Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Groot G... November 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
Ja Geert, my broer hulle bly… November 2026 Groot G -10 hours ago
Bome omwaai November 2026 Geert -16 hours ago
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -1 day ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -1 day ago
Hael November 2026 Geert -1 day ago

Tennis

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps
Submitted by Frieps on

Hierdie afdeling gaan nou wel oor rugby, maar daar is nie juis veel entoesiasme daarvoor nie.laugh   So, ek wil bietjie vra, wie van julle kyk na Wimbledon?   Ek geniet dit baie, veral as die "top seeds" teen mekaar begin speel.   My gunsteling is Rafael Nadal.   Ek weet baie mense hou nie van hom nie, maar ek ondersteun hom al jare.  Hy het lank beserings gehad maar lyk nou weer reg.  Die Franse Ope gewen, nou hou ek duimvas vir hom op die gras.

 

Pretoria - Oos
Profile picture for user Andre Smit

Andre Smit

Thu, 06/07/2017 - 07:49

Môre Frieda,

Kan op 'n ligter noot met jou saamstem, Nadal speel veral goed as hy so 'n slaggie in sy agterent gegrawe het, dan daaraan ruik en dan sy stinkie vinger aan die hare weerskante van sy kop skoonvryf.

Dit Crack my totaal en al van hom.

Ek hoop egter Federer maak dit 19 Slams. Sy jare begin hom egter inhaal maar ek dink nie daar is en was baie manne wat sy loopbaan kan namaak nie.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 06/07/2017 - 08:54

Nadal speel veral goed as hy so 'n slaggie in sy agterent gegrawe het

hehehe ....   ek dink as jy so goed speel maak dit nie saak of jy die rakket tussen jou boude vasknyp nie!

Roger slaan hom baie Federer

goeie een!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 06/07/2017 - 09:06

Colin eet my altyd net so oor Nadal se ritueel voor hy afslaan.laugh   Maar dit maak mens net bewus van sy mooi boudjies!   Ek weet nie of ek my verbeel het nie, maar by die Franse Ope het dit vir my gelyk of hy die bewegings nie meer so erg doen nie.   Andre, jy moet bietjie kyk, dan sê jy my of jy ook so dink.   Colin hou ook van Federer maar ek is so erg oor Nadal soos ek oor die Leeus is.laugh

0
Pretoria - Oos
Profile picture for user Andre Smit

Andre Smit

Thu, 06/07/2017 - 10:29

Hi Freda,

Ek is nou nie juis een van daai oukies wat anner okies se boude dophou nie. HeHe Ek sal dus nie rêrig weet of hy MOOI  boudjies het nie 

Wou my voorkom of jou waarneming oor die gereeldheid van sy ritueel dalk reg is.

Ek hoop sy Moeder of Iemand het hom ingelig hoe steurend dit is. 

Dink nie gras is sy voorkeur speelveld nie so dalk maak Federer dit vir oulaas. 

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 06/07/2017 - 15:12

Nadal is nie so goed op gras nie maar hy speel goed op die oomblik, so ek hou duimvas. Hy moet net nie weer 'n besering opdoen nie.   Djokovic is natuurlik ook 'n groot gevaar en daar kom ook dikwels nuwelinge wat alles deurmekaar kom gooi.  Murray sal  wil wen by die huis.

Andre, jy kyk seker nie na die manne se boudjies nie, maar daar is darem mooi vroulike boudjies ook daar.wink

0
Pretoria - Oos
Profile picture for user Andre Smit

Andre Smit

Fri, 07/07/2017 - 07:08

Môre Freda,

Andre, jy kyk seker nie na die manne se boudjies nie, maar daar is darem mooi vroulike boudjies ook daar

DIS nou 'n anner neukery. Het dit op 'n tyd geniet.

Chris Everet en Steffie Graff was tops -- maar toe kom die era van Navratilova en daai anner Franse reuntjie en in die laaste tyd daardie kraampyne wat so uitgeskreeu word.

Nee nee nee, wat het van VROUETENNIS geword.

Kan nie glo dat daar nie eers op Wimbledon iets aan daai onaartse gekerm gedoen kan word nie.

Klink soos Mongoolse Grototters wat geboorte skenk aan 'n bol doringdraad.

Sie Ga Poefies.

0

Stem saam korporaal Smit.  Die een skree Haaaassssiieeeee die ander skree uh-uuuuhhhhh en weer Haaaassssiieeeee. Ek wil graag vir hulle pragtige bene ag ek bedoel afslane kyk maar die geskree maak dat ek eerder die kanaal verander en weer gaan kyk hoe die Sharks pakgekry het laasweek. 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 07/07/2017 - 07:34

Die geskree is erg irriterend.  Ek het al gewonder of hul kele nie  rou is na 'n wedstryd nie.  Jy kan mos nie so aanmekaar skree sonder dat dit gebeur nie.  Ja, ek is self verbaas dat die Lords of Tennis nog nie 'n verbod daarop geplaas het nie.wink

Ek moet eerlik wees, ek kyk nie gereeld na die vroue nie.  Net as ek 'n gunsteling tydens die toernooi optel, sal ek na haar kyk en soms nie eers die hele wedstryd nie.  Dit was altyd lekker om na Graff, Everett en Navratilova te kyk.   Sal maar sien of die jaar se toernooi iemand oplewer wat die belangstelling prikkel.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 08/07/2017 - 05:55

Andre, ek weet nie of jy gistermiddag vir Nadal sien speel het nie.    Nee wat, hy het my nie teleurgestel nie.  Doen nog al sy dingetjies.  Die krappery, sidesteps op die baan, botteltjies water wat op presies die regte plekkies moet staan, handdoeke net reg, al sy gewoontetjies. laugh

Kevin Andersson (SA) is darem ook nog deur, hoop hy doen goed hierdie jaar.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 11/07/2017 - 08:29

Ag nou ja, daar is my gunsteling nou uit Wimbledon uit.  Maar wat 'n riller van 'n wedstryd.  My senuwees was aan flarde.   Ek het lanklaas 'n tennisspeler gesien wat so gefokus, koelkop en kalm bly soos Muller.   Hy kan vêr gaan maar ek dink die 5 stelle van gister het hom getap.  Die laaste pot was amper 30 games.   

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sat, 17/08/2019 - 06:51

Onthou julle Jimmy Connors , Evan Lendl , Bjorn Borg, Stefie Graf net om n paar te noem en ja die stout seun John McEnroe wat sy raket rond gooi en skytregters harde bene laat kou het

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus