Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel Oktober 2026 saam gesels Johann L -4 hours ago
Johann.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Kla met brood onder die arm, Oktober 2026 saam gesels Johann L -5 hours ago
Gazebo, Hoe maak ek my ou rally tent… Johann L -6 hours ago
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -17 hours ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -17 hours ago

Weskus blomme - September 2017

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ons was toe gister Wekus Nasionale Park toe om te gaan blomme kyk.  Was nogal teleurgesteld en is jammer vir die mense wat ver gery het en ook verblyfkoste moes aangaan.

Hier is die beste foto wat ek gister kon neem :-

.

En hier is 'n foto van 2016 se blomme :-

.

En nog een:-

.

En hier is 'n 2012 foto:-

.

Centurion

Voortrekker

Tue, 05/09/2017 - 17:31

Aaah Dankie Len.  Ek het nogals gewag daarvoor en was lekker jaloers dat julle sommer so vinnig kan deur skir daardie kant toe.  Dankie vir al die mooi foto's!

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 06/09/2017 - 07:04

Dankie aan die enigste twee ouens, Voortrekker en Sleep Nou, wat op my plasing van gister saam gesels het.  Al spook ons met droogte hier in die Kaap, die blomme wat skielik een keer per jaar skielik hulle verskyning maak bly 'n wonderwerk.

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 06/09/2017 - 08:38

Dankie Len, die blomme bly maar mooi.  Alhoewel, dit is tragies dat mens duidelik die verskil tussen hierdie jaar en vorige jare se blomme kan sien.   Ek hoop regtig teen volgende jaar is die prag weer herstel en lyk die veld weer vrolik!

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 06/09/2017 - 21:13

Baie mooi Len, dit is steeds pragtig om die natuur so te sien.

Woorde sou nooit so iets kon beskryf nie. Ek wil nog een jaar gaan, was nog nooit daar nie?

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 26/01/2018 - 19:00

Len my ma onlangs 70 geword en sy my gese sy wil graag blomme gaan kyk, wat se tyd vannie jaar is die beste volgens jou dankie Ander lede wat blomme ding al gedoen het laat weet ook asb

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 26/01/2018 - 22:08

Stem saam, Augustus/September is die beste maande, maar dis moeilik om 'n besoek vooraf te beplan.  Wanneer die wind kwaai waai of dit is bewolk, maak die blomme nie mooi oop nie.  'n Swak winter-reënseisoen speel beslis ook 'n rol en dit kan eers bepaal word na die reën-seisoen en dan is jy reeds bo-op Augustus/September.

Dit bly dus 'n finansiële risiko om groot koste daar in die noorde aan te gaan en dan 'n blommetoer hier na Namakwaland aan te pak.  Miskien moet jy eerder jou Ma borg op 'n formele bus-blommetoer wat baie gewild is onder bejaarde mense.

0
Secunda

Sleep nou

Sat, 27/01/2018 - 06:14

Len ek sal my huiswerk doen dankie vir die idee  Willem ek is nou self nie n blom ou nie maar dink dis n ondervinding soos min om daai blomme te sien Johann dankie sal Aug / Sep onthou

0
Meyerton

Segekok

Sat, 27/01/2018 - 06:26

Wat ek nou gaan sê is nie getoets nie maar slegs n waarneeming van my kant af.

Ek gaan dit ook nie waarborg nie maar die jaar behoort n baie goeie jaar te wees vir blomme. Augustus/September..

Die Sardyne het n baie groot run gehad in 2017 en my waarneemings was nog altyd...  Groot sardyn run groot blom jaar......

(Daar is baie ander tekens in die natuur wat ook aanduidings gee...  Baie jare terug was daar n tydskrif... "Plant and fish by moon)

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 08/06/2018 - 19:07

Ek wonder nou na al die reen hoe die blomme gaan lyk ek glo dis n belewenis wat n ou moet mee maak

0
Middelburg

Noel

Sun, 10/06/2018 - 07:49

Beslis Shaun.  Dit is belewenis om blommetoer te doen. Blommetyd by Weskus is soos  Desember in Suidkus, sien net karavane, boswaens en ryhuise op die paaie. Wens ek kon fotos laai van 2015 se blomme voor 2 jaar ergste droogte. Fotos se pixels is te groot om te laai.

0
Waar my wa staan

Arie

Sun, 10/06/2018 - 13:42

Noel, print die fotos, knip so helfte van die pixels af, scan op rekenaar en laai op forum! Niemand stel regtig belang in jou pixels so jy kan die maar afknip en weggooi.

Ai tog waar gaan die wereld heen, dat die ou Kaaskop nou vir jong manne moet leer van pixels en fotos laai?

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus