Wen R 1000 bygedra tot jou kampplek van keuse!
Dankie Harry du Randt (Cadhouse) vir die R800 borg + 'n R200 borg van 'n anonieme forum lid! ![]()
Hoe werk die kompetisie?
Jy hoef nie 'n nuwe draad te begin nie. Plaas jou inskrywings slegs op hierdie draad.
Enige lid mag 3 foto's inskyf. Enige foto na jou 3rde inskrywing sal nie in ag geneem word nie. Jy hoef nie al 3 foto's gelyktydig te plaas nie. Foto's MOET deur jou of van jou geneem wees. Die kompetisie sal eers eindig wanneer 15 of meer lede ingeskryf het. Forum lede word verwelkom om kommentaar te lewer op foto inskrywings. ![]()
Foto Tema: " My gunsteling kamp foto's"
Prysgeld: Die R 1000 sal in die wenner se oord van keuse se rekening inbetaal word met bespreking.
kliek - HOE OM FOTO's TE LAAI?
KOM LAAT ONS JOU FOTO's SIEN!
(beoordelaars is Cadhouse kantoor lede en anonieme borg)
Namens Patat
Ek plaas 3 fotos namens Patat, dame wat saam by Mabalingwe saamtrek was. Sy kan glad nie aanteken nie, ek dink sy het haar pasword vergeet, ek kom ook glad nie in onder haar naam en die pasword wat sy my gegee het nie?
In elk geval die foto is van Oribigorge.
Volgende foto is net buite Montagu geneem
en laaste foto is by Kwarie karavaan park by Dundee.
Ooh daardie foto's is baie…
Ooh daardie foto's is baie mooi Patat
Dis nou nie my foto nie en…
Dis nou nie my foto nie en ook nie `n inskrywing nie maar.......
As ek daar kon lê en my se vrou die foto kon neem sou dit presies so gelyk het ![]()

Pragtige foto's op die draad…
Pragtige foto's op die draad. Nou wanneer word die wenner aangekondig? Ek is bly ek hoef nie te oordeel nie.
Slowstrike, daai berg is darem baie "in tune" met jou, né? ![]()
Ek gaan daai prys mos so…
Ek gaan daai prys mos so slaap-slaap wen ?
Klink my mos die mense wil…
Klink my mos die mense wil nie verniet kamp nie?, hoeveel deelnemers het ons sover?
Wie van julle saam praters…
Wie van julle saam praters het nog nie 'n kamp fototjie hier geplaas nie?
'n Lekker duisend randjies in jou kamp sak
Kom nou, moenie skaam wees nie?
Ek bly van voor af deur kyk…
Ek bly van voor af deur kyk om te sien hoeveel kompitisie het ek, maar raak verlore dan los ek maar😃
Ek hoop ons kry nog 'n inskrywings, die sommer is hier.
Nuwe lede? Hierdie…
Nuwe lede? Hierdie kompetisie is nog oop! Ek weet nie vir hoe lank nog nie, dit hang van oom Harry af.![]()
Kom wys vir ons julle gunsteling kamp foto's en wen 'n sommer dalk 'n lekker prysie in die geveg ![]()
Ek dink ons kan die…
Ek dink ons kan die kompetisie sluit 12 uur die aand van 30 Augustus 2018.
Dan is dit net reg vir die begin van die lente.
Dit gaan moeilik wees om n wenner te kies. Wat ons dalk gaan doen is om 5 van die beste foto's te kies en dan n trekking te hou vir die wenner onder die 5 foto's
Ek gaan dan vra dat die 5 finaliste n nommer kies tussen 0 en 100. Ek gaan n nommer kies (tussen 0 en 100) voor finaliste hulle nommer gekies het en dit vir Anton gee. Die wenner gaan dan die persoon wees wie se nommer naaste is aan die nommer wat ek gekies het en vir Anton gegee het.
Dit gaan dan die wenner van die R 1000.00 wees.
Hoop al die deelnemers en finaliste vind dit in orde.
Harry, dit klink baie billik…
Harry, dit klink baie billik.
💯% met my👍
Lekker. Ek is nuuskierig om…
Lekker. Ek is nuuskierig om te sien wie gaan deur na die finale toe ![]()





Wat gaat hier aan?
Wat gaaat hier aan?