Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kwang ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -19 minutes ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -31 minutes ago
Lekkerlees stories Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Vervelig Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
N1 versus N12 Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -2 hours ago
Nossob se "hide" Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago

Oktober 2026 saam gesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

So breek daar alweer 'n nuwe maand aan. Vir sommige 'n maand van groot opwinding, soos om die pad te vat na vêr in die ou Kalahari.

Vir ander net nog 'n maand om tuis te verwyl, dalk om voor te berei vir Desember se vakansie by die see.

Laat ons saam gesels en vorentoe beur.  

Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 26/10/2026 - 10:10

Het iemand kennis van hierdie karavaankamp? 'n Gradering elders gee die omgewing net 2/5. Wonder op grond waarvan - veiligheid of net geen uitsig? Nie 'n idee wanneer die gradering gedoen is nie. Die res lyk goed.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 26/10/2026 - 10:29

Rona - ek kan my net verlaat op CaravanParks.Com (CPC) se resensies en eenkeer se persoonlike inloer. Daar is 11 resensies en dit gee die plek gemiddeld nogals nie 'n sleg gradering nie - 4 uit 5 vir sekuriteit, ablusies, staanplekke en waarde vir geld. Die laaste resensie is 2 jaar gelede gedoen. Ekself het eenkeer daar gaan inloer toe ons in Ciolesberg in 'n Lekkeslaap plekkie oorgebly het. Vir my het dit heel goed gelyk.

Ek weet dat Goeie Hout een of ander stel daar afgetrap het - ek dink 'n kragkabel van hom is vasgelê. Maar ek weet ook van 'n paartjie van Bellville (ene John & Nita) wat elke jaar lankstaners by Eiland Spa is. En Onze Rust is al vir jare hulle standaard oorbly-plek.

Persoonlik verkies ons Forever Gariep se staanplekke met privaat ablusie wanneer ons in daardie omgewing is - puikl!!

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 26/10/2026 - 11:23

Hoe lyk my julle is besig met Desember se toer beplanning.???

Chris is reg, Goeie hout het verlede jaar daar deurgeloop. Met 'n ryhuis is daar mos nie los goete buite as julle slaap nie.

Ek sal egter ook bly by Gariep se privaat ablusie staanplekke. Daarvoor MOET jy vooruit bespreek, baie gewild in Desember skoolvakansie . 

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 26/10/2026 - 11:33

Hallo Rona.  Dit is nie n karavaan staanplek soos ek en jy dit ken. Hier staan jy in n reguit lyn met karavaan gehak.  Letterlike langs n braai.   Dit is net vir 1 oornag.  Maar ek het deurgeloop met my ekstra 30m kabels wat voete gekry het.

Sal maar Gariep Dam gaan staan.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 26/10/2026 - 11:52

Baie dankie, dit is welkome inligting. Met nog geen idee van Desember se brandstofprys nie, loer ek in hierdie stadium na die kortste afstand Kaap toe. Ons ken nie oorslaapplekke op die N1 nie - het nog altyd die N12 verkies, maar die afstand tot by die N7 en daarvandaan na Tulbagh is verder. Ek vermoed elke km gaan tel. Neem ook kennis van die "moet vooraf bespreek", maar dit kan nie gebeur voor die Des. brandstofprys aankondiging nie. Waarskynlik dan te laat vir Gariep, sal maar moet sien.....

As ek net aan die N1 met die hordes trokke dink kry ek sommer 'n koors wat nog 'n naam moet kry. Daan reken dis ok - die trokke, darem nie die koors nie 👀 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 26/10/2026 - 12:07

Met hierdie inligting klink dit dan eerder na 'n "hou verby" kamp, al sou ons dit net as aftrekplek vir een nag beplan. 

Nou vir die laaang wag tot Desember.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 26/10/2026 - 12:38

Rona, speel met google maps, dis te lekker tydverdryf.. Ek het gou gaan kyk,

1] JHB-Bfontein-Kimberley na Drie susters [N12] =973km

2] JHB=Bfontein - Colesberg--Drie susters = 896km

Wat is 77km verder, met veel minder trokke en verkeer.

Ek sleep meestal roete 1 af Kaap toe.

Van Dullstroom af, maak eerste slaap by Aldam, so ongeveer 550km  Dan kan julle dalk oorweeg om by Ritchie of Kambro te slaap. 

Ritchie na  KarooNP of Travalia is maar ongeveer 400km of 320km respektiewelik. Kambro is naby Britstown, wat pad na B.Wes korter maak. 

Dis die lekkerste deel van toer, kos mens niks aan diesel nie.  

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 26/10/2026 - 14:10

Dis nou nie n roete wat ek gereeld ry nie, maar as ek weer Kaap toe sou ry, sal my keuse N12 wees. Daai N1 was nie vir ons lekker nie. Toe ons N1 gery het, was sekere dele tussen Bloem en jhb al goed vrot gery deur trokke....en vir ons baie vervelig gewees

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 26/10/2026 - 15:00

Die N1 is bedrywig met die groot trokke - geen twyfel. En 'n gedeelte, net suid van Hanover, se oppervlak was maar treurig.

Maar die N12 tussen Kimberley en die afdraai na De Aar (net noord van Britstown) is vodde gery deur die "side tippers), veral as jy suid ry - want dit is die rigting wat hulle met vol vragte ry. Die gedeelte suid van Strydenburg, verby Kambro tot by die afdraai na De Aar is 'n nagmerrie - veral as jy 'n konvensionele padkaravaan sleep.

Neewat - ek trotseer 'n 100 keer eerder die N1 se trokke.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 26/10/2026 - 16:35

Geert se beskrywing van die N1 is vir my in die kol. Voeg dan nog al die trokke by wat mens heeltyd op die punt van jou sitplek hou, dan is dit nie 'n prettige rit nie. In ons werksdae moes ons hierdie pad tot vervelens toe ry en al wat mooi was tussen die Noorde en die Kaap was gewoonlik so vyf of ses Peterbilt trokke (die 379's) wat ek nie meer sien nie. Ek kon nie een bekostig nie en koop toe maar my bussie.....Indien ons (Daan) wel besluit om die roete te vat, wil ek die pad net oorkry - een stop. Reyneke Park Bloemfontein kan dalk werk. Ek onthou dit was al Len se aftrekplek en hy het nie te veel gekla nie. Dit gaan twee baie lang trekke wees, maar dan is dit verby.

Ek hoor wat Chris sê van die N12, maar is baie lief vir daardie gedeelte van die Karoo. Enigste manier om dit weer te sien, is ry dit. Die Kambro is ook een van ons gunsteling aftrek plekke - met min staanplekke en gewild oor Desember glo ek dat ek lank reeds moes bespreek het. Bietjie verder aan is Rooidam. Ons het nog net baie daar verby gery - moontlik ook 'n opsie. Maar goed, een trek van hier af Britstown toe is dalk 'n te groot hap. Ons ken nie Riverside Country club by Ritchie nie, maar op die N12 is dit 'n moontlikheid vir 'n eerste oornag plek. Daarvandaan iewers op die N1 naby Drie Susters of Beaufort Wes (kan maar net nie van dit af wegkom nie). Karoo NP -   moet bespreek - dink dit gaan sekerlik vol wees in daardie tyd. In daardie omgewing is meer plekke, ek moet net weer my gedagtes laat gaan.

Nou het ek my kop deurmekaar gedink. Tyd vir 'n lafenis.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 26/10/2026 - 17:57

...Riverside country club is aanbevole. ek het al paar keer daar oorgeslaap.

Naby B.Wes is ook Steenbokkie woonwa park.

0
3
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus