Ons was toe gister Wekus Nasionale Park toe om te gaan blomme kyk. Was nogal teleurgesteld en is jammer vir die mense wat ver gery het en ook verblyfkoste moes aangaan.
Hier is die beste foto wat ek gister kon neem :-
En hier is 'n foto van 2016 se blomme :-

En nog een:-
En hier is 'n 2012 foto:-
Dankie............
Dankie aan die enigste twee ouens, Voortrekker en Sleep Nou, wat op my plasing van gister saam gesels het. Al spook ons met droogte hier in die Kaap, die blomme wat skielik een keer per jaar skielik hulle verskyning maak bly 'n wonderwerk.
Thanks Len. Mooi fotos. Self…
Thanks Len. Mooi fotos. Self hier in Hermanus is die blomme mooi as die son uit kom soos bv verlede naweek.
Dankie Len, die blomme bly…
Dankie Len, die blomme bly maar mooi. Alhoewel, dit is tragies dat mens duidelik die verskil tussen hierdie jaar en vorige jare se blomme kan sien. Ek hoop regtig teen volgende jaar is die prag weer herstel en lyk die veld weer vrolik!
Baie mooi Len, dit is steeds…
Baie mooi Len, dit is steeds pragtig om die natuur so te sien.
Woorde sou nooit so iets kon beskryf nie. Ek wil nog een jaar gaan, was nog nooit daar nie?
Len help seblief
Len my ma onlangs 70 geword en sy my gese sy wil graag blomme gaan kyk, wat se tyd vannie jaar is die beste volgens jou dankie Ander lede wat blomme ding al gedoen het laat weet ook asb
Die blomme is min maar…
Die blomme is min maar steed mooi, soos altyd! Net waar jy kyk.
Shaun, soos ek dit het, van…
Shaun, soos ek dit het, van my niggie-hulle wat elke jaar gaan, is laat Augustus tot September die beste tyd.
Ek sê nou maar wat sy sê.
Stem saam
Stem saam, Augustus/September is die beste maande, maar dis moeilik om 'n besoek vooraf te beplan. Wanneer die wind kwaai waai of dit is bewolk, maak die blomme nie mooi oop nie. 'n Swak winter-reënseisoen speel beslis ook 'n rol en dit kan eers bepaal word na die reën-seisoen en dan is jy reeds bo-op Augustus/September.
Dit bly dus 'n finansiële risiko om groot koste daar in die noorde aan te gaan en dan 'n blommetoer hier na Namakwaland aan te pak. Miskien moet jy eerder jou Ma borg op 'n formele bus-blommetoer wat baie gewild is onder bejaarde mense.
Goeie idee Len
Len ek sal my huiswerk doen dankie vir die idee Willem ek is nou self nie n blom ou nie maar dink dis n ondervinding soos min om daai blomme te sien Johann dankie sal Aug / Sep onthou
Wat ek nou gaan sê is nie…
Wat ek nou gaan sê is nie getoets nie maar slegs n waarneeming van my kant af.
Ek gaan dit ook nie waarborg nie maar die jaar behoort n baie goeie jaar te wees vir blomme. Augustus/September..
Die Sardyne het n baie groot run gehad in 2017 en my waarneemings was nog altyd... Groot sardyn run groot blom jaar......
(Daar is baie ander tekens in die natuur wat ook aanduidings gee... Baie jare terug was daar n tydskrif... "Plant and fish by moon)
'n Baie interressante…
'n Baie interressante waarneming oor die Sardyne Deon.![]()
Beslis Shaun. Dit is…
Beslis Shaun. Dit is belewenis om blommetoer te doen. Blommetyd by Weskus is soos Desember in Suidkus, sien net karavane, boswaens en ryhuise op die paaie. Wens ek kon fotos laai van 2015 se blomme voor 2 jaar ergste droogte. Fotos se pixels is te groot om te laai.
Noel, print die fotos, knip…
Noel, print die fotos, knip so helfte van die pixels af, scan op rekenaar en laai op forum! Niemand stel regtig belang in jou pixels so jy kan die maar afknip en weggooi.
Ai tog waar gaan die wereld heen, dat die ou Kaaskop nou vir jong manne moet leer van pixels en fotos laai?
Ja Arie, net jy sal daaraan…
Ja Arie, net jy sal daaraan kon dink om die pixels af te knip?





Aaah Dankie Len. Ek het…
Aaah Dankie Len. Ek het nogals gewag daarvoor en was lekker jaloers dat julle sommer so vinnig kan deur skir daardie kant toe. Dankie vir al die mooi foto's!