Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pietersburg na Phalaborwa hek. Pad en roete inligting Wessel Strydom -5 hours ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -7 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -12 hours ago
Brandstof kostes Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -13 hours ago
Ek sou ook die einde van die… Len gaan weer Kruger Wildtuin… HennieBo -14 hours ago
Reiskoste Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -15 hours ago

Junie - Algemeen saam klets

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

.Eerste winter maand het aangebreek. Kampeer jy in die winter? Deel sommer waar was jou koudste kamp ooit gewees

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 22/06/2026 - 02:29

As ek egter die lekker kosse sien (soos o.a. Geert se braai pie) dan besef ek wat ons plattelanders mis.

Hi Rona. Ek sien klompie Spar in ons omgewing het in hul winkel n spesiale yskas met Cleo's Kitchen se produkte in....hoofsaaklik pizzas en pastas. Loer bietjie of daar by julle nie ook die geval is nie? Ek kan amper nie dink dat hulle verspreiding net beperk is tot Gauteng nie. Andersins hulle kontak en hoor wie hulle produkte versprei in julle omgewing. Hulle is deel van Romans Pizza

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 22/06/2026 - 11:54

Sal miskien goed wees om hulle te kontak - iewers in Middelburg of Nelspruit behoort dit dan beskikbaar te wees. Ek neem aan dit is gevries, wat kan werk.

So is daar ook Aloe Valley se Blueberry sap (waar vervaardig?? Pretoria!) Dit is nou 'n sappie waarmee ek omgekoop kan word. In 'n e-pos het ek navraag gedoen daaroor en hulle voorgestel aan ons twee supermarkies. Antwoord gekry waarin ek bedank word vir die komplimente en dat behalwe by Viva in Schoemanskloof, dit ook by Alzu beskikbaar is. Nouja, ek kom nie gereeld genoeg by een van die twee nie.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 24/06/2026 - 12:32

Ons Safety & Security Forum hou ons nou al 'n geruime tyd op die hoogte van beplande optogte, veral wat betref die 30e Junie. Intussen was daar reeds 'n opmars in Lydenburg - dis maar net waarvan ek bewus is in ons omgewing. Beplande optogte moet geregistreer word by 'n munisipaliteit, met 'n afsny datum van 7 dae voor die 30e. Sperdatum het gekom - niks geregistreer in Dullstroom of Belfast. Vanoggend kry ons die boodskap dat daar 'n opmars gaan wees in die omgewing van Birds of Prey vanmiddag - net voordat jy Dullstroom inkom vanaf Belfast. Ek verstaan niks hiervan nie - datum is dan gesê die 30e (landwyd).

Wat my laat wonder hoe dit by julle gaan? Om net voorsorg te tref vir een dag is nie 'n probleem nie, maar met dié dat blokkades nou sommer enige dag, enige plek kan voorkom laat mens wonder wat jou te doen staan. Ek is nie 'n opgaarder nie - behalwe vir vleis wat ek nou net 'n Middelburg koop en die plan was om môre daarheen te gaan.....ook vir Etosha trikette!

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 24/06/2026 - 13:31

Hier is dit nog stil. Ek moet volgende Maandag[29] my wa in Pretoria gaan haal. Ek hoop dat die lawaaimakers nie op snelweëgaan wees nie, en ook nie reeds 29ste begin bollie aanjaag nie. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 24/06/2026 - 15:33

Hi Wessel....ek dog jy het gewag terwyl hulle movers installeer....gedink jy speel al lekker tuis met die movers? 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 24/06/2026 - 15:49

Geert, ek is so bemoerak as wat kan kom. Ek het die wa 9 Junie geneem, op hulle versoek. Ek dog alles is daar en hulle gaan begin met werkie. O Nee, vir een of ander rede het hulle nie aan die gang gekom nie, en laas Vrydag word ek ingelig dat Ewiks nie al die parte gestuur het nie. Natuurlik moes daar toe gewag word vir die ontbrekende parte.

Ek het geraas en geblaas, ek bedoel mens kyk mos as die Ewiks boks daar aankom, dat alles daar is. Dit klink baie soos die storie van die ou wat beweer het dat my wa uniek is, en dat kritieke parte gemaak moet word. Ek wonder of Ewiks nie daardie boks net so weer vir Echo gestuur het nie.

Ek is al spyt dat ek die mover perd aangepak het.crying

 

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 24/06/2026 - 19:51

Die dat jou wa uniek is Oom Grompie, gaan jou baie ure se gesels om die braaivleisvuur besorg.

Hoe voel dit nou so half of Neef homsellers herhaal??

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 25/06/2026 - 07:36

....ure se gesels oor swak dienslewering ja. Ai man, al wat verskil in my Kavango van al die ander wat ek bekyk het die 9de, is die laaistelsel en beheerpaneel.

Ek is in 'n vreeslike tweestryd gewikkel. Ek wil sommer heeltemal my geduld verloor en 'n "bliksems pluk Speech" gaan afsteek as ek die wa gaan haal. Die ander kant moet ek kalm bly, om die vrede in die huis te bewaar. 

Ek het darem die naweek om my "speech" te sensor en effe te versag. devil

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 25/06/2026 - 08:11

Ek weet nie of ek my karavaan so lank by n handelaar sal los nie. Daar sal seker niks gebeur nie  maar steeds....

Hoor andersins by CJ Aircon of hulle daai brackets het. Hulle kom ook na jou huis en het puik reputasie

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 25/06/2026 - 09:05

....nou jaag jy vreeslike gedagtes in my kop op.

Gelukkig het ek alles uitgehaal, geen matrasse, geen beddegoed en geen eetgerei. Geen sleutel om die luike na kombuis, gasbottel, en koel/vrieskas oop te sluit nie.

Ek verkies ook dat my wa en voertuie nooit lank by 'n handelaar bly nie. Die vorige keer wat ek van Echo moes gebruik maak, het die wa ook lank daar vertoef, sonder dat met hom gekampeer is. laugh   

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 25/06/2026 - 09:08

...nee wat, ek moet nou maar net deurdruk met die aksie by Echo. Hopenlik is die einde insig. 

0
Pretoria

Kamp_vriend

Thu, 25/06/2026 - 16:19

Goeiedag kampvriende. Ons gesin kamp vir jare al in die somer en winter. Warm het ons al gekry en baie baie koud ook. Kleinkinders kamp nou ook al saam. Ons het vinnig n algemene kamp reel ingestel dat vir alle weersomstandighede, reen ook, voorsiening gemaak word. Nou slaap ons nie meer koud nie. 
Maar so van buite seisoen kamp gepraat. Ek en wederhelf toer redelik gereeld buite seisoen en dan wonder ons waar is al die kampers as ons van kamp na kamp feitlik alleen staners is. Ons is tans weer op n roete, tans by Merry Pebbles, en die kamp is leeg. Blyde Canyon ook leeg. So is dit feitlik elke jaar. So by so dat ons onsself al sien as alleenkampers elke jaar. En dis nie dat ons by onbekende kampe gaan staan nie. Dit sluit kampe in al die provinsies in. Morgans Bay, Bergrivier oord in Paarl, Strandfontein aan die Weskus, Gariep Dam, Gans Baai, ens ens. So die vraag is, kamp en ry die kampers minder of staan hulle net in gewilde kampe binne seisoen? So op ons roete was Buffelspoort vol, so ook Tshipise, Punda Maria, Shingwedzi (wat n lieflikekamp) en Satara. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 25/06/2026 - 16:25

...ek is mos vreemd gesnaar. Echo is amper klaar met my wa, dus kan ek nie my gaan haal nie. 

Dis juis die Wimpie wat vertel het my wa is uniek. Boonop het hy beweer dat hy iets spesiaal moet gaan opmaak om dit te monteer..   

Ek kan wel sê dat daardie pryse BAIE goed is. Nodeloos om te sê  dat ek by Echo veel meer,  deur my nek gaan betaal.

Jou belangstelling word waardeer.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 25/06/2026 - 16:34

Ek dink jy kampeer die ander net mis. Ek vermoed jy kry die persone wat hulle kampe kies volgens die seisoen. Wintermaande is plekke soos Die eiland, Tshipise vol. 'n Oord soos Merry pebbles sal almal nou in winter vermy, net te koud vir die gewone persoon.. 

Somermaande sal plekke langs die WesKaap se kus moontlik vol wees. Ons was laasjaar Augustus in Strandfontein, en daar was heelwat kampeerders. 

Dan kry jy natuurlik die kampeerder wat net in skoolvakansies kan vakansie hou, en dan die pensioenarisse wat heeljaar buite seisoen kan rinkink. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 25/06/2026 - 17:38

As julle uitsien na kampbure kan die stilte net moontlk van vandag af omgekeer word - het die skole vandag gesluit, of is dit môre? Dit sal heel interessant wees om te weet of mense wat aan skoolvakansies gebonde is se voorkeur ook hoofsaaklik warmer provinsies is tydens die winter, of sien hulle kans om die koue te trotseer.

Verder klink dit asof julle graag oor die land heen rondrits. Dit sal lekker wees as jy meer van julle bewegings met ons deel.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 25/06/2026 - 18:58

tans by Merry Pebbles, en die kamp is leeg

My broer hulle ry môre as skole sluit deur na Merry Pebbles....maar gaan net vir 1x aand bly - hulle is oppad Skukuza toe

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 25/06/2026 - 19:04

Rede hoekom hulle miskien so leeg is, is hul tariewe wat bietjie rof is vir hierdie tyd van die jaar. Sou n gesin van 6 kampeer, kos dit amper R1400 n nag.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus