Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rusteloos... Kruger 2026 Wessel Strydom -24 minutes ago
Gesels, gesels ons Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -33 minutes ago
Stem Oktober 2026 saam gesels Johann L -1 hour ago
Wat 'n 'show'! Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Maar net 'n kans gevat Wessel Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
.....en nog! Kruger 2026 Geert -2 hours ago

Braai met 'n Weber

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Synde daar 'n gedagte geplaas is om 'n gesprekslyn oor braai met 'n Weber te maak, het ek dit goedgedink om hierdie te begin.

Ek weet dat sommige braai-puriste reken dat braai met 'n Weber is nie braai nie. Ek het al by geleentheid die program "Kom ons Braai" op die VIA-kanaal gekyk. En daar het ek al 'n paar uitgesprokenes gehoor indien 'n deelnemer dit sou durf waag om op 'n Weber te braai. Houtvuur is in hulle oë die enigste ware manier van braai. Dan sê ek sommer in my stilligheid: "Gaan skyt man." Of daar's diegene wat hulle uitspreek teenoor die byvoeging van brikette (of houtskool) by 'n houtvuur se kole. Weereens wil ek diesielfde as hierbo in my stilligheid sê. 

Die Engelsman sou sê: "There's no two ways about it" dat 'n houtvuur 'n fantastiese atmosfeer skep. En daarteen stry ek glad nie. Maar dat jy op 'n Weber net sulke lekker vleis kan braai, of selfs lekkerder, as op 'n houtvuur se kole, is nie altemit nie.

'n Weber verleen hom tot veelsydige maniere van kosmaak. Maar dit is nie waaroor dit gaan nie. Dit gaan oor braai op 'n Weber. Ek beskik ook oor 'n gewone grootte Weber, maar ek sukkel om dié ding baas te raak om te braai. Omtrent al wanneer ek dit gebruik is wanneer ek meer as een ontbeende heel hoender moet gaarmaak. Maar laasgenoemde is op indirekte hitte. En ek gee toe dat dit nie braai is nie. Maar dat só 'n hoender lekker is as dit op 'n Weber voorberei word, is ook nie altemit nie.

Ek gee myself nie uit as 'n kenner van die gebruik van 'n Smokey Joe (die mini-Weber) nie. Maar oor 23 jaar het ek al 'n paar "tricks" geleer hoe om op hierdie apparaatjie te braai. My eerste Smokey Joe het ek bekom toe ek ingeskryf het vir 'n destydse resep-kompetisie van Coleman mosterd. Dit is 'n storie vir 'n ander dag. Die eerste prys was 'n Weber gasbraaier, maar ek het een van die troospryse gewen, nl die Smokey Joe - wat vir jare in my motorhuis op 'n rak gepak was - want ek het met hout gebraai. Meer spesifiek met rooikrans en sommige kere met Myrtle - laasgenoemde moet nie onderskat word nie. In my Grabouw-jare het ek vragte rooikrans vanaf Stanford en Gansbaai aangery - of in sommige gevalle laat aflaai.

Maar voordat ek my mede-forumiete verveel met hierdie lang inleiding - ek sal op 'n volgende inset of twee 'n bietjie meer inligting verskaf oor my ervaring met 'n Smokey Joe (wat my totaal "bekeer" het daarvan om met 'n houtvuur te braai). 

Worcester

Wildehont

Mon, 08/09/2025 - 08:04

Daardie ot en kiep lyk heerlik. 
 

Ek het nou nie ‘n Weber nie, maar het self lekker gebraai die afgelope naweek. Ek het my eie hamburger patties begin maak, en het Saterdag ‘n nuwe resep probeer. Dit was nou regtig heerlik. Hier is hulle voor die braai. Ek het nie ‘n na foto geneem nie.

A

Ons het vir Pierre van Pletzen leer ken toe ons baie jare gelede saam met sy vrou in ‘n skrywerskring was. Hy het my Donderdag laat weet dat hy ‘n boerewors help ontwikkel het vir SPAR, en ek het dit gister probeer. Dis vrek duur, maar regtig nogal lekker. Dis tans net in die Wes-Kaap beskikbaar.

B

 

0
Pretoria

Geert

Mon, 08/09/2025 - 08:27

Tuisgemaakte patties bly maar die beste. Ek het al by slaghuis duur betaal vir patties met die hoop dat dit die beste is, maar tuisgemaak wen maar elke keer.

Ja....R180 is aan duur kant vir wors, maar deesdae se wors wat R130 kos is nie altyd meer baie smaaklik nie. 

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 08/09/2025 - 18:41

Chris, my skoonseun maak 1kg gewone mince met 0.5 kg vark mince.  Dis nou lekker.

Ek geniet ook om patties te maak.  

Ek gaan uitkyk vir oubaas se wors.  Nie geweet hy is n kos kenner.  Vir ubaas gesien op "Hannes by huis" of so iets waar hy oubaas n onderhoud gevoer het.  Baie diep persoon.

Ek maak weer die heerlikste hoender snitzels.  Pappie hy is lekker. Eie gemaakte brood krummels ens ens.  Op n toer maak ek dit vooruit dan vries jy dit in vakuum verpakte sakkies.  Dan braai jy dit net in die plat potjie.  Heerlik met n kaas sousie.  Heerlik.  Ek gebruik net die hoender borste wat aan die been is.  Hulle is werklik sappiger as plein borste.  As ons lank staan by onrus dan maak ek hom van Scracth af want ek het mos die tyd.

 

Geert hoe het die spit gekom...

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 16/09/2025 - 06:51

Ek gaan my bek toehou en vingers van die knoppies af, oor enige kommentaar oor watter borste lekkerder is,

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 16/09/2025 - 14:00

... "smile" ou Wessel my nou. Maar 'n lekker ferm bors is darem maar mooi om na te kyk en binne jou hand te voel. Ek praat natuurlik van 'n hoenderbors.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 11/01/2026 - 19:24

... lekker Geert. My ruimte in die Honda is beperk, maar die Smokey Joe gaan beslis saam Dwarswegstrand toe.

0
Pretoria

Geert

Mon, 19/01/2026 - 15:12

Ek het op hierdie mooi 2de handse Smokey Joe op facebook afgekom....sal hom saamneem op langer kampe ipv groot Weber 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 19/01/2026 - 16:07

... Geert. Alhoewel my reisende Smokey Joe nog in 'n goeie toestand is, sal ek dalk binnekort moet oorweeg om my huis s'n te vervang. Ek sou ook só een opraap.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 15/02/2026 - 19:41

....nou waar is die roomys saam met daai poeding en vla??? A nee a man, daar moet roomys by wees.

Ek sal daarvan hou om saam met jou en Chris B te kampeer. ek sal die vleise en bestanddele voorsien, en julle maak die heerlike kosse.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 15/02/2026 - 22:00

Dit lyk heerlik Geert - soos altyd.

Is dit 'n termometer in die malvapoeding? Indien so, sak my moed bietjie in my skoene - dink nie ek sal 'n kampgebak so gesofistikeerd kan aanpak nie. Ek stel voor jy begin 'n draad waar jy bak en braailesse aanbiedsmiley

Nou nie 'n Weber nie, maar in my soektog na 'n oond (van 'n aard) wat ek tydens kampering kan saamneem, het ek onthou van 'n Cobb wat ek tien jaar gelede op 'n Sarcda uitstalling in Midrand gekoop het. Ons het dit eenmaal gebruik en besluit dat die steentjie (die "brandhout") wat daarmee saamkom 'n vreemde smaak aan die vleis gee. 'n Paar weke gelede lees ek toe iewers dat mense ook charcoal daarin gebruik en nie uitgepraat kan raak oor al die gebruike nie. Myne is afgestof en die eerste probeerslag was 'n mieliebrood waar nie te veel kan fout gaan nie - heerlik. Daarna het ek ook 'n heel hoender in die Cobb gaargemaak wat 'n groot sukses was. Volgende gaan 'n massiewe waagstuk wees. Lw., waagstuk....ek kon nog nooit eens 'n koek in die beste huisoond bak nie, maar ek wil Tannie Ina (Paarman) se wortelkoek in die Cobb baksurprise (sonder 'n termometer). Eers moet ek net weer 'n koekpan gaan koop - myne het gietvorms vir sementwerke geword.....

 

0
Pretoria

Geert

Mon, 16/02/2026 - 19:27

Rona. Ek het al menigmale gehoor hoe lekker die kampeerders smul vanuit hul Cobb. Ek het amper destyds een aangeskaf,  maar met navraag het die mense vertel dat die enigste nadeel van die Cobb is, is om hom skoon te maak wat klink baie werk is.....en daarvoor is ek allergies. Ek sien daar is heelwat bybehore wat mens kan aanskaf. Dis lekker om so buite op vuur kos gaar te maak. Mens kan basies enigiets wat mens in die oond kan sit, ook op n Weber sit.....gemaklik om 180° c te handhaaf.

0
Pretoria

Geert

Mon, 16/02/2026 - 19:33

Tipe brikette maak ook verskil met hitte. Ek het al met swakker kwaliteit gebraai, dan sukkel mens om 150⁰ te kry. Gister se brikette het my verbaas...toe ek weer sien is temperatuur oor die 300⁰, moes toe gate kleiner maak om temperatuur af te bring

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus