Ek sien 'n berig op Netwerk24 dat 4 oortreders in die Wildtuin verlede week betrap is waar hulle met nette vis in die Mestel-dam, op die S3 tussen Numbi-hek en Phabeni-hek, gevang het. Drie van die vier oortreders is gearresteer terwyl die vierde een in die dam ingehardloop het om van arrestasie te ontvlug. Die vlugteling se liggaam is die volgende dag in die dam gevind. Dis op hierdie stadium nie duidelik waaraan hy dood is nie.
Dis verstommend die wye verskeidenheid van plundery wat daagliks in die Wildtuin plaasvind
oortreders in die Wildtuin
Ek is verstom Oom Len. Wens n leeu het kom waterdrink en hulle gesien....
Ek kan my nie indink. Maar ons sit met +- 30% werkloosheid syfers.
Ek sal maar aflui want netnou raak ek iets kwyt.
Hoe steel mens vissies
Goeie Hout. Neef wou ook nie praat van werkloosheid nie. Wie van ons ken die angs in die man om vir sy kinders te sorg.
Dit moet erg wees om te dink dat n paar gesteelde vissies vir n kind kan skoene koop sodat hy nie skaam skoolgaan nie.
Hoe steel mens vissies??
Hoe steel mens vissies
Mooi gese OOM Neef Herman.
Maar dan kom die geld wat ons betaal vir ekstra om in SANPARKS te kamp nie by regte persone uit....
My opinie
Die feit dat hierdie vier manne vis gevang het om kos op die tafel vir hulle gesinne te sit, moet miskien met ander oë bekyk word.
- Hulle het met nette gevang en 'n mens wonder of hulle werklik net kos op die tafel vir hulle gesinne wou sit. Dalk was hulle idee om groot hoeveelhede te vang en te verkoop vir geld.
- Hulle moes geweet het hulle tree onwettig op want hulle betree 'n bewaringsarea waar die publiek nie toegelaat word nie.
- Die ekonomiese toestand in die land is van so 'n aard dat talle mense nie instaat is om 'n inkomste te verdien om minstens vir die basiese kostes om te kan lewe te verdien nie.
- Die voormelde beteken nie dat hierdie inkomstelose mense maar kan steel of onwettig optree nie, maar ons wat 'n inkomste het om van te lewe moet minstens begrip daarvoor hê dat hierdie toestand die oorsaak is van soveel diefstal en gepaardgaande misdaad.
- Nou wonder ek verder :-
Ek is mos 'n voorstaander van die uitdunning van olifante wat by verre die draagkrag van die Wildtuin oorskry. Hoekom keer ons nie terug na hierdie uitdunning nie en skenk die vleis aan die brandarm inwoners van omliggende nedersettings ?
Ek verdedig nie wetteloosheid nie.
Hoe hartseer die werkloosheid situasie mag wees, dit regverdig nie wetteloosheid nie. Waar gaan ons die streep trek.??
Natuurlik is die punt wat ek probeer maak het hierbo nie die regverdiging van misdaad in sommige gevalle nie, maar bloot om begrip te hê hoekom moedelose mense soms onwettig optree om aan die lewe te bly en, voeg ek sommer nou by, op jou knieë te gaan uit dankbaarheid dat ons wat genoeg het om van te lewe nie tot sulke uiterstes hoef te gaan nie.





Straf
Wonder watse straf gaan daai 3 kry. En hoe kom hulle in....vir seker grensdrade beskadig