Aangesien dit Voortrekker se verjaarsdag is wil ek die volgende storie vertel .Hoop nie dit gebeur met jou nie Vorrie .Ek werk in die stad en hier net om die draai van ons is n lekker Mexikaanse eetplekkie wat die heerlikste “bean soup” maak .Al nadeel van dit is dat dit my vreeslik gas gee dit is so erg dat vroutjie my belet het om daar te eet .Kyk as Mosgas dit kon bemark was ek vandag n wel af man gewees .En so breek my verjaarsdag aan Mamma het vir my koffie in die bed gebring maar niks geluk gewens van haar kant af nie .Okay dog ek sy het dalk vergeet en toe ek die kar uit die garage trek om werk toe te gaan en ek nog geen geluk wense van haar kant af ontvang toe voel ek so bietjie bek af daai kry myself jammer gevoel .
By die werk gekom het gewerk tot so etenstyd en ek dog Wat de hel is my verjaarsdag ek gaan myself treat by die Mexikaanse kafee en bestel n groot porsie boontjie soup with all the trimmings .Die middag op kantoor toe voel ek hier is woelinge in die gastro kanaal maar hou die windjies so skaars soos n ou in Brakpan op vadersdag .By die huis gekom wag Mamma my in by die voordeur en sleep my sommer direk kombuis toe .Ahhhh dog ek sy het onthou en nou n koninglike maal voorberei en word heel gewillig gelei na die kombuis .Hier wag nog n verassing vir my sy begin om my te blinddoek en ek dog Wow Mamma het n rowwe kant aan haar wat ek nog nie ontmoet het nie .Sy neem my hand en lei my eetkamer toe met die versoek dat ek nie die blinddoek mag afhaal of koekeloer nie en ek stem heel hartig in .
Sy verdwyn kombuis toe en pappa toe slat daai boontjie sop se gasse hier staan ek geblinddoek en Mamma in die kombuis doenig ek dog dis veilig om 1 te drop .Ek voel hoe daai rissie gas hier teen my been aftrek en sommer my been hare skroei .Ek waai die walms wat opkom met albei hande sodat dit nie te rof ruik as Mamma uit die kombuis inkom .Meneer toe kom daai 2de aanslag maar die keer klink dit soos n Hercules vliegtuig wat kom land daai rooi warm gasse is sommer in my skoene in en die se punte krul om soos die gas skarrel om uitkom plek te soek .Ek hoor hier kom Mamma uit die kombuis en hierdie keer probeer ek nie eers die reuk wegwaai nie sy het my redhanded gevang .Sy vra of ek reg is eers weet ek nie wat sy bedoel want ek voel hoe die verf agter my van die muur afpeul maar se toe Ja . Sy verwyder die blinddoek en hier om die tafel sit 12 genooide gaste wat my sprakeloos aanstaar .Blyk dat sy aspris so kastig vergeet het om my geluk te wens met my verjaarsdag en DIE my surprise party was .
Kruger Park
Hello Freda ja vrou is ook weer terug van my vakansie het so bietjie in Oom Paul se Wilde Tuin gaan kuier .Maar dit is n storie vir n ander dag
Ja, daai winde kan soms…
Ja, daai winde kan soms lastig wees, ek weet. ![]()





Dassie, dit is lekker om…
Dassie, dit is lekker om weer een van jou stories te lees. Daai ou het seker gedink "berge val op my en bedek my". Wat 'n verleentheid!
