en hulle is in my huis! Sonder my!"

"Lallie,het jy inspuitings gekry na die laaste hondbyt? Jy klink bietjie dol," sê Salomé droogweg.

"Nee, rêrig. Ek het gou Spar toe geloop, en toe ek terugkom sien ek die kar hier, en hoor hoe die mense fuif. In mý huis!" Haar stem gaan 'n paar oktawe hoër. "Hoe de jimmel kom hulle daar binne? Die sleutel is in my bra!"

"Nou bel die polisie, nie vir my nie! Bly net daar, ek kom nou!"

So vind Salomé vir Lallie plat op haar maag agter die geroeste Datsun. Sy kruip op haar kniëe na haar suster toe en gaan sit plat op haar boude. "Het jy die polisie gebel?"

"Hulle antwoord nie."

"Ek het 'n plan," fluister Salomé. "Los die kaas en tamaties hier. Bêre jou selfoon. En volg my."

Daar kruip die twee middeljarige vrouens soos lamgebore varkies oor die sypaadjie, laag genoeg dat die lot in die huis hulle nie kon sien nie, en stoot die klein hekkie oop.
Die stemme in die huis klink of hulle partytjie hou. Salomé beduie met haar oë vir Lallie om deur die hekkie te kruip tot agter die groot laventelbos. Salomé is kort op haar hakke.
Toe bars alle hel los. 

Lallie het die een tak effe kant toe gedruk om iets te probeer sien, toe was dit nie 'n laventeltak nie, maar 'n perdebynes. Sambokslae uit die angels reën op die twee susters neer, en albei vlieg gillend op en pluk hulle klere uit terwyl hulle na die voordeur hol. Die deur gaan net betyds oop om hulle in te laat. Twee rooigesig, ouerige, gewonde, half kaal vrouens staar in die gesigte van ses jongmense.  Een man tree na vore. Hy maak keel skoon. "En dit, mense, is my peetma, Lallie Liebenberg," sê hy en probeer hard om nie te lag nie. "En haar suster, Salomé."

(Met erkenning aan Sonja Brown)

0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus