Goeie dag, ek is 'n nuwe intekenaar en het raad nodig. ek het 'n nuwe Hilux gekoop en mooi gemaak, en onder andere 'n leveling kit voor ingesit. ek sleep 'n 2006 Gypsey Romany en ek hoor dat die "lift" voor my hantering kan beinvloed met die woonwa as die neus te hoog lig voor. Enige idees of raad?
Het gou na De Graaf se web…
Het gou na De Graaf se web blad gaan kyk. Hulle reken daai "performance" uitlaat help mens om "...a thrilling roar..." te geniet.
Gaan dalk nie so goed saam met ons grys kop status nie!
Drie tipes beskikbaar
Ek sien vir die Hilux is daar 3 tipes, ene met 76mm poeprietjie plus 'n groot boks, dan ene met 'n klein klankdemper en laastens net die pyp. Ek dink dis die ene wat "thrilling roar" het.
Laasgenoemde kan ek egter nie glo nie, bedoelende net pyp nie.
Ek oorweeg darem net die 1ste opsie.
Herman: ek weet nie of mens daai 12% verbetering gaan voel nie, maar as ek effens diesel kan spaar, is daar tog voordeel in.
Grootwind: Met my 2.7 Hilux het ek op 'n stadium net die katalisator laat uithaal, en die agterste boks met 'n De Graaf vervang. Maak die ouens 'n fout en sit 'n Lexus v8 se boks op. O genade, so van lawaai het jy nog nie gehoor nie. Gelukkig is ek terug en kon hulle die regte demper opsit. Mens kan nie glo dat verskillende dempers so 'n groot lawaai faktor is nie.





Vry vloei uitlaat...
My Territory destyds so effe "opgedoen". Dink ek het dit al genoem. Die uitlaatpyp is met 'n vlekvrye staal vry vloei stelsel vervang, die katalisator is uitgehaal en die uitlaat spruitstuk is met 'n Wild Cat ene vervang (lg was behoorlik 'n kunswerk van pyp ontwerp gewees!). SaC wat dit gedoen het se "waarborg" was dat daar heelwat meer perde beskikbaar sal wees asook dat die Ford net "mooi" sal klink...uiteinde was dat daar wel meer perde en Nm was (vlgs die dinamometer), maar liewe ouers, het die ding nie gebrul nie! Vroulief het geweier om saam te ry! Diegene wat die Territory van destyds geken het sal weet dat daai reguit 6 enjin in standaard gewaad beskaafd en fluister sag loop...daai nuwe uitlaat het die 18 jarige windgat in my wakker gemaak, dink nie vroulief was te ingenome met daai weergawe van my nie! So, gaan gerus groot Wessel, maar wees gewaarsku jou huwelik sal onder druk kom! En jou bure sal ook nie meer te veel van jou hou nie! Dalk beter om maar eerder 'n Harley te koop...