Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Double cheese burger November 2026 Geert -2 hours ago
30% November 2026 Geert -9 hours ago
see water November 2026 Geert -9 hours ago
KI November 2026 Rona du Plessis -13 hours ago
Kat aan die knaters beet. November 2026 neef Herman -17 hours ago
Groot teenstrydigheid November 2026 Wessel Strydom -17 hours ago

Storm toue en kamp

Secunda
Profile picture for user Sleep nou
Submitted by Sleep nou on
Forums

Seker maar n dom vraag maar vra gaan ek vra. As julle kamp opslaan en julle storm toue / bande oor julle tente span hoe doen julle dit. Sit storm tou dwars oor die tent , gekruis oor die tent of in tent se lengte. Wat werk vir jou?

Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Thu, 24/08/2017 - 12:14

Ek sit myne net aan die voorkant oor die tent om die pale teen die grond te hou.  Dit is seker nie die regte manier nie maar as die pale nie kan oplig nie glo ek nie gaan die wind hom sommer kan skep nie

 

0

Ek sit myne dwars oor die tent en gee hom so paar draaie. Ashy plat is dan maak hy so wrrrr geluid as die wind waai. As hy gedraai is, is hy doodstil.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 24/08/2017 - 14:26

Maak ook soos Deon en gebruik tou, daai band lê hier in die toolshed vir wat ook al, raas te veel.

Vroeërhet ek wel twee toue oorkruis gespan, jaar dit het nie so gaaf gewerk nie.

Die tou voor parallel met die wa, teen die buite pale, werk vir my.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 25/08/2017 - 04:58

Het altyd net een gebruik en naby die pote van die tent rally gespan. Het nou ook 'n tweede een maar nooit gebruik nie. Het die tweede een by Caravan & outdoor met 'n brief in die caravan clinic gewen

0
Florauna, Pretoria
Profile picture for user chris dupreez

chris dupreez

Mon, 28/08/2017 - 08:24

Ek gebruik storm straps en span hulle dwars oor die tent ,bo oor die pale wat afgaan grond toe, dit is maar n hulp middel om jou pale op die grond te hou. Ek draai ook die strap so drie keer , ( wen hom op ) dan raas hy glad nie in die wind nie. Ek het ook ""knoopsgate"" in die seil kappies wat die reen van die tent se vensters af hou  laat sit en druk die strap daardeur dan trek hy nie die hele tent inmekaar nie.So lyk die knoopsgate

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 28/08/2017 - 19:36

Dankie vir jou bydra met die draad het ek geleer

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus