Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57209 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ek gebruik heel balm. Dit… Stof tot nadenke Dusty -16 minutes ago
Goeie môre almal hier op die… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -1 hour ago
Baie Welkom Ermiena, Kaptein… Welkom Voortrekker -11 hours ago
Ok maar goet was nie ń Ford… Ford is en bly maar die beste! Arie -12 hours ago
Speen salf ... Stof tot nadenke Willem Brits -13 hours ago
Wessel ... WilSur se "tips" Willem Brits -13 hours ago
Harry Ford is en bly maar die beste! Frikadel -13 hours ago

Lennie in die Kruger Wildtuin in Mei 2019 (geherskeduleer na Mei 2020)

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Mon, 06/08/2018 - 11:37
Forums

Ek is sommer lus om los te trek met 'n geselsie oor ons Wildtuin-trippie oor 272 dae in Mei 2019 !

.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 06/08/2018 - 11:45

Plek is reeds bespreek  -  hier is een van die mooiste dokumente denkbaar :-

.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 06/08/2018 - 12:05

Len, trek los en vertel / maak ons jaloers.

Ek vrek van jaloesie, ons wou September gaan, maar heelaas, omstandighede verander voortdurend. Al my planne vir die jaar moes verander, maar daar sal weer geleentheid kom👍

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 06/08/2018 - 12:07

Dit ís 'n lekker dokument om in jou hand te hê. Soos 'n vorige keer gesê, kamp ons mekaar vir 4 dae raak in Shingwedzi waar jy die 14de arriveer vanaf Tsendze en ek die 15de vanaf Punda.

Ek het darem ook nog 'n ander bespreking om na uit te sien wanneer ek my noordelike kliënte end-Jan/begin-Feb gaan sien (ek is mos nog semi-aktief in die bedryf waarin ek gewerk het tydens die somermaande):

26, 27 & 28 Jan - Letaba

29, 30 & 31 Jan - Mopani

1, 2 & 3 Feb - Shingwedzi

Ons is dan in rondawels bespreek. Ek kan nie só ver ry uit die Kaap uit en nie die geleentheid benut om in die wildtuin 'n draai te gaan maak nie. Ek het vroeër vanjaar dieselfde gedoen en was toe 3 nagte in Pretoriuskop en 3 nagte in Berg-en-Dal.

Pretoria

Slowstrike

Mon, 06/08/2018 - 12:21

Man het ek nou daai dokument gescan vir `n besprekings nr en ander info met die hoop om daai bespreking te hi-jack. 

Wens dit was ek. Hoe gaan die spreekwoord " My hart is in die bosveld maar my gat sit in die kantoor" 

Ek gaan darm die naweek saam my neef op sy stukkie grond plak daar in Beauty se wêreld. Gaan bo op die berg slaap so 2 nagte sommer so onner die sterre om weer mens te kan worre.

Groetnis

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 06/08/2018 - 12:33

Altyd heerlik om oppad 'n ontbyt iewers weg te slaan.  Hier is so 'n ontbytjie geniet by Touwsrivier:

.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 06/08/2018 - 12:39

Dis 'n heerlike, opgewonde gevoel om by 'n Wildtuin-hek te arriveer  -  selfs al het jy reeds die afgelope 65 jaar dit ervaar !  Hier is Krokodilbrug se paar jaar gelede se opgeknapte, meer moderne ingangshek :-

.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 06/08/2018 - 12:43

Die sonsondergange of-opkomste in die Wildtuin is atyd prentjiemooi.  Hierdie prentjie is by die Nsemani-dam geneem :-

.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 06/08/2018 - 12:57

Dan die pragtige bome :-

Krematartboom wat loodregop groei ten spyte van die skuins helling.  Tussen Punda en Pafuri.

.

By Punda se Mahonie-omloop :

.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 06/08/2018 - 13:46

Ons gaan op 5 Mei in by Phalaborwa-hek teen hek-oopmaaktyd en hoop om soos in die verlede weer hierdie twee mooi gesigte  te sien :-

.

...en ons was skaars binne die Wildtuin, toe ons op ons eerste diere afkom, 'n hele spelende trop wildehonde ! :-

.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 06/08/2018 - 13:55

Vanaf Phalaborwa mik ons noord na die gesogde Tsendze-boskampie sonderl elektriese krag waar jy die ingangshek self moet oopmaak en weer toemaak as jy deur is :-

.

So lyk die staanplekke  -  lekkerrrr!

.

..en die ablusies :-

.

..en die opelug storte....

.

en die opwasplek..:

.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 06/08/2018 - 14:04

Een middag laat 'n paar benoude oomblikke gehad toe ons terugry Tsendze toe en 'n padblokkade van twee olifante op 'n laagwaterbruggie ons in ons spore stop met geen plan om te gee pad nie.  Kon ook nie omdraai nie want dan sou die donkerte ons vang.  Moes toe noodgedwonge die twee met klippe bestook om reaksie te kry. (Ek is nou nog skaam daaroor, maar het geen ander keuse gehad nie).  Die twee het toe ewe rustig van die bruggie af beweeg en ons kon deurry.

.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 06/08/2018 - 14:39

Uile in Tsendze-kamp se bome is lank reeds bekend en die kampopsigter/skoonmaker, Rodger, plaas gereeld fotos op FB.  Hierdie knaap lyk vir my na 'n Skopsuil  -  wat sê die kenners ?  Sy roep klink presies soos 'n kinderswaai wat olie nodig het.

.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 06/08/2018 - 14:56

By Tsendze is ons natuurlik sonder elektrisiteit, maar gelukkig is ons 13 jaar oue Exclusive nog gerieflik toegerus met gas.  Ons het 'n gasstofie, terwyl die yskas en vrieskas albei absorpsie verkoeling komponente het wat met gas aangevuur kan word. Die ligte in die karavaan is almal LEDs en kry krag van 'n lekker fris 12V battery wat ook my "movers" van krag voorsien.  Ek top hierdie battery elke aand op vanaf die Pathfinder se battery en sodoende word dit nooit pap nie.  My laptop en selfone laai ons met 'n klein 300W inverter wat die karavaan se 12V krag omskakel na 220V.  Eintlik nogal lekker om met 'n alternatiewe kragbron oor die weg te kom.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 06/08/2018 - 15:25

Vanaf Tsendze is die plan verder noord tot by Shingwedzi, 'n groot en baie populêre kamp in die noorde van die Wildtuin.  Hierdie kamp moes so drie jaar gelede heeltemal oorgebou word omdat dit totaal verspoel het na groot vloede toe die Shingwedzirivier sy walle oorstroom het.  Oor die jare heen bly dit een van ons gunsteling kampe.  Hier kamp ons in Shingwedzi in die vroeë tagtiger jare met ons Gypsey 2 en Toyota Cressida :-

.

...en dekades later nog steeds by Shingwedzi met ons Pathfinder en Exclusive :-

.