Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Groot G... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Ja Geert, my broer hulle bly… November 2026 Groot G -1 hour ago
Bome omwaai November 2026 Geert -7 hours ago
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -20 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -21 hours ago
Hael November 2026 Geert -21 hours ago

Oktober 2024

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Nou ja, daar is dit Oktober 2024. Dit beteken net een ding, mens moet fyn begin luister vir die skimpe om die korrekte Kersfeesgeskenke te koop.

 

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 29/10/2024 - 18:17

Volledige onderstel- en mover-diens het R2030 beloop. Die rede hoekom gereelde mover-diens aanbeveel word, is omdat bande afloop en die spasie tussen mover-roller (in die geval van Ewiks) moet verkieslik 15 mm wees. Ek het nou 'n groot mate van gemoedsrus vir eerskomende Desember Montagu toe, Januarie Dwarswegstrand toe en April/Mei/Junie wildtuin toe en terug.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 29/10/2024 - 18:45

Naand Chris, jy noem dat hulle nie fout kon vind met genoemde komponente nie, maar hulle het sekerlik na bearings gekyk, gevoel en ghries aangevul.

Hulle het seker na remskoene en instelling, opstel soos nodig, ook gedoen/kyk. 

Eintlik gee daai R2000 baie gemoedsrus. Dis lekker om die pad te vat as mens weet alles is reg, en dat mens die werkwinkel se mense 100% kan vertrou. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 29/10/2024 - 19:34

... ek kan my net verlaat op wat my meegedeel is. Die bearings was blykbaar 100% en nie nodig om te herpak nie. Hulle is tevrede dat die remme korrek gestel is. Nou wat kan hierdie leek, wat sulke aspekte aanbetref, nou eintlik sê. Ek vertrou Pine en sy personeel - daarom het ek totale gemoedsrus.

In die verlede het ek my vertroue in Cara-Camp geplaas - en persoonlik het ek nog nie rede gehad om hulle te wantrou nie. My seun se ervaring met Cara-Camp is egter nie op dieselfde level as myne nie. Dieselfde geld vir my Toyota-agentskap. Ek is baie gelukkig met Hermanus Toyota, maar my seun deel nie my gevoel nie. Dalk is ek te stupid.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 30/10/2024 - 05:17

Môre Chris B

Dit vat lank vir my om so 'n vertroue op te bou. Onlangs het ek my wa laat diens, die groot werk aan remme se stang en kabels. Terug by die huis, na 30km, is die linkerwiel voelbaar warmer as regterwiel. 

Bel die ou en sê die remme of bearings is nie reg nie. Hy kom na my huis toe en stel dit nog losser. 

Dit was nie die fout nie, hele tyd met son aan 1 kant terug gesleep. Ai tog, het soos 'n aap gevoel, maar die ou het ekstra myl gestap.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Thu, 31/10/2024 - 14:49

In ongeluk.                                            Vanoggend in 'n ongeluk betrokke. Was oppad van George af en net voor Sedgefield is daar padwerke met net een baan aan beide kante oop en 60km spoedbeperking. Sien'n dame met "hazards" aan in Isuzu wat regs wil draai by plaaspad in en wag vir ons om verby te kom. Groot trok kom te vinnig aan en kan nie betyds stop nie en slaan haar links agter en stoot haar voor ons in. Kon nie betyds uitswaai nie en sy slaan ons aan die regterkant. 

Kon my humeur swaarlik beteul want die arogansie van die drywer het my amper iets laat doen. Selfs sy maatskappy Trade City Dustribution sit die telefoon in ons oor neer toe ons navrae doen of die drywer ons die regte informasie gee. angry

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 31/10/2024 - 14:59

Jammer om te lees van julle ongeluk. Dit wys maar net weer dat ‘n ongeluk soms nie vermy kan word nie. Ek hoop julle het nie enigsins seergekry nie. Lyk darem of die skade aan die Ranger net panele is wat ‘n goeie paneelklopper so goed soos nuut sal kan herstel/vervang. Sterkte met die proses. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 31/10/2024 - 15:29

...jammer om van die ongeluk te lees. Ek dink dat die liewe Vader julle beskerm het. Dit kon baie erger gewees het. Genadiglik het julle nie seer gekry nie.

Ek raai die sitplekgordels kon julle dalk geskaaf het.

Hou ons ophoogte met versekeringseis, en herstelwerk.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Thu, 31/10/2024 - 16:11

Ek ken daai gevoel. Sterkte dit is nooit lekker nie en dit lyk darm dat daar geen strukturele skade is nie. Weereens bewys dit dat groter hoër en swaarder voertuie is veel veiliger. Ek sidder om te dink hoe `n klein Getz of Suzuki of iets dergliks sou gelyk het.

Hopelik word die panele vervang en nie herstel nie.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Thu, 31/10/2024 - 16:18

Dankie almal.                                           Die "steprail" langs die Ford is onder die bakwerk ingedruk. Dink dit het baie gehelp vir dalk groter skade. Elmarie het bietjie gekla oor haar nek wat seer is toe ons wegry en het afspraak met Dr. om seker te maak.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 31/10/2024 - 18:17

Ek het gister die wieletjie vervang. Die oue het sulke krake in sywal gemaak.

Kos my R363 vir die soliede wieletjie. Mensig, goet het duur geword, 'n volledige neuswiel-katoeter kos nou enige iets tussen R1200 tot R2500. Ek was stomgeslaan oor die pryse.

 Ek sal wag tot volgende jaar met diens van wa voor ons in die pad val Kruger en WesKaap toe. Soos Herman opgemerk het, my wa kry/benodig gereeld "Extreme make overs". Dalk moet ek net 'n nuwe wa aan die koppelstuk laat sit. Dis dalk goedkoperlaugh

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 31/10/2024 - 20:55

Ai Jan, baie jammer om te verneem van julle ongeluk met die Ford. Egter baie bly  julle is nie beseer nie.

Miskien moes julle maar eerder nie huiswaards gekeer het om die nuwe gras te gaan natgooi nie en eerder verder gekamp het !

Sterkte met die versekering en herstelwerk.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 01/11/2024 - 07:54

('n bietjie in die verlede, aangesien dit nou November is), maar ek sien en hoor nou eers van jou teëspoed. Baie dankbaar dat julle nie ernstig seergekry het nie. Sterkte met wat voorlê.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Fri, 01/11/2024 - 10:15

Ongeluk terugvoer.                                                    Assuransie het die eis goedgekeur. Ons het fotos van die Ford gestuur en hulle sê daar is R40000.00 goedgekeur en sal aanpas as voertuig by paneelklopper is. 

Elmarie se nek is vandag beter. Seker maar net styfgeskop.cheeky

Daar is geen bybetaling nie en sal reël dat 'n huur voertuig beskikbaar is die dag as ons die Ford by paneelklopper los. 

Is nou nie die geelsambreel nie winkmaar groen het ons nog altyd goed behandel. smiley

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus