Hi Almal
Het eninge iemand al by BOSBOKSTRAND gekamp?
Ons beplan om Des vir 3 weke daar te gaan kuier.
Wat was julle ervaring?
Groete
Solly
Dankie Solly
Dit lyk baie lekker daar.
Watse toestand is die grond pad ?
Bosbokstrand kontakbesonderhede
Môre Solly
Baie dankie vie die terugvoer. Dit lyk en klink na die plek vir my. Klein, goed toegerus en eksklusief.
Nou moet jy net asb die plek se kontakbesonderhede met ons deel.
Groete
Kontak besonderhede - Bosbokstrand
BOSBOKSTRAND
Tel: 043 8411 644
Sel: 082 951 4747 (Slegs SMS’e)
E. Pos: bosbokstrand@gmail.com
Gaan soek hulle ook op Facebook.
Geen website nie....
Groete
Solly
Kontakbesonderhede
Môre Solly
Baie dankie vir die info. Ek het agtergkom dat geen webblad bestaan nie.
Ek gaan êrens in toekoms soheentoe, dit klink of mens die beste van 2 tipe omgewings het, wildtuin en see-omgewing.
Die 20km grondpad is net kort genoeg om ongewenste gaste en ouens met sagte kombinasies weg te hou.![]()
Groete
Watse toestand is die grond pad ?
Ons het 'n karavaan en nie boswa nie, dus het ons baie stadig gery want die pad maar rof.
Ek was die enigste een wat gekla het...... Ek is OCD ![]()
Grondpad
Hello Solly
Ek het vir baie jare gekamp by VSA naby Gonubie, en daar was ook so 8km grondpad, wat ek met 'n Palma moes oorkom.
Die lekkerste kere was wanneer ek so gelukkig was om die padskraper aan die werk te kry. Dan sleep mens maar lekker stadig, maar so glad soos 'n bababoud oor die pad.
In die wille Krugertuin het ek ook gekruip tot in Balule, maar mens kyk mos diere- wie sal my dan aanjaag.
Groete
PS: Nog fotos van Bosbokstrand se kampeerplek sal geniet word.
Vriende van ons…
Vriende van ons........................................het sopas teruggekom van Bosbokstrand en dit baie aangenaam gevind en sal weer gaan.
Daar was spesiale programme vir die kinders aangebied en die kampeerplek is mooi onderhou.
Die sowat 15km grondpad om daar tekom was ook in 'n goeie toestand.
Grondpad het voordele....
Dit hou verkeerde elemente weg. Dis nou die straatbraai tipes![]()
![]()
![]()
Jammer, ek kon myself nie keer nie![]()
Naaste winkel ????
Jan, vra tog jou vriende na winkels se nabyheid. Moet mens heeltemal selfversorgend wees tov brood, melk, tiermelk, vleis vir die tyd wat mens daar kampeer, of is daar plekke op Haga haga ?
Klink na die regte plek om te gaan staan en vandaar die omgewing te verken. Daar is soveel pragtige plekke en oorde tussen Oos Londen en Keimond.
webblad
Ek sien die oord het nou 'n webblad. Ek sien dit val onder die vaandel van Solidariteit.
Ek sal volgende week hulle kontak en tariewe uitvind. Op die oomblik adverteer hulle kampplek tariewe as volg;
Kamp in skoolvakansies: R400/2p R570/4p per nag
in Desember vakansie R1120/ tot 4 persone per nag.
Tariewe vir 2025
Ek het vanoggend met vriendelike dame daar gesels.
Dit is effens verwarrend, dit klink of hulle kampeerterrein nie heeljaar oop is nie. Dit is oop vir skoolvakansies en Desember maand, teen die tariewe hierbo geplaas.
Mens sal maar epos moet stuur indien mens daar wil bespreek, om seker te maak dat hulle wel oop is vir kampering.
Chris S: wat is DWS se skoolvakansie tariewe invergelyking
Dwarswegstrand tariewe
Ek is nie seker wat die tariewe vir twee mense is nie, maar vir ons vier het ek Desember R930/aand betaal en tydens die komende Maart/April skoolvakansie is dit R390/aand vir ons vier.





Planne vir Des? Bosbokstrand
Bosbokstrand is 'n ongerepte paradys! So 20km grondpad, maar as jy in die kamp kom is dit hemels. daar is so 40 karavaan staan plekke. Ablusie geriewe is baie goed, plek vir skottelgoed and ook masjiene vir wasgoed. Klein winkel met water, lekkergoed ens. Ons het 2 weke hier gekuier.
Die stands is nogal groot met heelwat koelte. Die strand is 200m van die kamp af. Dis 'n strand van so 10 of 12 km en net ons by Bosbokstrand het toegang gehad na die strand - 'n paradys. Geen dag besoekers Ek het elke oggend so 10 km op die strand gestap, kop lekker skoon gemaak! Daar was kerk dienste, sand kasteel kompetisie, baie vriendelike personeel en kampers. Baie van die kampers gaan elke jaar daar kuier vir die laaste 8 tot 10 jaar. Ons het gevoel ons kamp saam met 'n groot familie! Ek kan sien hoekom! Ek sal die plek ten sterkste aanbeveel. Dis 'n private game reserve. Jy kan daar visvang, maar met beperkings want hulle is baie natuur bewus. Ons sal beslis weer terug gaan. Hier is a paar fotos!