15 Jun Hopetown by aangetroude familie
16-17 Jun Potchefstroom by skoonouers
18 Jun Sable dam skuiling (slaap in skuiling)
19-25 Jun Shingwedzi (kampeer teen heining)
26-29 Jun Tsendze (kampeer teen heining)
30 Jun Letaba (hut sonder geriewe)
1 Jul Potchefstroom by skoonouers
2 Jul Victoria-Wes gastehuis
Nog erger
Ford Phalaborwa bel my so 20 min gelede om te laat weet die timing chain cover is nie afgelewer nie en kom nou eers môre. Nou verstaan ek waarom hulle nog nie begin werk het nie. As die Ranger op ‘n hyser is en gestrip is staan daardie hyser stil tot hulle die Ranger weer aanmekaar sit en dit kan af ry. Nou is ons goed geskroef.
Ek skud net my kop ...
... vir die onbehulpsaamheid van Ford en die feit dat die gastehuis in Victoria-Wes nie begrip toon vir julle situasie nie. In beide gevalle is die ou geykte sêding: "Swak Piketberg, swak!" van toepassing.
Chris, het jy heeltemal…
Chris, het jy heeltemal kanselleer of aangeskuif? As jy aangeskuif het, is dit darem wragties bitter swak van hulle.
Chris B......
.... ek wonder hoeveel forumlede kan daai uitdrukking----swak Piketberg, swak
P.Borwa Safari park
Ek het vanoggend so paar woorde met Chris S gewissel. Kan julle glo, Safari park is vol bespreek vir vanaand, dit is waarom hulle so sukkel met verblyf in P.borwa.
Wys jou net, in skoolvakansie MOET mens bespreek, en nie dink/hoop daar is plek in 'n woonwapark nie.
Dalk net ...
... gebore en getoë Kapenaars wat daardie uitdrukking ken. Ek het daarmee grootgeword. Moenie vra waar dit vandaan kom nie, maar dit was algemeen gebruik. 'n Ander een waarmee ek grootgeword het is: "Skande vir Caledon".
Bredasdorp se registrasie nommer...
....CS staan glo vir Common st...nt.
Nou maak ons alweer Chris se gesprek vuil.
Ken dit ook nie. Klink soos…
Ken dit ook nie. Klink soos iets wat met destydse rubyklubs kan saamkom. ![]()
Wragties, ek voel jammer vir…
Wragties, ek voel jammer vir die Smalle. Die vakansie het regtig ń nare ondervinding geword. As ek die teenspoed so luister, gaan die ou man 2 keer dink voordat hy sy waentjie 2000km vêr sleep met sy 10jaar oue ryding.
Ek wonder ...
... of jy nie dalk die spyker op die kop slaan nie.
Klink soos iets wat met destydse rugbyklubs kan saamkom.
Kansellasiefooi
Ek het deur Afristay bespreek, en hulle kansellasiebeleid is dat hulle 25% van die totaal hou op sulke kort kennisgewing. Die gastehuis eienaar was heeltemal bereid om alles terug te gee.
Ons het ‘n paar goed uit die Ranger gaan haal omdat ons moet oornag. Die voorkant van die enjin is al ver uitmekaar gehaal maar die onderdeel wat kort is nog soek.
Om een of ander rede kan ek nie meer foto’s laai hier nie.
Vasbyt Chris, die dilemma…
Vasbyt Chris, die dilemma sal ook verbygaan.
Ja
As ek die teenspoed so luister, gaan die ou man 2 keer dink voordat hy sy waentjie 2000km vêr sleep met sy 10jaar oue ryding.
Ek moes met die 16 jarige gesleep het. Selfs met die aansienlik hoër brandstofverbruik sou dit nie naastenby so duur uitgewerk het nie.
As mens kon weet...
....wat in die binnekant van 'n voertuig aangaan. Dalk sou jy 'n heerlike sorgvrye vakansie gehad het, of dalk ook nie![]()
Julle het rerig die slegte kant van die stok gekry met die vakansie, MAAR jy en gesin is nog steeds ongedeerd, nie beroof, nie beseer of aangerand nie.
Ek het my Isuzu 13 jaar gery, en moes maar met goeie geloof dit gebruik vir al ons gesins vakansies, Kruger toe, Oos London toe, en deur genade het ons nooit langs die pad vasgehak nie.
ChrisS,...................
...............die teëspoed wat julle getref het, ver van die huis af en boonop in 'n afgeleë plek in die Wildtuin, het my ook ernstig aan die dink gesit. My Pathfinder is nou al 11 jaar oud en vir die heel eerste keer in 18 jaar (as ek my vorige Pathfinder se 7 jaar eienaarskap bytel) het my sleepvoertuig ook begin lol - pap battery die laaste twee dae van ons Wildtuin-vakansie, drie weke gelede. Gelukkig kon ek dit vinnig in Malelane vervang. En toe weer op die terugpad in Pretoria die dieselfilter-probleem wat ek gelukkig gou kon uitsorteer sonder dat ek langs die pad in die steek gelaat is. Dan sit ek met 'n 19-jarige Exclusive wat na my mening niks makeer nie, maar g'n mens weet nie wanneer iets groot dalk verkeerd gaan loop nie.
Voeg nou nog hierby ons twee oues van dae se onderskeie ernstige siektes (wat gelukkig nou nog onder beheer is), dan wonder ek of dit wys was om so ver en afgeleë te reis.
In julle geval, julle is nog jonk en kan so 'n terugslag hanteer soos wat julle nou vir ons almal bewys wat julle kan doen.
Nietemin, ek het baie stof tot nadenke, maar ek hou styf duimvas dat julle probleme met die Ford nou opgelos sal wees en dat julle verder probleemvry huis toe gaan ry.
Ns. Ek sien hulle voorspel groot reën hier in die Wes-Kaap vanf Woensdag.
Die voordeel van Calvinisme
Ons moes volgens beplanning gisteraand in Potch by Salomien se ouers oorgeslaap het. Toe ek net na sononder hier vir skoonpa verduidelik wat aangaan met die Ranger en hy sê hoe jammer hy vir ons voel, sê ek vir hom ten minste is ons vier saam, gesond, en veilig. Ons was nie in ‘n ongeluk nie, en dis ‘n tydelike terugslag. Gelukkig gee ons Calvynse opvoeding vir ons die perspektief.
Wat ver reis met ouer voertuie brtref glo ek nie die insident gaan my ontmoedig nie. Die afgeleë aard van die wildtuin en omstreke bied uitdagings, maar ons het hulp uit baie oorde ontvang. Tyd is net nie aan ons kant nie. Die Ranger het nou amper 110 000 km op, wat nog min is. Die laer wat gefaal het is nie ‘n algemene probleem van die voertuie nie. Dis ‘n geseelde eenheid, so dit is nou maar eenvoudig ‘n meganiese komponent wat om een of ander rede gebreek het.
Ek het die werktuigkundige by Ford gevra, en hy het nog net een keer voorheen een vervang op ‘n T6 Ranger, wat in ‘n ongeluk was. Die olielek wat ontstaan het agv die waaierband stukke wat agter die cam pulley saamgekoek het is wel redelik algemeen. Alhoewel Phalaborwa taamlik afgeleë is en nie ‘n reuse dorp is nie, is hier vrek baie bakkies agv die myn bedrywighede.
Lig?
Ek het baie jammer vir myself gevoel op verskeie geleenthede die afgelope nege dae. Mens sien lank uit na so ‘n vakansie, en bestee ‘n klein fortuin daaraan. Die bedrag het ook met rasse skrede toegeneem oor die laaste week. Verder is die Krugerwildtuin my happy place hier op die planeet, waar ek waarlik kan afskakel en herlaai. Vanwee omstandighede by my werk het ek dit vanjaar nodiger as in ‘n lang tyd gehad, en vanwee omstandighede tydens ons besoek was die afskakel en herlaai nie wat dit moes wees nie. Om my daaroor te verknies gaan my egter net verdere hartseer in die sak bring.
Dit het gister voorgekom asof Ford nie veel empatie met ons het nie. Hulle koerier het die een onderdeel agtergelaat, en toe ek vir hulle vra of hulle dit nie elders kan kry nie sê hulle die naaste een is in Burgersfort maar hulle mag dit nie gaan haal nie, hulle moet Ford se koerier gebruik. Nadat ons gevra het om met die eienaar te praat het die dame ons eers met die diensbestuurder laat praat, en sy het toe ‘n drywer gestuur om die onderdeel wat van Polokwane af moes kom te gaan soek. Vanoggend het hulle bevestig dat die drywer laat gisteraand terug gekom het met die onderdeel. Hulle gaan dit vandag insit en die Ranger weer aanmekaarsit, maar kan nie bevestig hoe laat hulle gaan klaar wees nie omdat hulle ander werk ook het. Gister het hulle eers nadat die dienste wat vir die dag bespreek was afgehandel was begin werk aan die Ranger. Ek hoop maar hulle begin vroeër vandag omdat die bakkie in een van hulle vier diensvakke staan.
Ek het ernstig oorweeg om vir vanaand en môreaand plek te probeer kry in die wildtuin, omdat ek reeds ‘n ekstra dag se verlof sal moet vat en dan bly net Vrydag oor by die werk. Maar dit sal nog onkostes beteken en as daar dan weer iets fout gaan kom ons dalk nie Sondag tuis nie.





Ai, 'n mens is so uitgelewer..............
..........aan ander. Die Ford mense wat nie julle tameletjie van kosbare tyd in ag neem nie (soos Nissan Sinoville in Pretoria wat my ook nie wou help met my dilemma nie), en dan wragtag die Victoria-wes gastehuis wat verkies om julle (ou kliënte) se helfte van die deposito terug te hou en ook nie julle spesifieke omstandighede inag neem nie. Wat is die naam van hierdie gastehuis dat ek nooit van hulle verblyf gebruik sal maak nie.
Daar is soveel goeie en behupsame mense in hierdie ou wêreld, maar dan is daar ook die onbehupsames waarmee ons ook moet saamlewe.