Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -4 hours ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -4 hours ago
Vordering met die Triber se Kamp-aanpassings Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -5 hours ago
Uit 'n ander hoek Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -5 hours ago
Dis hoe die rallytent twee… Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -5 hours ago
Triber se dakspore is baie swak Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -5 hours ago

Flag City RV Resort

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

flag city

Kyk bietjie hoe kamp die manne hier in California. Hierdie menere gaan groot en benodig sterk sleepvoertuie...

Die RV resort is hier naby die hotel waar ek bly en die bestuurder was so vriendelik om my toe te laat om bietjie deur te stap en foto's te neem. (spesiaal vir my kampforum vriende) smiley

f

f

f

f

f

f

f

 

video
google kaart
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 30/05/2023 - 06:28

Dit lyk uitgelê soos n parkeerarea, ry in, ry reguit uit.

En nie n enkele braaiplek nie!! Lyk my die klomp sit binne en TV kyk, nie n enkeling op die fotos nie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 30/05/2023 - 08:32

Ek het meer as 30 jaar vir 'n Amerikaanse maatskappy gewerk en 'n redelike idee gekry hoe dié nasie se koppe werk. Amper alles word in die oortreffende trap gedoen. En dit blyk dat kampering voldoen ook aan hierdie lewensfilosofie van hulle.

Maar soos Neef hierbo noem - ten spyte van al hulle "fancy" goed lyk dit nie of hulle naastenby so lekker soos ons ou spulletjie hier aan die suidpunt van Afrika kan kamp nie - alhoewel hulle seker sal reken ons is 'n primitiewe spul.

Nogtans indrukwekkende sleepgoed waarmee hulle speel.

0
Irene

Grootwind

Tue, 30/05/2023 - 08:36

Daai RV parks laat mens dink dat die spul daarvan hou om in 'n parkeerplek te "kamp". Daai staanplekke is basies niks anders as 'n groot parkeerplek nie...As daai idee hier posvat sal my karavaan maar moet gaan, geen manier wat ekke so sal kamp nie.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Tue, 30/05/2023 - 08:55

Weet nie of mens dit..............................kamp kan noem nie want daar is geen buite lewe nie. Ons kamp juis om die buite lewe te geniet en slaap net in ons waens. 

Lyk meer vir my na 'n oornag deurry plek en nie vir my nie. 

 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 30/05/2023 - 08:57

Ek het ook so vier jaar vir en met Amerikaners gewerk en ook Manhattan en Chicago besoek. Consumerism is ‘n groot dryfveer van die ekonomie. Middelklas mense het redelike besteebare inkomste en die grootste klomp gemors word bemark en verkoop. Ek het op die vlug van JFK na O’hare deur ‘n katalogus geblaai wat bv wekkers verkoop het wat opstyg en in die kamer rondvlieg of van die bedkassie af rol en op die vloer rondry terwyl dit afgaan om jou te dwing om op te staan om dit stil te maak. 
 

Die ander faktore is natuurlik lae rentekoerse en goedkoper brandstof as in baie ander lande. Waar ons regering kredietneming deur burgers probeer voorkom, probeer hulle gewoonlik om dit te stimuleer. Dis waarom daar ‘n mark vir sulke monster voertuie is. Dit en die egoïsme.
 

Terloops; daardie F450 met sy V8 dieselenjin gee 4,25 km/l. Dis swaarder as my Prado. Maar soos ‘n werktuigkundige van ons wat ‘n Jeep V6 ry sê; Dis ‘n lekker swaar. 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 30/05/2023 - 10:38

Ek het op hulle webwerf gaan kyk. Dit kos $85 (meer as R1 600) per nag vir ‘n staanplek. Een van die video’s toon ‘n groot gras reghoek in die middel wat lyk of die grootste deel daarvan ‘n dam kan raak tydens reën seisoen. Aangrensend daaraan is terugstoot staanplekke. Die res rondom dit is alles deurry staanplekke. Uiteraard gerieflik met die groot kombinasies wat hulle gebruik. Dit is naby ‘n snelweg, en lyk meer na ‘n oornagplek as ‘n vakansieoord. Ek glo lg soort sal darem nie soos ‘n parkeerterrein lyk nie. Ek dink die plek is spesifiek gerig op mense wat oppad is met hulle groot kombinasies en net wil oorslaap voor hulle verder trek. 

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 30/05/2023 - 13:26

Daar is 'n kombinasie van besoekers.  Party staan oornag en ander kom vir 'n week of naweek.  Die meerderheid staan langer.  Party toer vir werk en ander is soos ons permanente kampeerders wat heeltemaal of semi afgetree is.

Amerika het baie duur geword.  Of wag, nee, die Rand is in sy moer in!    

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 30/05/2023 - 19:39

Oorsee noem hulle dit mos Van life of so iets Anton nice maar te groot vir my 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 31/05/2023 - 07:55

.....................dalk suurdruiwe, maar nie my "cup of tea nie".  Kom nie naby my kampopset iewers in die Kruger Wildtuin nie !

Ja OK, ek weet julle is al gatvol vir my alewige Wildtuin beheptheid  -  ek vergelyk mos alles met 'n vakansie in die Wildtuin.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 31/05/2023 - 08:22

ek vergelyk mos alles met 'n vakansie in die Wildtuin.

Gepraat van vergelykings. Van die lede hier het Oom Len seker die grootste kombinasie itv lengte. Ek wonder hoe dit sal lyk langs die kombinasies op Anton se foto’s. wink

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus