Lyk my Neef sal nooit leer nie, nooit. Hoekom raak ek altyd betrokke by ander se probleme, en sodoende baie van my tyd en toewyding te gee. Met deursetting. My slegte punt, ek gee nie maklik op nie, raak ney meer vasberade.
Daar was nou werklikwaar menigte suksesse, en dit is regtig goedvoel om ander te kan help wat dalk nie die " resources" het om owerhede, instellings, of sommer net nare mense te takel nie.
Waar die bitter sit is by kennisse wat om hulp kom aanklop. Die uiteinde is selde aangenaam. Somtyds eindig Neef op as die belhamel. Sal ook nooit leer nie.
Een troos. Sou die oubaas wat my eendag inwag daar by die Pearly Gates dalk ń Hindu streek het, is my uitkoms dalk nie te treurig nie.
Herman...
....ek belowe jou, daai Almagtige Opperheer het nie 'n Hindu streek nie. Egter is Hy baie fyn ingestel op mede menslikheid, 'n goeie hart en gesindheid, en dit gaan nie ongesiens by Hom verby nie.
Met 'n omgee hart gaan jy ongelukkig weer in daai strik trap. ![]()
Gister so gevoel
Sterkte Herman want ek het gister ook dieselfde vraag aan myself gevra.
Het nuwe bure gekry en goeie mense maar die afgetrede skoolhoof het 10 duime. Is tans besig om vir my 'n klein kweekhuisie te bou maar sukkel om klaar te kry. Buurman is aanmekaar by my om hom te help om sy huis en tuin reg te kry. Het al begin beswaard raak omdat ek soveel gereedskap het om takies te verrig. Voel partykeer meer soos 'n straf as om medemens help.
Maar nouja dit sal ook verbygaan.
Maar Wessel jy preek dan…
Maar Wessel jy preek dan soos 'n Hindu ![]()
Voortrekker....
....eina, nou pluk jy die mat onder my voete uit.![]()
My inset het dan totaal verkeerd oorgekom, ek vra om verskoning.
Vandaar die gesegde "No good…
Vandaar die gesegde "No good deed will go unpunished"
Wessel ek het maar aangeneem…
Wessel ek het maar aangeneem jy is 'n Christen ?
En in so 'n geval moet ek jou terugroep en weer bevestig dat die geregtigheid waarop ons staan 100% die geregtigheid van Christus is en nie ons eie nie. Daar is absoluut niks wat ons kan doen om enigsins God se guns te verdien nie, behalwe om in Hom en Sy verlossingswerk te vertrou. Ons wag ook nie vir 'n dag om hemel toe te gaan nie, want ons is alreeds in hemelse plekke in Christus - al wat ons nou nog terughou is die vervalle en sondige liggame waarin ons verkeer.
Maar ja (ek sê dit met my tong in die kies) sal ek eerder nie te opgewonde raak om geestelike gesprekke hier op die forum aan tee knoop nie - laas wat ek dit gedoen het was mense darem baie kwaad vir my...
Skuus Neef dat ek jou draad vertroebel met waarheid ![]()
Voortrekker....
.... jou aanname is 100% korrek. Ek deel volkome jou verdere insette.
Jammer Herman, wou ook nie jou gesprek besoedel nie.
Ek gaan egter 'n goeie vriend met 'n olie lekkende MB na jou verwys. Ek is seker jy gaan dit oor jou goeie hart kry, om hom te help.![]()
![]()
Herman, moenie bekommerd wees nie,...........
...............die "goeie vriend" waarna Wessel verwys is ook 'n goeie vriend van jou en dis nou ek.
My ou Merc (15 jaar oud) se olie-lekkie is by 'n seël tussen die enjin en die olie-verkoeler. Soos ek dit verstaan is dit 'n eenvoudige seël, maar om daarby uit te kom is glo 'n helse job. Maar moenie bekommerd wees nie, ek sal jou nie vra om te help nie want, soos jy sê "Waar die bitter sit is by kennisse wat om hulp kom aanklop. Die uiteinde is selde aangenaam"
En ook, ek hou nie daarvan as belhamels aan my karre werk nie.
Dus, goeie vriendskap is nie in gevaar nie.
Dankie Len, dit is nou ware…
Dankie Len, dit is nou ware vriendskap, eerlikheid is ñ goeie eienskap ![]()
So met die wat ek beswaard voel, gaan my gedagtes terug na ń voorval met ń baie goeie vriend. Ons het saam paar Botswana trips gedoen. Boesembuddies.
Hy verhuis Johannesburg toe en verhuur sy huis vir ń paar jaar. Die huurders loop weg. Hy kontak my en vra of ek nie asb vir hom die plek kan deurkyk nie, verhuringsagent sê dit lyk rof. So gemaak en stuur hom my lys. Kombuiskaste, vloere, verf, paar deure. Vra wat ek reken die kostes sal wees. Kry vir hom kwotasies en stuur dit aan. Die werk sal deur kontrakteurs gedoen word.
En toe vra hy my of ek nie asb vir hom die kontrakteurs sal bestuur nie. Geen probleem by my nie, meeste werk op my projekte, ken hulle goed.
Werk word voltooi, laat weet dat hy kontrakteurs kan betaal. Hy het bedrae en info op die kwotasies. Hy betaal nie.... laat weet hy het cash flow probleme. Die kontrakteurs kyk in my oë, ek het hulle aangestel. Ek betaal hulle. Vriend is baie dankbaar. Vra hom hoe vorentoe. Antwoord hy gaan die huis in die mark sit, en sal met my regmaak sodra hy betaling ontvang. Dit was ñ lang wag vir my.
Werk word voltooi, laat weet…
Werk word voltooi, laat weet dat hy kontrakteurs kan betaal. Hy het bedrae en info op die kwotasies. Hy betaal nie.... laat weet hy het cash flow probleme.
Baie gemeen, Wonder of julle nog vriende is.
Treurmare
Lyk my omtrent al wat Neef deesdae doen is kla. Vandag is dit weer so.
My twee getroue werkers is albei in die bed, erge griep of iets. En... daar begin ek ook Donderdag nag verstop raak, hoesie, erge loop neus. Verkoue is iets wat ek nooit kry nie, kan regtig nie onthou waneer laas nie. Somtyds ń dik kop vir 2 dae en dit is weg. Díe een... is ń ander virus.
Herman...
... probeer maar witdulsies, jenewer, vicks en OBS. Dalk rook jou jkaggels verkeerde kant toe, en laat bors toetrek.
Ek moet erken, die dae toe ek nog pyp gerook het, het ek selde griep of verkoue gekry. Hoe verlang ek nou na my pype, Petersons, Kaisers. Nog veilig in garage geberg, vir 'n belangrike dag wat nog moet kom!!!
Ek wil nie ...
... te gou praat nie - ek loop al baie lank verkouevry. Maar van die 3 keer (waarvan ek onthou) wat ek regte-egte griep gehad het, was 2 agtereenvolgende jare hier by Eiland Spa (1996 & 1997). Dus kan dit jou selfs hier in die somer-temperature (in die winter) bekruip.
Sterkte Neef - ek verpes 'n verkoue of griep.
Praat jy van pypie Wessel. …
Praat jy van pypie Wessel. Hier in die drank kassie is ook drie van myne. Savinelli, Kapp&Petersen en ń Plum.
Nou die aand toe goeie maters kom kuier. praat ons so van ons ou dae se avonture en Christo vra of ek nog die silver heupflessie het. Die was altyd met Stroh rum gevul vir ń boost na ń harde klim op ń voetslaanpad. Stroh rum dink ek is 80% proef, so ń klein slukkie gaan vér.
Lê daar langs my pype. Toe ek een so leeg suig proe ek die geur van die tabak, is nog daar. Raak ek kwyt, die dag as die slegte nuus kom, gaan kry ek ń lekker mengsel en rook my dae om.
Herman...
...net so, van daai pype. Ek het so klompie gehad, lekker kromsteel, en paar reguitsteel. Die Petersens se steel het mos die gaatjie bo, dus brand dit nie jou tong nie.
Lekker ge-eksperimenteer met tabak mengsels, Borkumriff chery, Ridgeback, Scandanavian, en dan vir skop so bietjie BB [beste blaar]
Met die dat kaboutertjies mos nou "vape", wonder ek of mens nog regte lekker pyptabak te koop kry. Lekker vuur, 'n Windhoek en goeie pyp, dan is Kaap sommer Hollands. ![]()
![]()
Tabak sakkies
Julle laat my nou vêr terug dink aan hoe lekker albaster sakkie die Springbok tabak sakkies gemaak het met die toutjie om dit mee toe te trek.
My Oupa het so nou en dan sy tabak gemeng met bietjie Rum and Maple Tabak en dit was een van die lekkerste reuke vir my my as kind.
Rum en Maple
nou praat jy mos Jan. Ek het in april 2006 opgehou rook, en die tabak name begin my ontgaan.
Ongelukkig weet ek, ek is NIE 'n geleentheidsroker nie. As ek weer op Saterdagaand begin tydens braai, gaan dit ontaard in volslae rokery. Ai tog![]()
Ek glo.....
Neef Herman voel by nou al sommer stukke beter. Die "ween-gesprek" het nou in 'n heel, kan ek maar sê nostalgiese gesprek ontaard. Ek onthou my oupa se tabaksakkies waarvan Jan praat - wit linne sakkies met 'n perdeskoen en perdekop, Dit was gebruik vir alle klein goedjies wat ons wou bymekaar hou - van albasters tot knope en mooi klippies wat ek versamel het. Ja, dit laat mens ver terugdink.
Ek was nooit ...
... 'n ernstige pyproker nie. Ek het wel 'n paar keer probeer om te wissel vanaf sigarette tot pyprook, maar kon nooit daarin slaag om 'n pyproker te word nie. Maar ek het die tabakboere oor baie jare baie goed ondersteun. Ek was 'n ernstige roker wat my 30+ sigarette op 'n dag gerook het. Maar gelukkig is ek al meer as 35 jaar verlos van hierdie drek gewoonte.
Ek moet egter sê dat wanneer 'n pyproker 'n vars stopsel opsteek, bly dit maar 'n vrek-lekker reuk.





Neef Herman
Hoe nou so? Of miskien het jy jou traan klaar gestort, dan kan ek net sê baie jammer en sterkte vorentoe.