Ek het maar nuwe draad begin waar ek in toekoms Ballito kuiers gaan deel
Elektriese braaier
Klink seker snaaks.....ook gedink ek sal nie van idee hou nie, maar het n plasing op facebook gesien oor elektriese braaiers en was verbaas om te sien hoeveel kampeerders een saamneem op vakansies en wegbreke. Hul gebruik dit onder patio of selfs in voortent tydens reen en mislikke weer. Het heel lekker geproe.
Hallo almal
Geert dankie vir mooi fotos. Daai boom het seker groot geword in die Gordonsbaai area waar wind uitgevind is.
Daar is nou 2 dinge wat ek gaan ondersoek. Smokey Joe braaikie en dan die elektriese braaikie. Dankie manne. Ons het n eleltriese pan gekry vir daardie reen dae en ons wil nie brekkie op cadac maak nie.
Geert lekker verjaar.
Het lekker geproe
Nou weet ek hoekom dit lekker geproe het. Daar is n glas langs die braaier. Die drankie het dit seker laat lekkerder proe of is dit 6 guns.
Spot net.
Binnebraai
Ons het ook iewers so elektriese binnebraai gekry maar dit nog net een keer gebruik waarvan ek kan onthou. Het julle s’n ook so drup bak onder die element wat mens met water vul?
Nou weet ek hoekom dit lekker geproe het. Daar is n glas langs die braaier.
Al’s is beter met (brandewyn en) Coke
Binnebraai
Absoluut stem saam Wildehont.
Wildehont. Ek het jou so jammer gekry toe jy nie verlede jaar wildtuin toe kon gaan nie. Maar ek kon jou pyn voel toe jy skryf (ek dink dis op n ander lyn) dat jy alternatiewe oorweeg oor verspoelings in wildtuin. Sterkte ou maat met reelings.
Ons toer eers weer 2027. Dalk wildtuin toe maar defnitief die binnelandse toerkie. By ons is ek alleen brood winner so elke 2 de jaar is ook ok....
Water temperatuur
Ek lees nou op ander draad waar Mauritz hulle swem in 18°. Ek sukkel om in sulke koue water te swem.....selfs toe ons by Hartenbos en Victoria baai was het ek nie geswem nie....te koud vir my. Die warmer water aan noordkus is vir my heerlike voordeel....toe ons laasweek daar was, was water temperatuur tussen 25-27°
Mooi dag
Wildehont het op sy Dwarswegstrandoord draad genoem dat hulle slegter weer gehad het toe hulle vertrek het wat die afskeid bietjie makliker maak. By ons was dit ongelukkig anders. Die dag van vertrek was dit windstil gewees, see was seepglad, gevolglik kon ons op n stadium 3x skole dolfyne op dieselfde tyd sien, omdat mens elke beweging in die water opmerk. Beslis die mooiste dag van ons tydperk daar. Kon darem nog n paar biertjies drink om dit te geniet omdat ek nie hoef te bestuur het nie. Ek hou daagliks hul webcams dop ek lyk of dit nog elke dag so mooi is....ook n pragtige volmaan opkoms oor die see.
Pragtig!
Sjoe, dit was omtrent ‘n mooi dag. Op die foto’s lyk dit ook heel netjies daar. Dit bewys hoe die hoofstroom media se fokus op slegte nuus mens se persepsie verwring. Oor Desember het mens net gehoor hoe vuil en vol riool die water by Durban is, maar kyk nou hoe lyk dit net ‘n bietjie verder Noord.
Net bietjie Noord....
....is moontlik wat die verskil maak.
Ek is van mening dat die Durban omgewing se water en strande wel vuil was, of is. Fotos is pragtig, maar dit gee nie aanduiding van besmetting nie. Daarvoor het mens die toetsresultate nodig.
Die strande by die Noordkus…
Die strande by die Noordkus sowel as Suidkus is meestal skoon, behalwe natuurlik as die riviere afkom wat groot dele van die see rondom rivier mondings 'n pragtige bruin kleur. Uiteraard spoel baie van die gemors dan op die strande uit, haainette word gelig en swem is taboe. Dit pla ons nie juis nie, na 'n paar dae is alles weer skoon. Daar is ook heelwat van die "nie durban" strande wat blouvlag status het met die plaaslike inwoners wat dit jaloers bewaar. Aan die Suidkus sluit dit die volgende in:
Hibberdene, Marina, Ramsgate, Southport, Trafalgar, Umzumbe, Pennington, Umzumbe en St. Michaels.
en aan die Noordkus:
Blythedale, Salt Rock, Thompson’s Bay, en Willard Beach
Dan is daar 'n klomp wat tans "pilot" blouvlag status het, o.a.
Port Edward, Umtentweni, Rocky Bay, Preston, Umthwalume en Scottburgh (hierdie strande is basies op blouvlag standaard of baie naby daaraan, emt 'n aantal goed wat aandag verg.
Ek sê geensins dat alles maanskyn en rose is nie, solank as wat kus riool stelsels hulle gemors in die see pomp en daar plakkerskampe met geen dienste soos vuilisverwydering stroomop is sal die riviere dien as pad tot see besoedeling. Die volgende skakel gee 'n vinnige oorsig wat blouvlag status behels:
.
Bietjie see-nuus...
sal vir 'n verandering ook lekker wees om te hoor. Geniet dit. Hoop die weer bly mooi.





Geert ...
... geniet jou verjaarsdag daar in Ballito. Ek beskou dit altyd as 'n voorreg om my verjaarsdag te vier terwyl ek met vakansie is. En ek het al by minstens 4 geleenthede in die wildtuin gevier. En mag daar nog baie geseënde 29 Januaries vir jou wees.