Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem saam, Jan Springbok rugby Rona du Plessis -1 hour ago
Afrigting span Springbok rugby Jan Meyer -2 hours ago
Amper... Springbok rugby Rona du Plessis -3 hours ago
rugby... Springbok rugby Wessel Strydom -6 hours ago
Benoud! Springbok rugby Rona du Plessis -8 hours ago
Dankie Johann... November 2026 Rona du Plessis -8 hours ago

Black Friday

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on

Het julle iets op julle lys wat jul gaan koop vir Black Friday?

Ek sien heelwat oorde het ook Black Friday aanbiedinge....kampeer toerusting lyk my bly maar duur

Brits

Wessel Strydom

Sat, 18/11/2023 - 11:14

Middag Geert

ek het juis nounet my lys opgestel, sal maar sien of ek by alles uitkom. Dit is, in prioriteit volgorde;

nuwe LandCruiser DC

nuwe Gecko boswaentjie

roesvryestaal braairoosters

stormnet vir seewinde

Ek is doodsbenoud die braairoosters gaan my meer uit die sak jaag, as eersgenoemde twee itempies.laugh Bloot omdat ek dit nie kan koop nie, want Toyota het nie Swart Vrydag aanbiedinge nie.. 

 

 

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 18/11/2023 - 12:46

Nou gaan ek die stroomop ou weeswink

Black Friday bly ek binne in my huis, jy gaan dorp toe om 'n ietsie op sogenaamde spesiaal te koop en spandeur duisende op goed goed wat jy nie nodig het nie.devil

Ernstig, ek bly uit daai mal gejaagdheid weg.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 18/11/2023 - 13:15

....kyk gou langs jou, daar spartel nog 'n ou langs jou stroom-op.laugh

Ek bly sommer al die hele voorafgaande week by die huis. Ek hou niks van baie mense om my nie.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 18/11/2023 - 13:31

Nou hoe nou ? Gister was ons dorpie niks anders as normaal nie. Teen die middel van enige maand, is ons almal platsak en specials gaan nie verskil maak nie.sad 

By ons friendly grocer het ek 4x 6l boksies melk, 2 groot Weetbix en 3 x5kg suiker gekry. So is daar bietjie geld gespaar vir die volgende kamp ..en  brekfis is uitgesort.wink neef luv black friday.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 18/11/2023 - 16:26

....is eintlik eers volgende naweek. Jy sal volgende Vrydag nog meer kon spaar op die Wheatbix. Dan kon jy eiers ook gekoep het.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 19/11/2023 - 15:05

Enigiets wat jy moet koop, moet jy voor betaal. Jy spaar dus nie ‘n sent nie, maak nie saak of daar 99% afslag aangebied word nie. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 20/11/2023 - 14:03

Wildehont, hoe maak ek om vroulief te oortuig dat dit is hoe sg, "afslag" werk?  Vlgs haar kan jy net "spaar" as jy "minder" betaal, deur nie te koop nie en al jou geld te bespaar is vlgs haar geen besparing nie...eish eish eish...

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 20/11/2023 - 15:25

Dit was Dawie Roodt se definisie vir spaar vanoggend op RSG. Op ‘n manier is Grootwind se vrou seker reg. As jy die geld hou, is daar ‘n geleentheidskoste. 
 

Ek het na die naweek se sleep met die Prado weer besef geleentheidskoste bestaan. As ek nie met die Prado ry nie, spaar ek die geld wat die petrol kos wat dit verbruik. Maar dan verloor ek die plesier om daarmee te ry. Goeiste, dis darem maar ‘n lekker voertuig! Die nuwe kleiner enjins het goeie werksverrigting, maar so groot petrol V6 laat mens se tone krul. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 20/11/2023 - 16:14

Ai Chris man, ek soo dit geheel anders beskrywe interme van anatomiese dele.

Onthou net 'n 3.2td masjien is NIE 'n klein enjin nie. Ek belowe jou, as jy 1 keer Dwarswegstrand toe, of Goree hoogte met die Ranger gesleep het, sing jy 'n ander deuntjie. Gaan kyk na die tabel wat ek onder "alternatiwe sleepvoertuie gesit het oor jou Ranger. Dit het ordes meer wringkrag in sy ratte, veral 4de rat, as die Prado.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 20/11/2023 - 17:58

n 3.2td masjien is NIE 'n klein enjin nie. Ek belowe jou, as jy 1 keer Dwarswegstrand toe, of Goree hoogte met die Ranger gesleep het, sing jy 'n ander deuntjie

Dis net jammer die 3,2 het ‘n silinder minder as die Prado. As mens die Prado reg ry (druk so na 107km/h op die spoedmeter en skakel af 4de toe voor die bult begin) handhaaf dit maklik 100km/h teen die bult uit. Die Ranger is seker slimmer en kies self die regte rat.
 

Ek sal maar moet sien, as ek betyds ‘n kappie kry. Ek sukkel nog daarmee, en die Desember breek kom nader. Maar ek sleep maklik (en met ‘n groot glimlag) met die Prado Dwarswegstrand toe 27 Des. Dis darem nie te ver nie, en die petrolprys kom weer af voor dan.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 21/11/2023 - 05:43

…diesel gaan steeds duurder as petrol wees as ek my nie misgis nie. 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 23/11/2023 - 07:26

Vandag het meeste in petrol dorp salaris gekry ek dink more is ons maul en winkels stamp vol hoop mense koop reg .

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 24/11/2023 - 07:55

Ek het gehoop een van die kappie vervaardigers gaan ‘n lekker afslag bied vandag, maar hulle is suinig. Dis ook maar beter so vir my skuldvlak. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 24/11/2023 - 08:04

...geslaap gisteraand. Groot hoop vir koel weer met reën. Ons brul van die hitte. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 24/11/2023 - 11:52

Ons beplanning was reeds vroeer vanjaar so gewees dat ons Stormsrivier sou besoek. Met geluk het Sanparks se Black Friday aanbieding in ons guns geval.....met n 40% afslag.

Het ek nou gespaar of nie....moes ek liewer wag tot môre wanneer die aanbieding nie meer geldig is nie en volle tarief betaal?

Mens kan seker ook dan sê om glad nie te bespreek nie....dan kan mens sê dat jou vakansies kos jou niks

Neewat....as jy n afslag kry, spaar jy.

Hoekom gaan baie hier kampeer in gryskop tyd as afslag dan geen besparing is nie. Vra namens n vriend

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 24/11/2023 - 13:14

Middag Geert

Ek het my Sanparke toer volgende jaar so beplan om in gryskop 40% af te val. Lekker besparing, kan dit aanwend om diesel te gooi, rooivleis en rooiwyn te geniet.

O ja, dit is ook die koel tot koue tyd, wat my uitstekend pas om buite te wees.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus