Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -2 hours ago
Toe word ons dors Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Steeds lekker vooruitsigte - vir Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Rona du Plessis -3 hours ago
Meiringspoort status Pad en roete inligting Wessel Strydom -3 hours ago
Sterkte Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -4 hours ago
Chris B Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -5 hours ago

Meyer's se droom toer.

Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer
Submitted by Jan Meyer on
Forums

So breek die oomblik aan........................................en kon ons die toer begin in Durban.

Na harde werk om die huis netjies en ordentlik agter te laat is die sleutels Sondagoggend om 7uur aan die agent oorhandig. Daarna is die Classique gehak en ons die pad na Johannesburg aangedurf. Pad was redelik stil en na byna 57 jaar van werk jaag niks ons meer nie en het rustig gery. Kon dit sien aan die brandstof verbruik wat my nogal verbaas het want ons is swaar gelaai.

By ons dogter aangekom en  ons seun het Vrydag geland van Papua New Guinea af vir sy vakansie. Gaan 'n paar dae saam kuier. 

Droom toer

Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Wed, 18/09/2024 - 10:46

Wessel..............................................................ons is veilig op die plaas dankie. 

Baie goed gebeur vandat ons op 4 September hier aangekom het. Baie besig en sal later verslag doen. 

 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Wed, 18/09/2024 - 13:39

Twee Rivieren...............................................vertrek op 4 September. Het in in bugalow gebly en was netjies met alles wat benodig word in. By Mata Mata deur grenspos in Namibië in. Mense baie vriendelik en behulpsaam. 

Die grondpad na Gochas was in 'n goeie toestand maar net na Gochas was dit baie uitgery maar rybaar tot by Stampriet. Daar is 'n korter pad net na die grens maar hy het nie goed gelyk nie. Van Stampriet af is ons na Aranos met 'n nuwe teerpad. Daar is nog so 50km grondpad van die 150km van Aranos na Gobabis wat hulle besig is om te teer. Die pad sal van Keetmanshoop geteer wees na Otjinene en noord. Dit gaan aan die oostekant van Gobabis verby. 

Van Gobabis nog 100km tot op die plaas gery. So 16h00 hier aangekom. 

Baie belangrike goed was op die agenda wat hier gedoen moet word maar eers is ons die 6de September na Windhoek om kleiseun te sien speel vir Windhoek Gym in die nasionale eindstryd wat hulle gewen het. Die 7de is ons Walvisbaai toe vir kleindogter se gimnastiek uitdunne waar sy 'n tweede plek behaal het. 

Terug plaas toe en toe het die die werk begin wat te doen het met wild wat ek nie bereid is om hier te bespreek nie. Hier is mense wat nie sal of wil verstaan nie.  Die lang droë stof dae was rof maar 'n belewenis vir my. Net noem niemand is beseer nie. Dit is droog hier en wragtig die boere in die kalahari kan saamstaan. Dit mense is vêr uitmekaar maar soos 'n familie. 

Later meer oor die ongeluk wat met ons gebeur het. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 18/09/2024 - 13:54

Dankie vir die vertelling en foto’s. Namibië is darem maar ‘n lieflike land. Dis jammer hulle het onafhanklikheid gekry, as dit ‘n provinsie van SA was kon mens daar gaan woon het. 
 

Ek hoop nie die ongeluk waarna verwys word was ernstig of het baie gekos nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 18/09/2024 - 14:18

sjoe Jan, daai fotos vertel lelike droogte verhaal. Hoe oorleef mens en dier nou daar. 

Ons wag geduldig vie verdere vertellings.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Wed, 18/09/2024 - 14:31

Chris . .....................................................die ongeluk is maar iets wat ongelukkig hier gebeur maar dit is die eerste keer wat dit ons familie oorkom.

Maandag was my seun en ek met die Cruiser oppad dorp toe om voer te gaan laai en ook werkers se 8 kinders wat vir die vakansie op die plaas was terug te neem vir skool. So 30km van die plaas af kom 'n groot koedoebul uit die bosse uit en regvoor ons in. Slaan hom links voor met die bullbar en die bul is teen die windskerm en die pilaar regs oor en sy horing breek op twee plekke af waar dit die tralies regs agter tref. 

Ons is in die bosse in vir sowat 40meter terwyl my seun beheer oor die cruiser probeer terugkry terwyl die agterend sy eie pad wil volg. Gelukkig nie een boom getref nie en toe ons tot stilstand kom was dit seker maar van skok klim ek uit en loop pad toe. Storm terug en vra of die kinders agterop almal ok is. My seun klim uit en hou sy regter been vas. Vra of hy ok is en haal glas stukkies uit sy been uit. 

Deur baie groot genade van bo is almal ok maar koedoe is dood en Cruiser erg beskadig aan regterkant se kajuit. Stuurwiel en paneel so 100mm terug geskuif. Die pilaar is gebuig en was ons gelukkig dat dit die grootste impak gevat het. 

Weereens die armste mense se geloof beleef toe die kinders vir my sê  "Oubaas God het ons vandag gered" 

Dat die koedoe nie op die kinders beland het nie en ons regop gebly het was net genade. Daar was ook geen sein sodat ons iemand kon kontak in geval van nood nie. 

Ons laaste twee aande op die plaas voordat ons Vrydag deur Botswana na JHB reis. 

 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 18/09/2024 - 15:03

Sjoe, dit is werklik net Genade dat julle sonder ernstige beserings daarvan afgekom het! Mens hoor deesdae al hoe meer van koedoes wat helder oordag voor motors inspring. 
 

Geniet die res van die besoek en reis veilig terug!

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 18/09/2024 - 16:31

om van julle teëspoed te hoor, Jan. Ek is saam met julle dankbaar dat almal gespaar en nou veilig is. Ons het dieselfde in die Bosveld ervaar dat koedoes voor voertuie inspring - soms met vreeslike gevolge. Het sommer hoedervleis gekry toe ek hier begin lees en kan nie genoeg dankie sê dat almal ongedeerd is nie.

Veilig reis verder en ons hoor graag weer van jou.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 18/09/2024 - 16:33

...wat kan mens meer sê as wat die werker kinders gesê het.

Veilig ry terug.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 18/09/2024 - 16:40

Dankbaar dat niemand beseer is nie, dit is genade alleen.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 19/09/2024 - 21:50

........vrou die destydse Suidwes-Afrika van noord na suid en van oos na wes met ons nou reeds bekende Ford Anglia en Sprite GT karavaan deurkruis terwyl ek inspeksies gedoen het by die destydse Volkskas takke daar.

Destyds al het al die plaaslike mense ons gewaarsku teen springende koedoes oor die pad waarvoor 'n mens altyd op die uitkyk moet wees.  Om in die nag daar te ry was so te sê verbode want jy sal verseker met 'n koedoe bots.

Jammer Jan om van die ongeluk te hoor maar baie bly niemand is ernstig beseer of gedood nie.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Fri, 20/09/2024 - 18:19

Terug in RSA.

Vanoggend op die plaas weg en is nou in Zeerust waar ons gaan oornag. Lang pad agter die rug en alles het mooi geloop. 

Pakkie gekerfde biltong afgestaan by die RSA grens want het "te veel" hout en vleis. Dit verwag en pakkie met te veel vet spesiaal daarvoor eenkant gesit. smiley

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 20/09/2024 - 20:51

bly om te hoor dat julle 'n veilige rit gehad het tot in Zeerust.

Daardie biltong in ruil vir te veel hout en vleis....nie sleg nie. Wen-wen situasielaugh

Hoop die res van julle pad verloop ook mooi.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 21/09/2024 - 09:08

Bly julle is nog veilig en terug in RSA, ry veilig verder. 

Maar antwoord my tog, hoe kan biltong te veel wit vleis aan hê, sjee dit maak nie sin nie.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 21/09/2024 - 09:28

Johann, ek antwoord sommer namens Jan - hy trek seker by hierdie tyd nader aan Buffelspoortlaugh. Ek het 'n idee dat jy vanoggend jou vrou se bril op het. Te veel wit vleis aan die biltong kan moontlik gebeur indien mens hoenderbiltong te dik gesny het? Maar dit is nie wat Jan gesê het nie - lees weer, en lees stadig....laugh

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 21/09/2024 - 12:52

Nee regtig, dit is mos juis daai deurskynende olierige vetjie wat biltong sy smaak gee.

Het weer gaan lees, stadig gespel, alles soos op graad twee, maak nog nie sin niewink

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 21/09/2024 - 14:10

... dat iemand sê dat die enigste witvleis wat hy eet is die wit gedeelte op 'n stuk rooivleis - m.a.w. die vet. My seun vra altyd, as hy beesbiltong koop, dat daar ook genoeg witvleis aan die biltong moet wees.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 21/09/2024 - 16:02

aan biltong.....'n eerste vir my. Ons praat net van vet en verkies geelvet - en dit moet regtig geel wees. Sommige slagters adverteer dit ook sò en lok dan baie klante. 

Hiermee my verskoning Johann. Sal tweemaal dink voordat ek weer vreemde terme bevraagteken.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 21/09/2024 - 16:31

Geen verskoning nodig nie, so ontstaan meeste misverstande. Daai geel olierige vet staan onder ons mense as wit vleis bekend, dit moet so van jou lippe af loop om beter as heuning te proe (my mond water nou behoorlik)

Hiermee my verskoning Johann. Sal tweemaal dink voordat ek weer vreemde terme bevraagteken.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 21/09/2024 - 17:09

Stukkie useless maar daar is ń verskil tussen geel en wit vet. Geel vet is meestal by diere wat baie geelmielies in hul voer gekry het, meestal in voerkrale. Wit is meer die " normale" kleur van vet. Ek verkies wit vet op my vleis, maar eet dit nie baie nie, verstop die are. Giepie kry die stukkies vet, hy hou daarvan. BTW 1 in 6 in SA skop die emmer agv hartvatsiektes, meer as van Kanker.

 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus