Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -10 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 hours ago

Plek van die visvreters ...

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

... (ontleen aan die titel van 'n destydse TV-reeks: "Plek van die vleisvreters"). Toe ek 'n kind was, is daar (seker maar neerhalend) verwys na mense van vissersdorpe as visvoete. Maar hierdie Bolander se liefde vir vis kan hom ook amper as 'n visvoet laat kwalifiseer. Ek het weliswaar nie by die see gegroot nie (ek woon wel nou by die see), maar in my komvandaan (Tulbagh) was daar al die jare 'n viswinkel wat behoort het aan die bekende Eigelaar-familie van Velddrif/Laaiplek.

Die oom wat daardie winkel bestuur het (Oom du Toit) het my pa soos klokslag gebel as daar hetsy vars snoek of harders ingekom het - wat redelik gereeld was. Met die gevolg dat vars vis nogal redelik gereeld op ons spyskaart was. Verder was my pa 'n ywerige strand- en rotshengelaar wat geen geleentheid laat verbyglip het om te gaan lyn natmaak nie. Daarom was ander vis soos galjoen, steenbras en kabeljou ook dikwels deel van ons spyse.

Ekself was ook vir etlike jare 'n hengelaar en het dit seker oorgedra na my seun - wat heeltemal hengelbef.. is. Deesdae hengel ek amper glad nie meer nie, behalwe as my arm gedraai word om saam te gaan Hentiesbaai toe. Maar danksy my seun se manie oor hengel is ek amper nooit sonder lekker vis nie.

My beter helfte is 'n gebore en getoë Karoonooi wat op 'n Karoo-skaapplaas grootgeword het. Haar enigste kennis van vis is die gebakte vis en tjips wat haar pa soms tydens hul somervakansies by Mosselbaai vir hulle gekoop het. Maar deesdae eet sy eerder vis as lamsvleis.

Ons eet gemiddeld omtrent elke vierde aand vis. Ralie se voorkeur is snoek, maar dit is deesdae amper 'n rariteit. Snoek het skaars en gevolglik duur geword. En ek koop nie 'n bevrore snoek nie omdat jy nie vooraf weet of dit dalk 'n pap snoek is nie (wat my aanbetref 'n oneetbare ding). En die snoeke wat sommige supermarkte in boksies verkoop lyk net soos snoek, maar smaak treurig - tensy jy smoorsnoek daarvan probeer maak.

Ek is in 'n bevoorregde posisie dat ek nog minstens vir die volgende 14 weke eenkeer 'n week galjoen kan braai (my persoonlike voorkeur), maar dit is bietjie moeilik as ek nie by my huis is nie. Want galjoen moet eers bewerk word (skubbe krap, vlek en binnegoed uithaal) voordat dit gereed is, want galjoen word heel gevries. En by 'n vakansieplek het jy nie altyd die geriewe om dit te doen nie. Daarom neem ek vir die komende 17-dag toer kabeljou-filette saam om te braai - darem maar self 'n koningsmaal.

Jammer dat ek julle verveel met my liefde vir gesonde vis.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 03/07/2023 - 11:59

.... kry hulle net die volgende oggend 2 maanhare net 'n entjie van die kamp af. Ek het oor die jare 'n lus vir vis met my gereelde visbraaiery by die vuilbaarde aangekweek.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 03/07/2023 - 18:32

...........nog nie galjoen wat op die kole gebraai is geëet nie.  Ek sal dit enige tyd nog op die proef stel en glo jou dat dit baie lekker sal wees,  maar beslis nie in die Wildtuin nie.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Mon, 03/07/2023 - 20:32

Sjoe hoe water my mond vir daai stukkie vis. Chris sal vir Len 'n vissie moet braai, soos net hy kan. Al is dit by die huis of by 'n wild tuin of so iets, ons was laasjaar bederf met so vissie uit die boeke uit en op die rooster. Ons kon darem weer 'n vars gebakte broodjie deel met hulle. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 03/07/2023 - 21:04

...., Len. Die Bosvelders kan nie pal net wil vleis vreet nie. Die paar jaar wat ons in Tzaneen gewoon het, was Ralie by die kleuterskool betrokke. Hulle het deur die kleuterskool die geleentheid gehad om (soos ons daarna verwys het) "box" snoeke by I&J in Pietersburg aan te koop. Daardie snoeke was heel gevries met slegs die kop en stert verwyder. Hierdie Kapenaar het die Tzaneners geleer hoe om snoek te vlek en te braai. Dit was 'n "eye-opener" vir die Bosvelders om vis by hulle dieet in te pas.

Van my ou vriende daar braai tot vandag toe gereeld hulle vissie oppie kole. By Eikand Spa het van die langkampers my gevra, wanneer ek my vis by die kombuis verwerk het, of ek nie asseblief 'n stukkie vis aan hulle sal afstaan nie. Ek het die Eilanders selfs aan perlemoen bekendgestel.

Nee - moenie die Bosvelders vlak skat met hul liefde vir seekos nie. En luister maar na wat die ouens met die dik brille, witjasse en langhare sê - eet meer vis. Dis gesonder as rooivleis - in die wildtuin of te not. 😇😇

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 03/07/2023 - 22:44

Ek kyk vanaand op Kyknet se Voetspore-span waar hulle deur Mana Pools in Zimbabwe langs die Zambezi-rivier toer en wraggies, op een plek braai hulle vis tussen die olifante, leeus, wildehonde en ander diere !

Dit lyk vir my ek sal aanpassings in my uitkyk op die lewe moet maak.

Ns.  Dis 'n ou program wat aanvanklik op SABC 2 uitgesaai is, maar dis nou oorgekoop deur Kyknet en word nou herhaal.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 04/07/2023 - 07:37

Ek het ook daardie episode Sondagaand gekyk. Ja - hulle het "hake" en viskoekies terselfdertyd gemaak. Tot Norbert ('n Riemvasmaker) was in sy skik met die stokvis daar by Mana Pools.

Dalk het Johan Badenhorst tot "bekering" gekom sedert hy hier in Kleinmond woon. Sy huis is hoeka daar onder by die hawe waar die vis uitkom met die bote.

Oulike "gadget" waarin hulle die "hake fillets" op die kole braai - sulke sakkies, seker van silikon gemaak.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Tue, 04/07/2023 - 10:06

Jis. Len, baie jammer die mense het jou verskoning gemis ou Maat. Namens ons almal aanvaar ons jou verskoning net omdat jy so oulik is en ook lekker kan braai. cheeky

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus