Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dom onnosel November 2026 Rona du Plessis -33 minutes ago
Skreeusnaaks! Springbok rugby Rona du Plessis -1 hour ago
Libbok Springbok rugby Geert -1 hour ago
Regering en K I November 2026 Geert -2 hours ago
Meiringspoort nuus Meiringspoort Wessel Strydom -4 hours ago
bande en ekonomie van skaal November 2026 Wessel Strydom -9 hours ago

Moet ons nie maar die deure sluit nie?

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Ek vra die vraag, want hier gaan darem 'n f met 'n kol aan. Hou almal reeds krismis by die see, of waar ookal? Is ons teen hierdie tyd van die jaar net gatvol en lus vir niks - selfs nie eens korswil met mekaar nie? As dit nie vir ou Wessel was wat sy bes probeer om dié forum aan die gang te hou nie, sou hier klaarblyklik heeltemal niks aangegaan het.

Ek dink ek gaan ook maar nou afskakel vir die "silly season" en weer in die nuwe jaar kom inloer of hier nog lewe is.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 23/12/2024 - 07:12

Stem saam Chris B, ek merk al geruime tyd op dat onse forum redelik stil raak oor naweke. 

Mens sal tog verwag dat die gelukkige persone wat gaan uitspan by die see, of waar ookal darem so bietjie sal deel van hulle wedervaringe. 

Wel, Chris S en Geert gaan binnekort met verlof, dalk sal ons van hulle lekker reisverhale kan kry. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 23/12/2024 - 07:17

.....is in die hospitaal opgeneem. Ek hoop nie Len gaan my verkwalik nie, maar sy gaan moontlik vandag 'n operasie aan haar been, om bloedbloei te herstel, moet ondergaan.

Ek het toevallig gister hom gekontak oor 'n verwysing na 'n goeie dokter, toe het hy my die ontstellende nuus meegedeel. Andersins sou hy sekerlik al lekker vertel het van sy Hartenbos vakansie, en vergete dongellaugh

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 23/12/2024 - 07:19

Mens sal tog verwag dat die gelukkige persone wat gaan uitspan by die see, of waar ookal darem so bietjie sal deel van hulle wedervaringe. 

Ek is weer van mening dat baie mense nie op sosiale media wil wees wanneer hulle weggaan met vakansie. Hoekom wil jy heeldag op sosiale media wees ipv jou vakansie geniet. Dit is dieselfde soos mense wat in restuarante sit en die  heeltyd op foon. Watse kwaliteit tyd het jy saam jou familie.

Kruisig my maar.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 23/12/2024 - 07:27

Môre. Ons jonger dogter is nou hier erens naby, hulle ry gewoontlik deurnag van daar af, so 8 uur se solid ry. 

By die kamp is die beddens opgemaak, reg vir die klompie wat eers sal gaan I kruip tot middag se kant toe.  Die tente en Jurgie staan heel dag in due skaduwee.

Dan gaan ons vuur aansteek, ń koue oopmaak, en bietjie om die tafel sit daar, so skwêr een wat 12 by kan sit, en lang stukke gesels. Die kleindogters is vreeslike goeie " impressionists" ?? Die wat ander stemme naboots? en vermaak ons baie. Sal in so erg engelse aksent soonseun antwoord. Of ń haai polaai Antie van Clifton se woordkeuse en stemtoon mee praat.

Nou ja, mag die vrede en voorspoed julle verveel. Sal inloer as die tyd daar is? Nee wat daar sál tyd wees om met my kampmaters te kom gesels. Al is dit nie kampsake nie.

Kamp

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 23/12/2024 - 11:48

Nee wat, net omdat hier nie baie geraas hier is nie beteken dit nie daar gaan niks aan nie. Kyk nou maar die lekker fees wat in die Klein Karoo beplan word. 
 

Ons het nie so ‘n familie nie. My ouers is al lank weg - my pa 17 jaar en my ma amper 10. My suster sien ons ‘n paar keer ‘n jaar maar sy het nie kind of kraai nie en ek kan nie onthou wanneer laas ek my broer gesien het nie. Kara was nog in doeke en sy het 12 Desember 8 geword.
 

Salomien se ouers en broer is in Potch maar die tannie en haar skoondogter sit nie om dieselfde vuur nie. Haar een suster is in Nieu-Seeland en die ander een trek uiteindelik in Januarie na 14 maande uit ons huis na ‘n huurplekkie toe. 

Ons vier dus Kersfees alleen tuis, maar dis ook hoe ek my vakansies verkies - saam met net my drie gunsteling mense. ‘n Kampeervriend wat Vrydag Pine Creek toe ry by Grootbrak het Saterdag by ons kom braai. Drie van sy vriende kom op verskillende tye by hulle oorstaan op hulle staanplek tydens hulle verblyf daar, en hulle kuier so oor en weer met ander mense wat ook in die oord kampeer. Hy geniet hom gate uit, maar dis nie my idee van ‘n vakansie nie. 
 

Hoe julle almal ookal julle Kersfees en vakansie deurbring, geniet dit ten volle en moenie vergeet wat ons eintlik vier tydens Kersfees nie. Vrede. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus