In ons karavaan het ons 'n mikrogolfoond wat nogal handig te pas kom om iets mee warm te maak. Deel van ons kamp-kombuis toerusting is ook 'n klein elektriese oond wat ons in die tent/stoepafdak gebruik om kos te maak as daar nie gebraai word nie. By die huis het ons 'n lugbraaier (persent gekry) wat ons net nou en dan gebruik.
Ek het nou gewonder of dit sin sou maak om 'n lugbraaier saam te neem op 'n kamp-vakansie, net vir ingeval die weer nie toelaat dat 'n ou 'n vuurtjie kan aansteek nie. Is hier dalk iemand wat wel so 'n toestel saamneem en indien wel, wat maak julle daarin gaar ?
Sal graag kommentaar wil hoor.
Ns. Ek weet ons is in die Wildtuin en die primêre idee is om die natuur en natuurlewe te geniet. Maar die jare het aangestap en ons ou twee oues het beide 'n lelike knou weg met ons gesondheid. Ons gaan dit dus heelwat rustiger neem en vandaar dat ons net twee kampe gaan besoek. Die meer rustiger tyd kan tot gevolg hê dat ons 'n bietjie meer by die karavaan sal deurbring en miskien is dit die ideale tyd om alternatiewe etes te beproef.
Dankie ChrisB..............
.................ons gaan dan so maak.
Airfryer
Toe ons 3 jaar terug by Dolphin gekampeer het, het ons bure elke oggend ons wakker gemaak met die lekkerste reuk van vars gebakte skons en muffins wat hul dan saam met hul oggend koffie geniet het, Daai reuk was so vrek lekker elke oggend dat ek direk na die vakansie vir my ook so n airfryer gaan koop het met die doel om vir dieselfde doeleindes te gebruik. Dit lyk soos n mini oond en het ook n rotiserie in sou mens n hoender of wat daarin wil gaar spit. Omdat ons nie eintlik lief is om te veel goed saam te sleep nie, was daai oondjie nog nooit saam nie....en tuis staan hy steeds nuut, nog nooit gebruik nie. Ek het al gedink om hom maar weer te smous, maar glo ek sal hom eendag kan inspan as ons miskien lankstaan doen....n maand op een plek.
Johann / Geert
Gegewe ons rustiger Wildtuin kampeerdery gaan ek maak soos ChrisB hierbo aanbeveel - die lugbraaier gaan dus saam en gaan op die proef gestel word.
die waaier braaier
Ek hou van Johann se naam vir die katoeter.
Ek noem vir Marie jou navraag, en kry ek 'n skewe antwoord, "die mense met die groot waens kan ook al die lekker kosmaak goete saamry"
Ons het ene, en dit werk omtrent elke 3de aand by die huis. Die stoof se oond word weer by uitsondering gebruik.
Ek aanvaar dat Marie indirek jou vraag ge-antwoord het.![]()
Het julle nie 'n resepteboek saam gekry nie.? Ek weet wel dat ons artappelskyfies daarin maak.
Len, ons het ook 'n Airfryer…
Len, ons het ook 'n Airfryer wat seker 5 keer 'n week gebruik word. Nie die een wat Geert beskryf nie.
Ons oond word byna nooit meer gebruik nie. Vark tjops, lambtjops, steak, wors en hoender al daarin gaargemaak. Ons maak tot chips daarin gaar. Gevulde aartappels en vele ander kos.

My vrou se niggie het ook so…
My vrou se niggie het ook so een en is nie juis beindruk met hom nie. Ek kan nie kommentaar daarop lewer nie.
Len.
Die lugbraaier gebruik baie minder krag as 'n oond en is dus veel beter om te gebruik. Soos ek verstaan kan mens selfs koek bak met die gedoente.
Ek vermoed my vrou vergeet net sy het een.
Ondersoek alle dinge en behou die goeie, vat die lugbraaier saam en geniet die kos makery, julle is net twee mense.
Ons het maar 'n kleintjie
As ek reg onthou het ons s'n maar 'n 3.5 liter kapasiteit, maar vir ons twee se behoeftes is dit voldoende. Ons gebruik dit so hier en daar. Ek maak graag 'n heel hoender daarin gaar. Jy kry beswaarlik lekkerder hoender - gaar en sappig binne met 'n lekker "crispy" vel. En dan soms vir aartappelskyfies. Ek hou van die meghefter, maar dit het nog nie die plek van my binne-braai (wat 4 keer 'n week gebruik word) oorgeneem nie. Ons s'n is te klein vir 'n pizza, wat vanaand op die spyskaart is - die gewone oond sal maar sy deel moet bydra.
Ek hou van die meghefter,…
Ek hou van die meghefter, maar dit het nog nie die plek van my binne-braai (wat 4 keer 'n week gebruik word) oorgeneem nie.
Piepie jy nou op my pappery.....
Binne braai
Ons het ook ‘n waaierbraaier (en noem dit ook so). Ons gebruik dit gereeld. Dit maak lekker geroosterde aartappels en groente. As die kinders iets vinnig moet eet is dit ook handig vir vis vingers of hoender nuggets en skyfies. Salomien maak nou en dan skaap riblets daarin gaar tot al die vet uitgebraai is en dit so lekker bros is. Smaak amper soos kaiings. Dis nogal skrikwekkend om te sien hoeveel vet lê daarna in die onderste bak.
my binne-braai (wat 4 keer 'n week gebruik word)
Toe ons Worcester toe getrek het was dit vir ons vreemd dat amper elke huis ‘n binne braai het. Toe ons eerste winter aanbreek het ons vinnig besef mens kan nie daarsonder nie, anders sal jy vir omtrent vyf maande van die jaar nie wil braai nie. Ek hoop julle nuwe huis het een Hennie.
Ek hoop julle nuwe huis het…
Ek hoop julle nuwe huis het een Hennie.
Chris, ja ons het 'n binnebraai en 'n buite braai onder 'n klein patio. Die patio loop uit ons leef area uit. Ek glo dit sal die meeste gebruik word.





Vat dit saam.
Ek het ons s'n se boks gehou juis vir wanneer ons dit wil saamneem met vakansie. Wat 'n wonderlike apparaat.