Ek besef dis nie aldag dat 'n mens hierdie onderwerp ophaal nie, maar ek wil tog 'n mening waag. Wanneer iets oor 'n Porta Potti opgehaal word, is daar duidelik verskillende kampe. Die klompie wat niks daarvan wil weet nie en glo nog in 'n emmertjie en bottel, ander het vir jare daarteen geveg en kan nou nie glo hoe wonderlik is 'n Porta Potti nie. Dan die ou klompie (waarvan ek een is) wat al vir jare die wonderlikheid van hierdie produk ervaar.
Nog iets way op PP-onderwerpe opduik is dat dit uitsluitlik vir Nr.1 gebruik word. Ek was vir jare ook so 'n gebruiker en het my vrou, dogter (toe sy nog in die huis was) en my kleinkinders in hierdie reë ingedril. Ek wonder hoekom ? Chemiese toilette word tog wêreldwyd gebruik om enige vorm van riool chemies af te breek. In my Porta Potti handleiding word geen melding gemaak van die beperkte gebruik van hul chemiese toilet nie.
Dis seker elke mense goeie reg om te besluit hoe sy chemiese toilet gebruik sal word, maar as omstandighede dit noodsaak, bedink jy die saak weer. In my geval het ek twee jaar gelede my volledige dikderm verloor en moet gevolglik soms tot 10 keer in 24 uur die toilet besoek. Dis vanselfsprekend dat ek nie elke keer by die ablusie kan uitkom nie en gebruik dus veral oornag ons Porta Potti in die Exclusive se badkamer. Die enigste verskil wat ek sederdien toepas is om die PP daagliks (en nie elke drie dae nie) te ledig en uit te spoel. Ek sorg ook dat ek 'n goeie, bekende chemiese middel in die PP gebruik. As dit nie hiervoor was nie, was my kampeerdae lankal getel.
Jammer dat ek hierdie storie hier opper, maar miskien is daar ander mense wat ook uit my ervaring iets kan leer.
PP Gbruike.
Ag nee wat, ek was baie jare gelede te vol nonsense vir die porta potti, toe begin ons dit wel gebruik vir water afslaan. Eers was ek selfbewus om dit bedags te gaan leeg maak. Een nag, toe val die prop in die gat af, laaste keer wat ek snag soos 'n skelm rond gesluip het.
Nou al meer as tien jaar gaan maak ek dit helder oordag leeg (elke derde oggend) en ek kan sien wat ek doen.
Ons sin is die Tetford 365 wat dieselfde groote is (21 liter) as die vorige een wat se prop verloor het, het nie die gemak / opset vir 'n ingeboude kasset nie.
Wat ek doen, is om in die onderste kasset die chemikalië te gooi, en in die boonste tenk gooi ek 'n vloeistof (airfreshener /deodorant) in wat ek by 'n chemikalië winkel gekoop het, dit gee 'n baie lekker vars reuk af in die karavaan.
Die goorste deel van kampeer
Ek het al voorheen vertel dat die draagbare toilet se leegmaak vir my die goorste deel van kampeer is. Ek gebruik nie die ding nie, maar ek moet dit ledig en skoonmaak daarna. Ek was só bly toe Salomien die afgelope vakansie by Dwarswegstrandoord sê ons gaan dit nie opstel vir gebruik nie. Sy het wel na die vakansie gesê dis nie lekker om in die nag na die badkamer toe te gaan nie.
My goorste ervaring ooit met die haatlike ding was 2021 in Letaba. Toe ek dit wou gaan leegmaak die oggend toe ons oppak, kry ek nie die dekselse dop los nie. Ek het my alie afgesukkel voor dit uiteindelik skiet gegee het.
Terloops, ek laat my gesin nie toe om dit vir iets anders as vloeistof te gebruik nie. Die vroulike lede moet selfs die toiletpapier in ‘n drommetjie gooi wat langs die toilet staan.
Een van die beste uitvindsels ooit.
Ons gebruik dit al jare. Nog nooit nodig gewees vir No 2 nie, maar as die nood daarvoor druk sal dit beslis vir daardie doel gebruik word.
Ek maak ons s'n elke 4de dag leeg en het geen probleem om helder-oordag daarmee te loop nie. By ATKV Eiland sê die manne, wanneer jy daarmee loop: "Lyk my jy's op pad werk toe met jou aktetas".
Of ons met die karavaan of die tent kamp - die PP is 'n standaard-item wat saamgaan. En terloops - ek gebruik slegs Thetford se chemikalië.
In ons jonger dae, toe die kinders................
............nog in die huis was, het ek die PP met groot liefde vir my vrou en dogter gereed gemaak tydens vakansies, en ook, ek het dit met graagte leeggemaak omdat ek weet hulle het dit baie waardeer. Ek en die seuns het destyds net die ablusie gebruik.
Maar die jare en skete stap aan en ek is nou die grootste gebruiker van hierdie instrument !
PP chemikalië
ek gebruik ook net Thetford se middels;
Aqua Kem blue onder
Aqua rinse plus in spoelwater.
Geen reukie probleem nie.
So lyk die chemikalië wat ek…
So lyk die chemikalië wat ek gebruik.
38 views en 'n hele paar…
38 views en 'n hele paar insette oor 'n "bollie" onderwerp. Eweskielik die laaste pae dae weer goeie deelname.
Gaan nou gestenig…
Gaan nou gestenig.........................................word maar ek moet dit sê.
Daar is van ons kamp mense wat soos varke lewe. Wonder hoe hulle huis se toilette lyk. Elmarie gebruik die karavaan toilet net snags. Sovêr gebruik ek hom nie maar sal as dit nodig sou word.
Vanoggend voor ons gaan stap het wou sy badkamer toe gaan. Sy kon nie een van die "dames" se toilette gebruik nie want dit was bevuil en net so gelos. Dit gebeur orals.
Ons PP maak ek met gemaak skoon en gee nie om nie want ek weet hoe ek voel as ek in 'n vuil toilet instap. Doen dit met liefde vir Elmarie
Gaan nou gestenig…
Gaan nou gestenig.........................................word maar ek moet dit sê.
Ek sien nie rede hoekom jy gestenig moet word nie. Baie mense lewe soos varke aangesien hulle iemand het wat agter hulle gatte moet skoonmaak.
Happy wife happy
Len vandat ek n porta porta saam vat as ons kamp is my vrou baie gelukkig happy wife happy camper nee wat ek maak hom vluit vluit leeg daai chemikalie ruik deesdae ook lekke
Ek was al verstom ...
Sy kon nie een van die "dames" se toilette gebruik nie want dit was bevuil en net so gelos.
... as Ralie my vertel in watter toestand sommige dames 'n toilet agterlaat. Ek verwag dit eerder van sommige mans (wat seker gewoond is daaraan dat vroulief agter hul skoonmaak - wat ook 'n bleddie skande is). Maar ek verwag dit nie van dames nie.
Ek het dit al voorheen op dié forum gedeel. Jare gelede het iemand, wat beslis sy moer gepluk het vir mans wat toilette morsig agterlaat, die volgende rympie agterop elke toiletdeur in die C-blok by Eiland Spa geplak:
Voordat jy loop, kyk in die bak. Miskien het jy teen die rand gek@k. Om skoon te maak is nie so swaar. Of is jy ook 'n vuil barbaar.
En dit het boggherol gehelp!
Chris nou lekker gelag oor…
Chris nou lekker gelag oor die waarheid. ![]()
Ek is een van diegene wat…
Ek is een van diegene wat vasgeskop het teen 'n PP...het altyd gevoel ek slaap nie met 'n chemiese long-drop langs my bed nie. Maar in tussentyd het die jare aangestap en skielik was dit nie meer so lekker om ablusies toe te stap in die middel van die nag nie, veral as vroulief moet gaan en sy "nooi" jou saam om haar op te pas 3 uur in die oggend! Laaste klompie jare is ons die trotse eienaars van 'n PP, maar dit bly streng Nr 1, gelukkig stem mammie saam (minstens vir nou). Huidiglik voel ons die uitvinder van die gedoente behoort 'n Nobel prys in chemiese afval bestuur te kry!
Grillerige PP ????
Goeiemiddag al die huidige Kampers,
Soos sommige van die "ouer" forumlede dalk agtergekom het is die Smitjies nie meer deel van die kamp gemeenskap nie. Ek bly egter steeds 'n "roofkyker" en geniet nog die bydraes van die maters wat nog oor is en die "nuwe" lede.
Hierdie PP besigheid het vir ons 'n heel ander rigting ingeslaan.
Kom een naweek met die N1 terug van POLOKWANE (Pietersburg) af en die groot nood bo-val ons by die Kranskop Plaza. Trek die Amarokkie af by die ENGEN maar o weë. Daar staan ten minste 6 busse en drie keer soveel Taxi's waarvan die "insittendes" ook skynbaar 'n nood ontwikkel het.
As julle dink 'n klomp kampers kan 'n ablusie bemors het ek nuus vir julle. die mans kant moes jy reeds van die deur af in 'n glibberige gemors loop en die wyfies (mens kan dit nie dames noem) se kant was ondraaglik.
Net daar-en-dan neem ons die besluit. By die huis gekom skaf ons een van die kleiner (lees - laer) PP's aan en op ons langer reise haal ek enkel sitplek agter in die Amarok uit en daar word die PP vasgebout vir gebruik.
Die twee agter vensters is donker gemaak en as die nood druk stop ons, ek skuif die drywer sitplek vorentoe en ons gebruik 'n skoon PP vir die nood.
Ek staan by vir die kommentare
Groete - Andre
Amatoilet
Dis nou ‘n slim ombouing. Lyk my dis ‘n Volksie eienaar ding. Ons het in 2022 ‘n gesin van Durbanville in die Kruger wildtuin gekry wat met ‘n Caravelle getoer het daar. Hulle het die PP sommer staan gemaak agter in die bus. Die pa sê sodoende kan hy wildrit so lank en ver as wat hy wil.
Kophoogte is seker.....
...'n probleem Andre.
Kuier gerus saam, en lewer insette. Eenmaal 'n kampeerder, altyd 'n kampeerder en forumlid.
Hallo André !
Baie lekker om weer van jou te hoor !
Briljante plan André. Ek aanvaar julle toer darem nog rond met jou laaie-ombouing agter in die Amarok. Vertel 'n bietjie. Mis julle die karavaan lewe ?
Kophoogte
Middag Wessel,
Kophoogte - neewat Wessel, daardie klein/plat PP is net so hoog as die Tipper se sitplek kussing wat mens uithaal.
Jy moet egter uitklim en agter inklim (wat ek bedoel - jy kan nie binne in die kajuit sonder veel moeite van sitplek verander)
Werk heel spoggerig dankie
Groete
Andre
NS - Ek praat van 'n "Tipper" want 'n hond drink water uit 'n Bakkie





die bederfie in die wa
middag Len, niks grillerig aan die inset nie. Veel nettjieser en skoner as ouens wat skelm teen 'n struik/boom water afslaan. Ek kan bloue bliksems pluk as ek dit sien.
Ons het ook 'n volgrootte toilet in die Kavango. Dit word saans gebruik, ek inkluis. Ons het ook die absurde idee dat dit'n beperkte nut het, wat natuurlik letterlik 'n bollie idee is. Dit is waarvoor die ding en chemikalië ontwerp voor is.
Ek mis my Palma se badkamer met sy privaatheid agter 'n deur. Die Kavango is ook privaat, maar die seildeur is net nie 'n soliede deur nie. Nou dat ek daaraan dink, die Gecko het ook 'n volgrootte toilet, maar geen privaatheid/afskorting nie. Ook nie meer so belangrik nie, dis tog net ek en die beterhelfte in die wa.