Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Klaserie lughawe - Neef Herman November 2026 Rona du Plessis -54 minutes ago
Voolie en Piet.... November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Wonderlik Voortrekker. Mag… November 2026 neef Herman -1 hour ago
Klaserie? Len gaan weer Kruger Wildtuin… neef Herman -1 hour ago
32,5 °C is vir ons heel… November 2026 neef Herman -1 hour ago
Wessel een van my vereistes… November 2026 Voortrekker -1 hour ago

Auto electrician

Durbanville
Submitted by Jeanne Jones on
Forums

Middag, weet iemand van n auto electrician naby Durbanville of Brackenfell om bedrading tussen motorhome en Jimny wat getrek word uit te sorteer, was by 2 plekke sonder sukses...dankie

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 09/04/2024 - 18:22

Word die Jimny se ligte aan die van Motorhome gekoppel, of kom daar n stel ligte op n " chevron plaat" agter die Jimny vas. Soos wat ń karavaan, boot, sleepwaentjie sin werk.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 09/04/2024 - 19:47

Herman, ek sou raai dis soveel makliker om 'n Chevron plaat agter aan Jimny se stert met rekke vas te sit, en dan 'n doodgewone karavaan prop koppeling te maak. 

Dit hou ook minste risiko in dat ryhuis en Jimny se bedrading teen mekaar werk. Dit is seker ook eenvoudiger as om Jimny se eie ligte van krag te voorsien om te werk.

Wel, soos gesê, my stupid redenasie, wat niks weet van Jimny's agter ryhuise te sleep nie.

Harry, hoe het jy gemaak????

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 09/04/2024 - 19:53

.... kyk na die "wire less" stel ligte waarna Chris S [Wildehont] verwys, te koop by Take alot.

'n Makliker en eleganter oplossing gaan jy nie vind nie. Geen gesukkel met ekstra plaat nie, heg magneties en daar gaan jy.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 09/04/2024 - 20:21

Kan die volgende idee werk???

Is die Jimny agter toegerus met 'n harnas na die agterligte, en 'n 7 punt karavaan prop???

Indien wel, kan 'n "lead" wat elke kant 'n normale 7-punt "karavaanprop" het, dan by motorhome en die Jimny ingeprop word. Dis nou effe omgekeerd---die Jimny se agterligte kry hulle opdragte en krag dan van die motorhome af, want sy eie elektriese stelsel is afgeskakel.

Ontkoppel jy die lead, is alles normaal, en Jimny se elektriese ligte stelsel funksioneer soos normaal.

Wat dink julle elektries, praktiese manne soos Grootwind, Herman, Johann en wie ookal van die voorstel. Kan dit werk, of nie????

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 09/04/2024 - 21:34

Die maklikste oplossing sou wees om 'n 7 core onder deur of bo oor die Jimney te trek met 'n stel agterligte wat op die motor home dmv 'n gewone sleepwa (karavaan) prop te koppel. Sodoende kan jy net eenvoudig ontkoppel en ry soos jy wil.

So stel trailer ligte gaan amper niks kos nie en kan ook maklik as 'n toets apparaat gebruik word indien nodig. Het lank terug vir my so stel met kabel en koppel stuk (7 pin plug) gemaak, en het al baie mense gehelp met fout opsporing.

Dit is egter elke ou se besluit wat hy wil doen.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 10/04/2024 - 07:20

Wessel, die idee om een voertuig in te prop by die ander een.. Klink nie na ń " bright" devil idee nie.   Ek dink as daar krag van ń verkeerde rigting af inkom hier na die sensitiewe boksies agter die dashboard Poef...

Harry met Froggy sal mos weet. Mr Jones kan hom kontak. Skuus die voornaam ontgaan my nou.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 10/04/2024 - 07:34

Gelukkig het ek gevra--"kan dit werk".

Ek sien my agterligte begin flikker----skoenmaker hou jou by jou lees"

Ek vind dit net vreemd dat Jeanne so sukkel om iemand [auto elektrisien] te kry wat hom kan[wil] help. Dit beteken daar is êrens 'n tegniese uitdaging/probleem wat onbekend is aan die gemiddelde ou in die straat.

Dalk daai poef insident waarna Herman verwys. laugh Met deesdae se sensitiewe elektroniese stelsels is die voorstel van Johann en Herman, aparte stel los ligte dan veiligste en goedkoopste oplossing

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 10/04/2024 - 07:42

... want ek kan my nie herinner dat ek al 'n voertuig (die meerderheid Jimny's) wat agter 'n "motorhome" gesleep word, met 'n stel los ligte agteraan gesien het nie. Op een of ander wyse gaan die krag deur na die ligte van die voertuig wat gesleep word.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 10/04/2024 - 08:42

Alle voertuie gebruik deesdae die CAN bus standaard. Gaan lees maar self by die skakel en kyk of julle dit beter verstaan, maar my verstaning is dat dit ‘n soort van netwerk is wat al die elektroniese beheereenhede in die voertuig toelaat om met mekaar te kommunikeer.
 

Ek is nie ‘n sparkie nie, en weet bitter min van auto-elektrisiteit. Ek lei egter af dat ‘n voertuig nie meer “net” ‘n harnas het met al die bedrading nie. Dis hoekom mens nie moet lol met aftermarket goed koppel of installeer nie. Dit kan dalk net die butterfly effect wees wat ‘n orkaan in jou voertuig se CAN bus veroorsaak. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 10/04/2024 - 08:46

As 'n reël is dit altyd beter om twee elektriese stelsels geskei te hou van tafel en/of bed, minstens sover dit moontlik is. Hang natuurlik ook af van die eienskappe van die twee (of meer?) stelsels, bv het albei, of net een, 'n CAN-Bus netwerk soos bv die Rangers, of is dit eenvoudige (outydse) stelsels? (hang ook sekerlik af van die spesifieke model Jimny). Daai magneet ligte idee staan my nogal aan, maklik om 'n kabel (7-kern) van die voorkant van die Jimny permanent deur te trek agter toe met karavaan proppe voor en agter soos reeds hier voorgestel. Met die koste van moderne voertuig elektronika sou ek huiwer om self iets te probeer inbedraad (behalwe die eenvoudige kabel van voor na agter) wat direk koppel op enige van die voertuie se stelsels, dis nou ingeval die elektronika besluit om te begin rook ("electronics works with smoke, if it comes out it no longer works")

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 10/04/2024 - 08:59

Moet ook net byvoeg dat dinge lankal nie meer so eenvoudig soos net "CAN-Bus" is nie, mens kry nou CAN A, CAN B en CAN C (party verwys na A CAN, B CAN OF C CAN net om mens deurmekaar te maak!) standaarde, die verskil is die dataspoed en sekere details mbt intervlakke, aldrie is ook 'n ISO standaard (ISO 11898-1, -2 of -3)....maar dan is daar ook "standaarde" en "standaarde" waar daar 'n paar detail verskille is in hoe die verskillende vervaardigers die standaarde implimenteer. Ongeag die details, as iemand sy "sidecutter" uitpluk en een van die bus se datalyne knip om iets anders in te koppel, het jy groot moeilikheid. Dink ek het nou genoeg gepreek!

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 10/04/2024 - 10:48

...dankie, dit verklaar heel moontlik waarom manne huiwerig is Jeanne te help.

Dus Herman se "poef" voorgevoel is dus gegrondlaugh, nee grondige bekommernis.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 10/04/2024 - 11:19

Dit lyk vir my na ‘n goeie opsie, maar mens moet onthou dat hulle met batterye werk wat herlaai moet word. Van die wat ek op Takealot gesien het, het swak resensies gekry ook. Die wat ek op die Kavango raad gesprekslyn geplaas het, het deur die bank goeie resensies gekry.
 

Mens moet kyk hoe vergelyk die koste met die van ‘n plaat met ligte (hoe kom dit vas agter op die Jimny?) wat met ‘n kabel verbind aan die motor home. Maak ook seker dat lg versoenbaar is met LED ligte. In my Ranger se geval flikker die LED ligte sonder die nodige resistors tussen die Ranger en die wa. Sommige ander voertuie kan jou heeltyd ‘n waarskuwing gee as jy ‘n sleepding met LED ligte daarby inprop. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 10/04/2024 - 15:35

So lyk die lig "toets appparaat" wat ek gemaak het, dit werk vir my en het al 'n paar mense se bedradings fout uit gewys.

Agterligte
Die kabel kan jy so lank as nodig maak, ek het gewone outydse 12v gloeilampies in.

Vir 'n toets ding sou led's onnodige uitgawe wees.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 10/04/2024 - 15:38

My kar het gesukkel om die LED liggies wat ek op die Penta gesit het te sien, vir my was die LEDs nie 'n noodsaaklikheid nie en ek het die ou lampies terug gesit.

0
Cape Town

IlseJ

Wed, 10/04/2024 - 16:04

mits jy 'n ekstra chevron plaat het.  Maar ons sal dit nie deur die Jimny se control bord doen nie.  Daai is moeilikheid soek.

 

Western Cape Caravan Fitment Centre.

3 Eagle straat, Okavango Park, Brackenfell.

Pine 0828245126 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 10/04/2024 - 17:12

Nou ja daar het julle dit...keepen das hands in das pockets and fingers not poken in dem blinken lights! Overgeset synde, moenie iets probeer "reverse gear" koppel na die Jimny se elektrieks nie....  

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 10/04/2024 - 17:16

...ten minste het my bollie voorstel darem 'n lekker gesels uitgelok. Hopenlik gaan Jeanne vir Pine en sy woonwa besigheid opsoek, met 'n Chevron plaat onder die armlaugh

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 10/04/2024 - 17:19

Johann, daai ligte toets magaftir van jou sal sekerlik die ding doen, maar groot om saam te dra? Ek het 'n klompie jare terug vir my die moderne weergawe daarvan gekoop. Kos onder R200 by Adendorffs. Die ding werk met 'n klein 9V battery en het aan die een kant 'n prop wat mens in die karavaan kant indruk en 'n klomp LEDs wat mens die status wys van die wa se ligte, ander kant kan mens in voertuig se prop indruk om die voertuigkant te toets. Die gedoente is die grote van 'n kleinerige flitslig en is deel van alles wat normaalweg in my trokkie is.

Trailer Wiring Circuit Tester Tool 12v 7 Pin Car

 

 

0
Durbanville

Jeanne Jones

Wed, 10/04/2024 - 17:27

Dankie almal. Ek het n kort kabel wat agter motorhome in plug en voor op Jimny langs a frame by nog n prop.  Met agterligte is veronderstel om te werk.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus