Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

40695 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ons maak gebruik van q no… As stupidgeid jou geld kos... StephanS -1 hour ago
In elk gev, ons hoef nerens… Desember 2018 Sarel Marais -2 hours ago
Die Marais' gaan nerens Desember 2018 Sarel Marais -2 hours ago
Ken julle Strandskloof? … Baie Welkom Sarel en Suzette Marais! Voortrekker -2 hours ago
Ja, Strandskloof is so 'n… Baie Welkom Sarel en Suzette Marais! Sarel Marais -3 hours ago
Freda... Baie Welkom Sarel en Suzette Marais! Len Loader -2 hours ago
My kar en sleep waentjie… As stupidgeid jou geld kos... Johann L -2 hours ago

Om die Kampvuur met Noddy- Radio Wêreldwyd

Pretoria
Submitted by Noddy on Mon, 21/08/2017 - 08:39

radio Wêreldwyd luister nou

radio Wêreldwyd

Luister Saterdae om 18:00 tot 21:00 na “Om Die Kampvuur” met Noddy Naudè op Radio Wêreldwyd S. Ek gaan kampdinge, kampstories en ook maklike kamp resepte met julle deel. As julle enige stories, resepte en fotos met almal wil deel stuur vir my `n Whatsapp op “064 657 6296 “ of `n vonkpos by kampvuur@naudemail.co.za of deel dit op facebook op my Facebook groep.    Onthou ons is n Internet RADIO STASIE, so luister aanlyn by  www.blad.kampforum.co.za…   of kliek die Radio Wêreldwyd "Luister Nou"  skakel heel bo.

om die kampvuur

Centurion

Voortrekker

Mon, 21/08/2017 - 15:46

ek moet vertel, dit was lekker gewees, veral om deur whatsapp met Noddy te kommunikeer terwyl hy uitsaai -  en toe hoor hoe hy die nuwe luisteraars verwelkom - Kampforum, Jonika en Voortrekker laugh

My laaitie het in die huis ingehardloop en skreeu ...mamma hy het jou naam genoem!

Soos Noddy sê, stuur gerus vir hom 'n whatsapp en plaas sommer 'n spesiale versoekie of deel 'n storie.

Dankie vir die positiewe terugvoer en promosie van my program. Ek hoop ons kry nog baie luisteraars  as "Om Die Kampvuur" vriende. As ek die liedjie het wat versoek word speel ek dit met graagte, al neem dit `n week om dit op te spoor.  Boodskappe deel ek graag,  As daar sport aan is deel ek die telling, ek het luisteraars wat heeltyd die telling deurgee.  Daar is elke week `n resep, so deel asb julle maklike resepte met `n foto.  Daar is `n 1/2 uur skoffel met lekker boere musiek.  Kontak my ook as julle jul besighede wil adverteer.

Kampvuur Groete

Noddy

Whatsapp: 064 657 6296  ( ek is nie heeldag op die nommer nie, maar koekeloer elkeaand bietjie, en is voltyds op tydens die uitsending)

 

 

Centurion

Voortrekker

Fri, 25/08/2017 - 10:16

More is Saterdag!   Wie gaan inskakel?

Laat weet dan sal ek vir jou 'n boodskappie stuur oor die lug  (-;

Stuur ook dan gerus vir Noddy 'n boodskap om te laat weet jy luister, of gaan maak 'n comment op die FB skakel op ons kampforum groep!

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 26/08/2017 - 17:34

Ek is in geskakel, luister reeds lekker. Sukkel so klein bietjie met opbrekings. Dink dit is my vrou wat live steaming video op die TV kyk.?

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 26/08/2017 - 20:22

Puik program, ek het gelukkig my gehoor stukke betyds op die "Bluetooth" van die tablet in gestel, en kon rustig sit en luister terwyl my vrou haar TV programme kon kyk.

Klaar vir volgende week 'n versoek in gesit,  julle moet inskakel en luister,  dit is waar my karavaan se naam vandaan kom.

 

Pretoria

Noddy

Sat, 26/08/2017 - 20:29

Dankie dat julle ingeskakel het ek waardeer. Jammer ek het nie ook hier saam gechat nie. Die Whatsapp nomeer hou my vrek besig tussen in. Doen net so oor die 400 whatsapp`s in die 2 ure as ek op die lug is.