Aldam is 'n groot, goed uitgelegde oord met verskeie ablusieblokke. Ons was daar in die buite seisoen vir 3 nagte. Die geriewe was netjies maar die swembaddens was vuil (Januarie en dit was warm) en die winkel se voorrade baie skraps. Ek dink die oord is gewild vir mense met bote en wat in die dam wil visvang. Ek glo binne seisoen sal hul meer aandag aan alles gee. Ons sal nie weer soontoe gaan nie maar ek kan ook nie ander afraai om wel soontoe te gaan nie. Dit is eintlik heeltemal aanvaarbaar.
Foto 1
Mooi grasoppervlakte en gelyke staanplekke. Dit het heelwat gereën voor ons daar gekom het en dit was bietjie te nat op sekere plekke want die dreinering is nie baie goed nie.
Foto 2
Die oord lê teenaan 'n deel van die damDie manne het maar nie veel hoop gehad dat die visse sou byt aan hul pap konkoksie nie.
Aldam