Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bome omwaai November 2026 Geert -4 hours ago
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -17 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -18 hours ago
Hael November 2026 Geert -18 hours ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -18 hours ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -23 hours ago

Februarie 2018 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more.

Koffie en tee is oppad.

Lekker dag

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 01/02/2018 - 07:00

Goeie môre Stoffel en Segekok smiley   Julle moet 'n lekker dag hé yes

Len, ek hoop jy kan jouself  IN -hou van opgewondenheid oor die nuwe koffie draad? wink

'n Lekker en geseënde Donderdag vir almal wat hier lees, die wat nie hier lees nie, die wat hier wil lees maar nie kan nie, die wat nooit hier gaan lees nie!

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 01/02/2018 - 07:22

More almal so loop die tyd julle moet n gatskop dag he so 15 mm reen gekry hoop en vertrou daar waar dit droog is sal reen kom die koffie loop hier op kantoor soos stroop vrede vir almal

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 01/02/2018 - 07:27

More Stoffel, Deon, Anton, en Shaun, ook almal wie nog gaan kom inloer.

Bewolk en reen word hier voorspel, tee was lekker dankie, wie drink saam koffie?

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 01/02/2018 - 07:38

'n Baie goeie more aan almal op Kampforum.  

Na 'n bui reën gisteroggend het niks daarna gebeur nie.  Ons bly maar hoop dat dit een of ander tyd in oorvloed gaan kom.

Ja, ons is in die tweede maand van die jaar.   En in die jaareinde maand vir belastingbetalers.

Ek vertrou alles sal mooi loop vir almal vandag.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 01/02/2018 - 08:09

'n Baie goeie môre vanoggend !  -  dit was net een kliek en toe is ek binne-in die Februarie Koffiekroeg draad (en nie twee klieks soos elke ander dag in Januarie nie !

Hier by ons het ons die nuwe maan, pragtig helder soos 'n "cool white" LED lig gesien.  Ongelukkig was daar nie 'n enkele wolk in die lug om ons kyk na die maan te verbloem nie.

Die aanbreek van 1 Februarie beteken dat ons binne 9 dae gaan ontsnap van die dorre-droogte en die gesanik oor nog water-besparing en die faait tussen die DA en Auntie Pat wie nou eintlik wat moet doen.  Ons het vriende wat by ATKV Hartenbos kamp en dit reën nou al vir dae aanmekaar in die omgewing.  Ek hoop teen die tyd dat ons daar kom is die gras al mooi groen en dat dit nog steeds reën  -  dit sal 'n wonderlike gevoel wees.

0
Elarduspark
Profile picture for user GerhardM

GerhardM

Thu, 01/02/2018 - 08:25

Morê aan almal.

Geniet ook gou 'n koffie so tussen die werk deur.

Lekker dag vir almal. smiley

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 01/02/2018 - 09:00

Môre sê julle Kampforumiete, laugh

Hier in Pta. is dit bewolk, koffie (2) was heerlik.

Len, julle moet Hartenbos geniet en voorspoedig ry.

Geniet julle dag in vrede.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 02/02/2018 - 00:08

Goeie more forum lede, ek lê in die kooi met staar siekte, dog ek sal maar solank more sê. 

Wanneer julle ontwaak moet julle die koffie en tee geniet, ek gaan beslis.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Fri, 02/02/2018 - 04:10

Môre almal

Johann jy is nie die eenigste nie. Lelike ding die staar siekte.  Ek bring maar my kantoor werk opdatum.

Mooi dag vir almal

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 02/02/2018 - 04:54

Goeie more Johann en Deon en die res.

Jip, die staarsiekte darem. Tee is lekker weer vanoggend. Koffie 'n bietjie later.

Het die afgelope twee dae gehelp om 'n "plant" op te rig. Gelukkig nie te swaar nie. Die hele eenheid weeg maar 40 ton. dit is die hantering wat dit moeilik gemaak het. Beslaan 'n groot area.

Vrydag is alwwer met ons. die wat gaan kamp geniet en ry veilig. So ook die tuisblyers soos ek.

Lekker dag en naweek

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 02/02/2018 - 07:49

Ten spyte van die staarsiekte hoop ek almal het lekker geslaap.   Die son skyn in die Baai en die wind waai.     Julle moet almal jul dag geniet.   Kry hom agter die rug, dan is dit naweek.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 02/02/2018 - 08:05

Laat loop met die whiskey innie koffie bly om van jou te hoor dog jy lotto gewen en jy is land uit

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus