Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -20 minutes ago
Gemsbok... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Stil pad Tulbagh toe. Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Ons kom al nader... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Kwang ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago

Kgalagadi Oktober 2026

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

My beplande Oktober-kuier in Kgalagadi begin al meer in plek val. Met die uitsondering van een aand waarmee ek nog nie geholpe kon raak nie, begin die toerplan al hoe meer vorm aanneem.

Ons skop af met 2 aande in Twee Rivieren gevolg met 4 aande in Nossob. Beskikbaarheid van akkommodasie in Nossob, 'n dag later as die datum waarop besprekings geopen het, is net so goed soos om wors te soek in 'n hondehok. Maar geduld en gereelde loer op Sanparke se webblad, het vrugte afgewerp.

Intussen kon ek, na nog 'n aand in Twee Rivieren, ook 2 agtereenvolgende aande se akkommodasie in 'n rivierfront chalet in Mata Mata bekom en drie aande in Kalahari Tented Camp (KTC). Ek benodig nog 'n nag tussen Mata Mata en KTC maar ek is positief dat ek met die benodigde nag (15 Okt) in hetsy Mata Mata of KTC gaan regkom. Ek sal maar geduldig voortgaan met my soektog.

Ek sou wat wou gee om 'n nag of twee in hetsy Gharagab of Bitterpan te bekom. Ek het mos nou 'n 4x4.

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 24/10/2026 - 21:25

Vra vir Anton ?? Ou Neef stuur die fotos per epos vir myself. Die tablet kan ek blue tooth vanaf die foon.  Maar laptop  toe ??  stuur ek met epos.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 24/10/2026 - 21:45

... ek het 'n paar per e-pos gestuur. En eensklaps kry ek die boodskap dat my e-pos is vol. Toe baie "files delete" - met geen verdere resultate. Daarom sal ek maar Maandag na a die eksperts gaan.

Ek het dit altyd só maklik gevind om direk vanaf die selfoon na die forum te laai - ek gaan 90%+ van die kere op die selfoon in op die forum. Maar na die opgradering het meegebring dat dit werklik 'n schlep is om foto's direk vanaf die foon se kamera na die forum te laai.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 25/10/2026 - 07:29

Jy kan nie Askham verbyry sonder om by Diamond T eers ietsie te nuttig nie - al is dit net een van hul mini melktertjies. Maar hulle ontbyt is aan te bevole. Dit is 'n baie netjiese plek.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 25/10/2026 - 07:32

... die foto hierbo is geplaas op die wyse wat jy noem. Maar versus die vorige formaat van die forum, bly dit baie moeiliker.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 25/10/2026 - 07:43

... was by Samevloeiing-suiping geneem. Daar was gedurig 'n toestroming van wild - gemsbokke, blouwildebeeste en springbokke.

Ek het boontoe genoem van die bevolkings-ontploffing van volstruise. As al die kleintjies wat ons gesien het moet grootword, kan hulle maar die park herdoop tot die Kalahari Volstruispark. Dit is net ongelooflik hoe baie volstruise ons met kuikens gesien het. Daar was ook 'n hartseer geval waar ons 'n jong volstruiskuiken sonder sy ouers verdwaald sien ronddrentel het. Ons het maar gehoop dat die kuiken gou-gou jakkalskos sou word en sodoende van sy ellende verlos sou word.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 25/10/2026 - 11:18

Skielik kan my e-pos weer nuwe e-posse aflaai. Ek is dus stelselmatig besig om foto's van my selfoon af na my e-pos toe te stuur en dan in 'n lêer te stoor. Hierdie foto's wat ek nou aanheg word dus van my laptop afgelaai.

Toe ons die Leeudril 4x4 roete gaan ry het, het ons daarna by Auchterlonie piekniekplek/museum ons brekfis-broodjie gaan eet.

AuchterlonieAuchterlonie

Hierdie boom (tussen Leeudril- en Rooiputs-suipings) is seker die mees gefotografeerde boom in Kgalagadi.

Kgalagadi
0
Kaap

Goeie Hout

Sun, 25/10/2026 - 12:57

Puppy is n Engelse hond.

Pappie nou kan ek nie meer wag....

 

My swaer se altyd vir sy kinders.  Moet nie my n puppy noem en vir ma mummy.  Puppy is in engels n klein hond en mummy is n ding in Egipte...

 

Daai Bakkie staan ongelyk.  Is dit die terrein of die banddruk.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 25/10/2026 - 15:07

...kyk mooi, dis 'n optiese illusie omdat die skadu-dak skuins na voor afloop.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 25/10/2026 - 18:53

Ons het Kgalagadi só geniet dat ek by myself wonder of ek 'n nuwe gunsteling Nasionale Park het. Ek gee nou sterk oorweging daaraan om my wildtuin/Eiland Spa-ekskursie vir 2027 te kanselleer. Ek sal nog 'n bietjie daaroor herkou.

Ons bure in Nossob, afkomstig van Standerton, was op hul eerste besoek in Kgalagadi. Klaarblyklik kom hulle nogal gereeld in die wildtuin. Die buurman het gesê dat hy nie kan glo dat dié twee parke onder dieselfde vaandel opereer nie. Sy woorde was o.a. Hier werk alles terwyl die wildtuin al hoe verder agteruitgaan.

Ek reken die ingesteldheid van die personeel (Noord-Kaapse mense) verskil hemeldbreed van dié in die wildtuin. Die vriendelikheid en diens-ingesteldheid van dié mense was absoluut opmerklik.

Daarby is Kgalagadi net meer as my halfpad-afstand na die wildtuin - en ek voel baie meer op my gemak om die stil paaie Kgalagadi toe te ry.

Karoo Nas Park sal ook altyd 'n gunsteling bly. Ek sal waarskynlik, indien ek my wildtuin-bespreking kanselleer, vir 'n langer tydperk as my huidige 16 aande-bespreking in April Karoo Nas Park toe gaan. Tyd sal leer.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 25/10/2026 - 19:30

....van Kgalagadi is opvallend van veel beter kwalititeit, as Kruger . 

Ek het dit ook opgemerk by Mokala, KarooNP en Bergkwagga!!! 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 26/10/2026 - 11:03

Die volgende foto's is 'n dag later weer by Samevloeiing-suiping geneem. Daar is 'n gedurige aanloop van wild - gemsbokke, blouwildebeeste, springbokke en enkele rooihartbeeste. Daar is ook lekker skaduryke bome waaronder jy kan parkeer om die kom en gaan van die wild af te neem.

KgalagadiKgALAGADI

Op pad Nossob toe het ons by beide piekniekplekke, Melkvlei en Dikbaardskolk, stilgehou. Die volgende foto's is van Dikbaardskolk piekniekplek.

Kgalagadi

In die Boucher-huishouding staan Dikbaardskolk as Horriesdraai bekend. Jare gelede, toe dit nog die Kalahari Gemsbokpark was, het ons daar stilgehou. My seun, toe nog so 'n opgeskote knapie, wat tot vandag toe 'n groot vrees vir bye het, het daardie dag skreeuend soos 'n mal enetjie al om ons kar gehardloop met 'n by wat om sy kop bly draai. Vandaar die naam Horriesdraai.

Ons het eenkeer saam met vriende in al drie hoofkampe gekamp. Ons het toe eendag by Melkvlei lekker ontbyt gemaak. Toe ons daarvandaan vertrek het 'n troppie leeus minder as 500 meter vanaf Melkvlei gelê. Die vriendin het daarna gesê dat sy voortaan binne in die voertuig sal bly terwyl ons brekfis maak.

Met ons heel eerste besoek aan die park, in 1986, was ons drie pare van Grabouw, waar ons destyds gewoon het, (elk met 2 kinders) wat absoluut toevallig eers vir 2 aande by Augrabies en die volgende 2 aande in Twee Rivieren was. Die een vriend, 'n appelboer en destydse lojale kliënt van my, was bekend as 'n uitstekende kok. By Augrabies word toe besluit om die voldag, war ons by Twee Rivieren was, 'n afvalpot te maak. Ek moes in Upington by Toyota uitkom met my destydse Cressida wat 'n bietjie moeilikheid langs die pad gegee het. Ek kry toe die opdrag om 'n afval in Upington te koop. Nêrens kon ek 'n afval kry nie en besluit toe op beesstert. Maar ons almal weet mos dat beesstert vra vir lank kook.

So ry ons die volgende oggend Melkvlei toe en daar word besluit dat die swartpot gaan saam sodat die beesstert kan begin kook terwyl ons by Melkvlei kuier. Maar ek vertrek toe later as die ander twee pare wat met die appelboer se Range Rover gery het. Toe ons uiteindelik daar opdaag is die twee manne al moedeloos gesukkel om 'n vuur aan die gang te kry - hulle het nie vuurhoutjies gehad nie. Toe ek daar stilhou staan hulle by die Range Rover met 'n oop enjinkap, 'n petrol-deurdrenkte stuk papier en 'n vonkprop wat uitgetrek is om die papier aan die brand te probeer kry. Daardie dae het ek nog gerook en kon die situasie beredder met my vuurhoutjies. Die beesster het gekook terwyl ons daar was en is weer op 'n vuur gesit toe ons terugkom in Twee Rivieren. Ek kan nie meer onthou of die vleis daardie aand sag genoeg was nie - maar ons was nog jonk en die rooiwyn wat saamgegaan het, het enigiets laat goed smaak.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 26/10/2026 - 11:17

...was sekerlik elke keer oral 'n bonus, daar waar julle wou wild kyk, of piekniek ete geniet. 

Jy kies die vêrste kol van ablusie af. Gelukkig was dit nie nodig om resies te hardloop terug bakkie toe nie.  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 26/10/2026 - 11:40

Ons verblyf-eenheid in Nossob - 'n uitstekend toegeruste 6-slaapplek eenheid. Dit was slegs sowat 30 meter vanaf die "hide". 

Kgalagadi

Onderstaande eenhede, 

Kgalagadi

wat pragtig opgeknap is, was vroeër jare 4 individuele kamers wat twee-twee 'n badkamer en kombuis gedeel het. Ons het met daardie besoek, toe my seun aan Horriesdraai se naam oorsprong gegee het, vir 2 aande in een van dié kamers gebly. Met ons aankoms het 'n Nederlandse dame, wat in die kamer langs ons was, ons gewaarsku om nie saans enige deure of vensters te laat oopstaan nie. Die fledermausse (vlermuise) maak amok snags.

Die tweede aand (toe was die Hollanders nie meer daar nie) vergeet hierdie mamparra om deure en vensters toe te maak. Ek word toe wakker in die nagtelike ure met 'n groot blaasprobleem. Nadat ek die probleem in die badkamer opgelos het, besluit ek om 'n slukkie koue water in die kombuis te gaan drink. Daardie jare het Nossob slegs elektrisiteit to 22:00 saans gehad. Met die gevolg dat ek met 'n flits geloop het. Toe ek die kombuis ingaan met die flits, haar daar tientalle vlermuise aan die "cornice" van die plafon. Die kombuisdeur sowel as ons kamerdeur was oop - en nodeloos om te sê, vlieg daar etlikes in ons kamer in. Mensig - was ek nou 'n onpopulêre man.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 26/10/2026 - 14:14

... ek let op dat jy jou laaste inset i.v.m. Nossob se uile onder verkeerde gesprekslyn geplaas het (Media24).

Ja, Nossob bly maar bekend vir sy uile. Daar was vanjaar 'n ooruil (ek dink dit is die gevlekte ooruil as ek geluister het na die geroep) wat in die prosopisboom voor die winkel met twee kuikens. dan het ek verneem dat daar ook 'n witwanguil met kuikens iewers in die kamp was.

Gepraat van prosopisbome - dit is eintlik raar om uitheemse bome (en dit nogals 'n spesie wat groot indringing-probleme veral in die Noord-Kaap veroorsaak) in 'n nasionale park te sien. Langs die teerpad tussen Molopo Lodge en Twee Rivieren is dit inderwaarheid 'n pes. Dit groei op die rante van die pad en dit blyk dat daar niks daaromtrent gedoen word nie. Plek-plek moet jy uitswaai vir dié bome (nog relatief jonk) wat al hoe meer in die pad inkruip.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 26/10/2026 - 14:19

Met die uitsondering van 'n wyfieleeu wat die tweede laaste aand by die watergat was (ons kon haar profiel net-net in die skemer uitmaak omdat sy toe weg van die lig af gelê het), het ons vanjaar relatief min by die watergat voor die kamp gesien. Maar ek moet dadelik bysê dat die hele noordelike gedeelte (vanaf Melkvlei) min wild opgelewer het in vergelyking met die suide en weste.

Nietemin was dit lekker om tye in die "hide" te verwyl.

KgalagadiKgalagadi
0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 26/10/2026 - 17:03

Interessant hoe sommige herinneringe mens vir altyd sal bybly. Ons het so 'n storie oor Rooiputs, maar dit vir 'n ander geleentheid.

Ek loer feitlik daagliks op Nossob se web cam en vind ook selde lewe daar. Diere trek agter kos aan, en moontlik wemel dit komende jaar by die watergat. Ons wag maar vir jou terugvoer met volgende jaar se besoek 😸

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus