6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -33 minutes ago
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -6 hours ago
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -8 hours ago
6 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Swak sein Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -11 hours ago

Verskynsels in die natuur...

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on

sowel as natuurverskynsels. Sit ek vanaand en terugdink aan iets wat ek as kind feitlik jaarliks ervaar het maar seker 25 jaar gelede laas gesien het - nie so 'n rare verskynsel nie, mens is net nie altyd op die regte tyd op die regte plek nie. Vir diè wat dit nie ken nie:

Dit gaan oor die springende Tambotieboom-sade. 'n Springboontjiemot lê eiers in die groen sade van 'n Tambotieboom. Die sade word ryp en val af. Dis in hierdie stadium wat mens die sade kan sien "spring" (as ek reg onthou is dit so 3 cm hoog). Die larwe binne die saad begin dan nou kriewel in 'n poging om uit die son te kom en dit veroorsaak dat die saad op en af spring. "Om uit die son te kom" - dit is hoe my pa dit aan my verduidelik het - staan onder korreksie - nietemin baie interessant om dit dop te hou.

Wanneer jy ooit in die lente by 'n Tambotieboom uitkom, kyk vir die mooi boom, en ook onder op die grond rondlaugh

*By Afsaal piekniekplek in die Kruger wildtuin is waar ons dit die laaste keer gesien het.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 26/01/2025 - 07:55

... is ook die plek waar ek dit die enigste keer gesien het - sogenaamde "jumping beans".

Worcester

Wildehont

Sun, 26/01/2025 - 12:05

Die springende saadjies het groot vermaak verskaf toe ons jonger was. Ongelukkig is daar nie tambotie in die noorde van die Krugerwildtuin waar ons heengaan nie.
 

Die verspreiding van swartrenosters kom terloops ooreen met waar tambotie voorkom. Hulle word nie geraak deur die giftige melk van die boom nie. Waar hulle daaraan gevreet het sny hulle die takkies op ‘n kenmerkende skuins manier af. 
 

Mense is egter nie bestand teen die giftige melk nie. Selfs braai op die hout of inasem van die rook van ‘n tambotie vuur kan ernstige maagwerkings veroorsaak. 

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 26/01/2025 - 17:27

Nog nooit gesien nie, maar al gehoor van die saadjies wat so hop. Hoe op aarde kan die wurmpie, of wat ook al binne die saadjie sit , dit die lug laat inspring?

Is dit dalk die "bone sop" effek waar interne druk skielik en onwillekeurig ontsnap? laugh

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 26/01/2025 - 17:43

Laat ek die week se waarneming van vertel.

Elke laat middag sit ek en Giep  op ń bankie by ń visdamnetjie hier voor ons huisie. Die muise wat daar 3 families van om die dammetjie woon, sit al op hulle stukkies " strand" en wag dat ek hondepilletjies vir hulle gooi.  Krappe lê ook en wag, hulle geniet die hondepille net so baie, en natuurlik die magdom  Vleikurpertjies.

In een hoek van die dammetjie is ń hele klomp klippe wat daar gesit is vir wegkruipplek, die visvangers geniet die kurpers baie. Nou die klippe is ook ń gunsteling plek vir die Skerneus paddas wat in die dam woon. Hulle sit en wag vir insekte wat seker kom water kry, en vang hulle dan.

Eergister sit dieselfde twee paddas weer roerloos op hulle poste. Die een so bietjie hoër as die ander en staar so bo-oor die ander een wat hier onder hom sit so 300mm weg. Die een sit weer op sy beurt reguit en kyk vir die padda op die " troon". Albei roerloos stil.

Soos my geluk dit wil hê, kyk ek in hulle rigting net toe die padda wat laer sit die ander een bo van sy verhewe troon afduik dat hy daar trek, en vat die sitplek oor.

Kon nie anders as om lekker te lag nie.

Sedgefield

Jan Meyer

Sun, 26/01/2025 - 18:17

 Lekker vertelling                                        dankie Herman.         

Sit ons ook elke middag nadat die son agter die bome in is en uit die oë die voeltjies en  dophou vanaf ons stoep.  Die geskasrrel vir die laaste water drink en party nog bad ook inkry. 

Lekker bioskoop en verniet. 

 

Brits

Wessel Strydom

Sun, 26/01/2025 - 18:59

....dit was nie dalk effe rowwe voorspel vir die "padda wou gaan opsit" nie??

Geniet daai paradys, ek het solank julle adres opgegee vir onteieningdevil

Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 26/01/2025 - 21:58

Ons was nog nie by hierdie plek in die Kalahari met sy "brulsand" nie, en dit fassineer my sedert ek die eerste keer daarvan gehoor het by 'n man en sy vrou wat destyds bestuurders was van die bekende Van Zylsrus hotel. Ek het agterna daaroor gaan oplees en die volgende interessante inligting gekry:

Alhoewel niemand met sekerheid weet waarom die duine "brul" nie, word daar wel vermoed dat dit die gevolg is van hoë wrywing tussen die geronde ysteroksiedvrye korrels en moontlik ook omdat die korrels so eenvormig is. Die duine se brul is die hardste in die maande met 'n "r" - warrrrm maande!

Daar is ook 'n verdere interessantheid: tydens erge donderstorms wanneer weerligstrale die duine tref, vorm daar lang swart buise wat regop in die sand staan - skerwe silika glas.

Dit moet 'n belewenis wees om hierdie wit duine, omring deur rooi sand te kan sien en alles wat daarmee saamgaan. In die natuurreservaat is ook kampeerplek. Wat my afskrik is die Kalahari se hitte en dan ook nog donderweer daarby....

Iemand wat hier lees dit al ondervind? Dit sal jammer wees as dit 'n oordrywing, en net 'n bemarkings-foefie is, maar ek wil dit nie glo nie.

 

 

 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 27/01/2025 - 07:21

Ons het in April, was dit 2006 of 2007, vir twee aande oorgebly in Witsand - nie gekamp nie. Daardie tyd was die kampeerterrein, veral die ablusies, baie netjies.

Ek was vol hoop om die brulsand te ervaar, maar daar't reën net 'n paar dae vantevore geval en die sand was te vogtig om te brul. Maar klaarblyklik is dit 'n belewenis om die gebrullery te ervaar.

Ons het van Olifantshoek se kant af die reservaat benader met 'n pad wat in 'n swak toestand was. Die mooi kampeerterrein is beslis net vir boswaens.

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 27/01/2025 - 07:23

Ons het al daar oorgebly, ek dink in 2012?? Vir ń paar dae in ń huisie. Die grondpad soontoe was so vol sinkplaat dat dit met moeite gery was. Net so rof soos die Kalaghadi N Park se paaie. Die grasdakhuis was enorm groot amper ń Villa, en het lekker gebly. Inwonende  duiker oopmond aangestaar wat wragties ń fisant se kuiken gaps en opvreet! 

Baie lekker staproetes, bome gemerk. Ook saam ń Gids gaan stap wat die Park en sy plante, spore baie interssant vertel het. Eerste vir ons, ń Erdvark helder oordag. Beslis nie ń Groot Vyf bestemming nie. 

Die brulsand duin gaan uitklim, maar het nie die dag gebrul nie. Ek onthou vaagweg iets van warm lug wat tussen die sandkorrels ontsnap waneer dit versteur word, wat die brulgeluid maak?

Die Wit sandduine is pragtig, en op een hoë duin is ń fontein . Blykbaar is die grondwater wat daar opwel die rede dat die sand so wit gewas is/word. 

 

Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 27/01/2025 - 20:07

Chris en Neef Herman, as ek julle ondervindinge van die plek lees klink dit asof dit sekerlik op my "móét besoek" lysie hoort. Daardie geweste het darem ook die mooiste mooi Kameeldoringbome, ai!

Laat my dink...in 2011 kon ek nog Duin 7 uitklim (met moeite) maar is nie seker of 'n duin van 60m hoog dalk nou my baas sal wees nie. Enigste manier om te weet is seker om te gaan vasstellaugh

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 27/01/2025 - 21:06

Rona, die Kameeldorings daar is pragtig.  Die Witgatwortel ?? Of dan Shepards tree, is daar ook van pragtige voorbeelde.

 Onthou nog wat die gids vertel het van die Witgatwortels, vrek dit is ń vreemde naam! Elk geval omrede die bokke altyd onder die bome uit die son skuil, is die grond onder dit beset met Tampans, luise, bosluise etc, en nie ń goeie plek vir ons haarloses om te gaan slaap nie.

Die duine by Witsand is vulletjies vergeleke met Namibia se menere.

Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 27/01/2025 - 22:20

Neef Herman, ek het vanaand die Engelse naam by jou geleer - Shepherds tree. Ons het dit as kinders geken as 'n Mopipi boom of dan Witgatwortel. Ander het gepraat van 'n Motlopi. Toe ons nog op Pilanesberg gebly het en ook op Makoppa (Thabazimbi distrik) het my pa elke jaar vir ons 'n sytak van 'n Mopipi boom gaan uitsoek as Kersboom. Hy het gereken ons woon in die Bosveld en 'n Denneboom is volksvreemd.laugh

Duin 7 +/- 400m? teenoor die +/- 60m van Witsand se duine is ietwat van 'n verskil, stem saam.

Worcester

Wildehont

Tue, 28/01/2025 - 06:50

Ek en Salomien het Desember 2007 daar kampeer oppad Kgalagadi toe. Ons het lekker gestap, in ‘n skuiling gesit en die brulsand besoek. Ek het foto’s iewers waar ons om die beurt teen die duin afhardloop en spring. Die sand het geluide gemaak, maar ek sal dit nie brul noem nie. As jou voete gly deur die sand voel mens dit vibreer en dit maak ‘n roggel geluid.
 

Ek het die gevoel ook al meermale op strande ervaar, onder andere by Dwarswegstrand. Soms, as mens jou voete so effe sleep deur die sand voel jy so vibrasie. Ek het egter nog nie werklik gehoor dat die sand op strande ‘n geluid maak nie. Dalk raas die see te veel. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus