Wen R 1000 bygedra tot jou kampplek van keuse!
Dankie Harry du Randt (Cadhouse) vir die R800 borg + 'n R200 borg van 'n anonieme forum lid! ![]()
Hoe werk die kompetisie?
Jy hoef nie 'n nuwe draad te begin nie. Plaas jou inskrywings slegs op hierdie draad.
Enige lid mag 3 foto's inskyf. Enige foto na jou 3rde inskrywing sal nie in ag geneem word nie. Jy hoef nie al 3 foto's gelyktydig te plaas nie. Foto's MOET deur jou of van jou geneem wees. Die kompetisie sal eers eindig wanneer 15 of meer lede ingeskryf het. Forum lede word verwelkom om kommentaar te lewer op foto inskrywings. ![]()
Foto Tema: " My gunsteling kamp foto's"
Prysgeld: Die R 1000 sal in die wenner se oord van keuse se rekening inbetaal word met bespreking.
kliek - HOE OM FOTO's TE LAAI?
KOM LAAT ONS JOU FOTO's SIEN!
(beoordelaars is Cadhouse kantoor lede en anonieme borg)
Kom ek begin sommer met…
Kom ek begin sommer met Wijan se 4de Spookasem kop hier by Marula Oase.
Het hom geruil vir 'n beter een.

Oee gril ek nou
Eischhh gril ek weet julle hoe taai word daai spookasem as dit nat word .
Wijan moet net bietjie op…
Wijan moet net bietjie op die bed gaan lê met daai suiker kop ![]()
Harry, jy wil nou he oom…
Harry, jy wil nou he oom Willem moet 'n oorval kry?
See koei by Firsty whales
Sien toe ontmoed ons vir Tina die seekoei by Firsty whales in Amanzimtoti sy is nogal bedrywig soos julle sien
Plaas Vakansie
Baie jare terug.
Ek en Yvonne by die Naude's van Naudes Nek pas. Hulle boer aan die voet van die pas.
24 September lang naweek, toe dit begin sneeu het. Dink dit was so 13/14 jaar terug.
Amper vas gesneeu.
Hoe mis ek nou nie my hare en baard nie.
Sien ek het 'n sigaret in die regterhand. n Jaar later opgehou rook.
Sal ook maar deelneem.
Net om darem deel te wees van die storie. Sonder enige verwagtinge. Foto's wat altyd vir my mooi herinneringe bring van waar ons so lekker gekamp het.
1. By Forever Plett het die outjie elke dag na binne in die karavaan gekom. Ek het spesiaal vir hom krummeltjies gegooi en dit was te oulik hoe hy getrou dit kom eet het.
2. By Buffelsbaai, waar ons bo-op die see staan, het jy heeldag kuiergaste gehad. En hulle is altyd honger.
3. By Dibiki sê hulle vir jou jy maag maar drinkibiki.
Nou weet ek nie of die storie gaan werk nie, my foto's lê nie hier op my inset nie, dit lê onder "laai foto"? Ek save maar en kyk wat gebeur.
Ek hou van die seevoëls op…
Ek hou van die seevoëls op die braai foto, daar by die rotse ![]()
Laat die mense foto's gooi…
Laat die mense foto's gooi.
Ek laaik foto's kwaai.![]()
Kwikstertjies is altyd so mak.
Het julle darem vis gebraai vir die seevoels ![]()
Wonder hoekom kom die foto's…
Wonder hoekom kom die foto's nie deur nie, sien net 'n swart en wit berg (so 5mm x 5mm) en ?KB
Seker maar swak sein hier.
Willem, nee jy is oraait,…
Willem, nee jy is oraait, die berg is swart en wit want dit is 'n swart en wit foto, jy weet mos BEE
Uitsig van my staanplek by…
Uitsig van my staanplek by Eastco Parys
Lekker familie saamtrek by…
Lekker familie saamtrek by Hartbeesfontein voortrekker terein.
Spinnekoprak voor karavaan…
Spinnekoprak voor karavaan by Eastco Parys






Selfde Willem wat my Cortina…
Selfde Willem wat my Cortina ge Boo-Boo het.
Ja Willem is n beoordeelaar as ook Groot Philip (Yvonne se seun)