6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Verblyfplanne Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -30 minutes ago
URC Springbok rugby Geert -1 hour ago
Sabie River Café Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Thumbs up Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -2 hours ago
Skinder??? Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel daar was 'n paar… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago

Webwerf onderhoud

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Hou maar duim vas dat ek hierdie "job" gedoen sal kan kry sodat ons forum kaan aangaan en ook verbeter.   Daar is ongelukkig foute met die webwerf en databasis en daarom kan die Drupal 8 basis nie update en vooruit gaan nie.

My kennis is maar redelik beperk en ek sien nie kans om al die tyd in te sit om te leer hoe die data basis werk en dit dan probveer herstel nie.   Ek gaan dus 'n expert moet inkry om dinge weer 100% reg te kry.    Ek is besig om met 'n handjie vol "experts" te gesels wat na die dinge gaan loer en met voorstelle en kwotasies na die tafel toe gaan kom.

Ek is bevrees dat ek nie die kampforum webwerf in sy huidige kondisie kan los nie en gaan eerder probeer herstel voor dit te laat is en ons die platform verloor.

Kom ons hoop alles loop goed af en dat ek die job gedoen kan kry.

Edit

Vir diegene wat 'n finansiële bydrae wil lewer tot die onderhoud van kampforum, kliek asseblief op die skakel hieronder vir besonderhede:

borg but

Centurion

Voortrekker

Sun, 04/09/2022 - 14:24

Dankie manne vir al die finansiële bydra tot dusvêr!    Ek het al R2250  ontvang.

Ek het nou net die 2de mylpaal betaling gemaak van $157 -    Dit is dus al totale betalings van $262 en dan is daar nog $ 105 uitstaande wanneer die werk alles klaar is -  hopelik teen einde van môre.    Ek het gou die werk wat tot nou toe gedoen was gaan ondersoek en kan sien dat die webwerf tot op die laaste drupal 8 weergawe van 8.9 was en die data basis foute was reggemaak ens.  Ek het laas updates gedoen tot op 8,5 en toe begin die probleme.    Volgende stappe is om die Drupal 8 te immigreer na Drupal 9 toe.

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 05/09/2022 - 08:05

Vir die wat wonder.    Al die werk word uitgevoer op 'n sub-domain en daarom word niks hier waargeneem nie.   Hierdie is die "live" site wat nog die ou- en foutiewe drupal 8.5 platform is.

Ons het daarom 'n kopie van die kampforum webwerf gemaak waarop al die herstelwerk ens gedoen word.    Dit kan gemonitor word op  dev.kampforum.co.za   

My senuwees lei so bietjie want ek hoop alles gaan goed afloop en dat die nuwe 9.0 webwerf goed gaan werk en ook dat ek die nuwe platform gou sal leer ken en behartig.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 06/09/2022 - 15:32

Anton, as mens die soek opsie gebruik dan soek hy orals waar jy byvoorbeeld "WilSur se Grys water" gevra het met enige van die woorde wat voor kom.  As ek die reg het kan jy die "" aanhalings voor en na die woorde sit dan soek hy net vir wat daar tussen die aanhalings is, is dit iets wat ook gaan verbeter ?

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 07/09/2022 - 06:25

Het die "borge" se bydraes jou kon deurhelp Anton.

Dankie dat jy ons platform so goed bestuur, en mag dit nog baie jare aanhou. Give that man a Bells.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 07/09/2022 - 06:32

Môre Anton

Moet asb nie huiwer om die koste aspek te noem nie. Indien daar tekort is, noem dit hier, dat ons kan las.

 

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 07/09/2022 - 06:33

Môre Neef.   Al die bydraes van lede, insluitend joue, het sovêr tot by R 3 250.00 uitgekom.    Baie Dankie.    Dit het darem 'n groot las van my afgehaal om die hele R6300 te moet betaal. Ek het elke lid wat al 'n bydrae gelewer het as " forum borg"  gelys op die "ONS" blad heel onderaan.

Ek moet nog net die laaste USD 105   betaal van die totale USD 350 bedrag - maar dit doen ek eers as die job klaar is - wat op die oomblik langer neem as wat verwag was.  Gelukkig het ek die "fixed" rate gekies en nie die uurlikse opsie nie.   

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 08/09/2022 - 13:52

Anton sodra ek  vanmiddag by huis is sal ek  ook n bydra maak dankie vir jouwink

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 09/09/2022 - 06:10

Dankie Shaun.   Onthou kyk asb - dit is 'n nuwe bank rekening wat gebruik word.  Die een wat in die verlede gebruik was bestaan nie meer nie.

Wat die werk aanbetref, daar word so bietjie gespartel om klaar te maak, maar gelukkig was alles  eers op 'n .dev....  site gedoen.  Ons gaan moontlik in die volgende paar dae die "live" site in "maintenance" plaas om al die werk oor te dra.   Daar sal moontlik 'n paar dae wees wat julle nie toegang tot die forum het nie.

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 11/09/2022 - 08:12

Ek voel baie positief oor die vordering vanoggend smiley

Gisteraand tot laat en vanoggend vroeg was ek saam met die developer besig om finale dinge te toets en om die laaste insette en onderwerpe oor te dra tot op die Dev (development site)   Die Dev site sal hierdie huidige "live"  een vervang sodra ons gelukkig is dat alles reg loop.   Dev site is nou 100% op Drupal 9 met 'n data basis wat 100% werk.

Ons gaan gedurende vandag die Dev site laai as "live" en dan toets dat alles reg werk.

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 11/09/2022 - 09:32

Daar sal dalk 'n paar laaste insette verlore gaan met die oorgang van ou- na nuwe site.    Ek probeer alles dieselfde hou maar dit is 'n manual proses.     So as iemand 'n inset lewer minute voor ons oorskakel sal daardie inset ongelukkig ne behoue bly nie...

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 12/09/2022 - 09:40

Daarshy -  die werk is gedoen en kampforum hardloop nou op Drupal 9.  Al die databasis issues is gefix en ons is ook compatible met php 8.0 wat beteken die webwerf gaan reg werk na die 3rde Oktober wanneer die servers gaan opgradeer vannaf die huidige php 7.4  na 8.0 toe.

Julle sal nie veel veranderinge sien nie, maar wel klein veskilletjies en die FORUM gedeelte wys ook weer reg.    

Aangesien die databasis reg is en ons op die drupal 9 chassis hardloop kan ek ondersoek om nuwe modules te laai wat meer funksionaliteit kan aanbied.   Maar dit vir later, want vir nou is ek net gelukkig en verlig dat ons op drupal 9 is met 'n gesonde databasis.

Ek wil persoonlik baie dankie sê aan Bhupendra wie al die werk gedoen het.  Dit was lekker om saam met iemand te werk wat soveel kennis het en die werk kon doen.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 12/09/2022 - 11:51

Baie dankie Anton.

Sien nou klomp insette wys ek het dit nie gelees nie, sal seker almal net moet oop maak om van dit ontslae te raak ?

.

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 12/09/2022 - 12:36

Willem, dit is al die insette en onderwerpe wat sedert Vrydag 9 September geplaas was.    Daardie inhoud was oorgelaai na die dev site toe - hoop dit maak sin.

Ons wou die webwerf al Vrydag aflyn geneem het sodat nuwe inhoud nie geplaas word en verlore gaan wanneer die laaste werk  op die dev site gedoen word nie.  Maar ek het besluit om dit aanlyn te hou sodat lede Vrydag en oor die naweek nog kon klets - ek moes toe alle nuwe inhoud van Vrydag tot vanoggend  "manually"  oor dra (copy paste) sodat die data behoue kon bly.

Donderdagaand was daar 'n kopie van kampforum gemaak en die laaste onderhouds werk was op daardie kopie gedoen.   Vanoggend was daardie kopie terug gelaai. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus