Seker maar n dom vraag maar vra gaan ek vra. As julle kamp opslaan en julle storm toue / bande oor julle tente span hoe doen julle dit. Sit storm tou dwars oor die tent , gekruis oor die tent of in tent se lengte. Wat werk vir jou?
Ek sit myne dwars oor die…
Ek sit myne dwars oor die tent en gee hom so paar draaie. Ashy plat is dan maak hy so wrrrr geluid as die wind waai. As hy gedraai is, is hy doodstil.
Maak ook soos Deon en…
Maak ook soos Deon en gebruik tou, daai band lê hier in die toolshed vir wat ook al, raas te veel.
Vroeërhet ek wel twee toue oorkruis gespan, jaar dit het nie so gaaf gewerk nie.
Die tou voor parallel met die wa, teen die buite pale, werk vir my.
Ek gebruik ook die band en …
Ek gebruik ook die band en "TWIST" hom so n paar keer om die geraas te stop.
Het twee wat in die karavaan…
Het twee wat in die karavaan lê maar het dit nog nie gebruik nie want ek anker die pale grond toe en dit het nog altyd gewerk.
Het altyd net een gebruik en…
Het altyd net een gebruik en naby die pote van die tent rally gespan. Het nou ook 'n tweede een maar nooit gebruik nie. Het die tweede een by Caravan & outdoor met 'n brief in die caravan clinic gewen
Ek gebruik storm straps en…
Ek gebruik storm straps en span hulle dwars oor die tent ,bo oor die pale wat afgaan grond toe, dit is maar n hulp middel om jou pale op die grond te hou. Ek draai ook die strap so drie keer , ( wen hom op ) dan raas hy glad nie in die wind nie. Ek het ook ""knoopsgate"" in die seil kappies wat die reen van die tent se vensters af hou laat sit en druk die strap daardeur dan trek hy nie die hele tent inmekaar nie.
Anders kan dit soos die ou…
Anders kan dit soos die ou se tent lyk
Hier is nog n foto van hoe…
Hier is nog n foto van hoe my straps werk





Ek sit myne net aan die…
Ek sit myne net aan die voorkant oor die tent om die pale teen die grond te hou. Dit is seker nie die regte manier nie maar as die pale nie kan oplig nie glo ek nie gaan die wind hom sommer kan skep nie