Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -4 hours ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -5 hours ago
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -9 hours ago

Wen R1000 foto kompetisie!

Suid Afrika
Profile picture for user Kampforum
Submitted by Kampforum on
Forums

Wen R 1000 bygedra tot jou kampplek van keuse!

Dankie Harry du Randt (Cadhouse) vir die R800 borg  + 'n  R200 borg van 'n anonieme forum lid! smiley

Hoe werk die kompetisie?

Jy hoef nie 'n nuwe draad te begin nie.  Plaas jou inskrywings slegs op hierdie draad.

Enige lid mag 3 foto's inskyf.  Enige foto na jou 3rde inskrywing sal nie in ag geneem word nie.   Jy hoef nie al 3 foto's gelyktydig te plaas nie.   Foto's MOET deur jou of van jou geneem wees.     Die kompetisie sal eers eindig wanneer 15 of meer lede ingeskryf het.    Forum lede word verwelkom om kommentaar te lewer op foto inskrywings. smiley

Foto Tema:     " My gunsteling kamp foto's"

Prysgeld:  Die R 1000 sal in die wenner se oord van keuse se rekening inbetaal word met bespreking.

kliek - HOE OM FOTO's TE LAAI?

KOM LAAT ONS JOU FOTO's SIEN! wink  (beoordelaars is Cadhouse kantoor lede en anonieme borg)

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 11/06/2018 - 13:56

Ek plaas 3 fotos namens Patat, dame wat saam by Mabalingwe saamtrek was. Sy kan glad nie aanteken nie, ek dink sy het haar pasword vergeet, ek kom ook glad nie in onder haar naam en die pasword wat sy my gegee het nie?

In elk geval die foto is van Oribigorge.

Volgende foto is net buite Montagu geneem

en laaste foto is by Kwarie karavaan park by Dundee.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Mon, 11/06/2018 - 15:29

Stem

Ek sal wat wou gee om nou langs daai rivier te sit met `n vuurtjie en koue Black Label..

Nou sit ek met my gat in die kantoor en krepeer.............

 

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Mon, 11/06/2018 - 15:56

Dis nou nie my foto nie en ook nie `n inskrywing nie maar.......

As ek daar kon lê en my se vrou die foto kon neem sou dit presies so gelyk het laugh.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 11/06/2018 - 19:46

Pragtige foto's op die draad.  Nou wanneer word die wenner aangekondig?  Ek is bly ek hoef nie te oordeel nie.

Slowstrike, daai berg is darem baie "in tune" met jou, né? laugh

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 12/07/2018 - 15:49

Wie van julle saam praters het nog nie 'n kamp fototjie hier geplaas nie?   

'n Lekker duisend randjies in jou kamp sak smiley  Kom nou, moenie skaam wees nie?

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 12/07/2018 - 17:34

Hierdie foto net geplaas. Gladnie vir die kompetisie nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 22/07/2018 - 21:03

Ek bly van voor af deur kyk om te sien hoeveel kompitisie het ek, maar raak verlore dan los ek maar😃

Ek hoop ons kry nog 'n inskrywings, die sommer is hier.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 25/07/2018 - 09:06

Nuwe lede?   Hierdie kompetisie is nog oop!   Ek weet nie vir hoe lank nog nie, dit hang van oom Harry af.smiley

Kom wys vir ons julle gunsteling kamp foto's en wen 'n sommer dalk 'n lekker prysie in die geveg laugh

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Wed, 25/07/2018 - 22:19

Ek dink ons kan die kompetisie sluit 12 uur die aand van 30 Augustus 2018.

Dan is dit net reg vir die begin van die lente.

Dit gaan moeilik wees om n wenner te kies. Wat ons dalk gaan doen is om 5 van die beste foto's te kies en dan n trekking te hou vir die wenner onder die 5 foto's

Ek gaan dan vra dat die 5 finaliste n nommer kies tussen 0 en 100. Ek gaan n nommer kies (tussen 0 en 100)  voor finaliste hulle nommer gekies het en dit vir Anton gee. Die wenner gaan dan die persoon wees wie se nommer naaste is aan die nommer wat ek gekies het en vir Anton gegee het.

Dit gaan dan die wenner van die R 1000.00 wees.

Hoop al die deelnemers en finaliste vind dit in orde.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus